Marais en Andere NNO v Ruskin NO

JurisdictionSouth Africa
JudgeRabie HR, Jansen AR, Joubert AR, Cillié AR en Boshoff AR
Judgment Date05 September 1985
Citation1985 (4) SA 659 (A)
Hearing Date15 August 1985
CourtAppellate Division

G Rabie HR:

Dit is 'n appèl teen 'n bevel van die Transvaalse Provinsiale Afdeling (LE ROUX R) wat die eerste twee appellante, Louis Barend Marais en Marius Leonidas Benade, in hulle hoedanigheid van trustees van die Christiaan Lodewyk Moll Trust, gelas om die bedrag van R88 730,40, met rente daarop, aan respondent, in sy hoedanigheid van kurator van die H insolvente boedel van Christo Theo Moll (hierna "Moll" genoem), te betaal. Die derde appellant is Erica Jane Sutton Moll, wat voorheen met Moll getroud was. Ek sal na haar as "mev Moll" verwys. Respondent het haar in sy aansoek waarin hy betaling van die bogemelde bedrag van die eerste twee appellante geëis het, as 'n respondent gesiteer, maar hy het I geen bevel teen haar aangevra nie, behalwe 'n bevel van koste indien sy die aansoek sou bestry. Sy het 'n beëdigde verklaring ingedien waarin sy, net soos die eerste twee appellante, gevra het dat respondent se aansoek met koste afgewys moet word. LE ROUX R het haar nie beveel om enige koste te betaal nie.

Die feite van die saak en die aard van die geskil tussen die partye word J hieronder uiteengesit.

Rabie HR

A Die Christiaan Lodewyk Moll Trust (hierna kortweg "die trust" genoem) is in Junie 1981 opgerig. Moll het kort daarna 'n bedrag van R88 730,40 aan die trust geleen. Daar is nie 'n dag vir die terugbetaling van die lening bepaal nie. In April 1982 het Moll R16 000 by Marais, in sy persoonlike hoedanigheid, geleen, en as sekuriteit vir die betaling van die skuld het hy, op Marais se versoek, 'n dokument, gedateer 2 April B 1982, onderteken wat soos volg lui:

"Ek die ondergetekende, C T Moll, verklaar hiermee dat ek verskuldig is aan Louis Barend Marais 'n bedrag van R16 000 plus 'n verdere bedrag gelykstaande aan die finansiële rand korting soos op 30 April 1982. Die som vir die gemelde bedrag is terugbetaalbaar op 30 April 1982.

C As sekuriteit vir die behoorlike terugbetaling vir bogemelde bedrag sedeer en maak ek oor aan Louis Barend Marais alle reg en titel wat ek mag hê in my leningsrekening van die Christiaan Lodewyk Moll Trust, welke trust geadministreer word deur Louis Barend Marais en Marius Leonidas Benade in hul hoedanigheid as trustees.

Indien die bedrag nie terugbetaal word op 30 April 1982 nie sal dit onderhewig wees aan rente bereken teen 20% per jaar."

D Moll en mev Moll is op 3 Oktober 1982 van mekaar geskei. In 'n ooreenkoms wat hulle met mekaar aangegaan het, en wat by die egskeidingsbevel ingelyf is, verskyn die volgende bepaling:

"As additional provision for the financial needs of the wife the husband hereby cedes to the wife all claims which he presently has against the Christiaan Lodewyk Moll Trust."

E Moll is op 19 April 1983 insolvent verklaar en respondent is op 21 Junie 1983 as kurator van sy insolvente boedel aangestel. Respondent het in September 1983 die bedrag van R20 418,63, synde die bedrag van R16 000 wat Moll aan Marais verskuldig was, tesame met die rente daarop, aan Marais betaal, en Marais het toe, op versoek van respondent, die regte F wat Moll op 2 April 1982 aan hom gesedeer het aan respondent teruggesedeer. Die sessie-dokument, gedateer 16 September 1983, lui ondermeer soos volg:

"Ek, die ondergetekende, Louis Barend Marais:

1.

Bevestig dat kragtens 'n skriftelike skulderkenning gedateer 2 April 1982 geteken deur ene C T Moll, gesegde Moll aan my sedeer het:

G (As sekuriteit vir die behoorlike terugbetaling vir bogenoemde bedrag sedeer...

To continue reading

Request your trial
17 practice notes
  • Roman Catholic Church (Klerksdorp Diocese) v Southern Life Association Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Landbou Maatskappy Bpk en Andere 1985 (2) SA 769 (A); Labuschagne v Denny 1963 (3) SA 538 (A); Marais en Andere NNO v Ruskin NO 1985 (4) SA 659 (A) at C 669I-670A; Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A) at 291H-294H; Incledon (Welkom) (Pty) Ltd v Qwa......
  • Land- en Landboubank van Suid-Afrika v Die Meester en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...WLD 17; Leyds v Noordwestelike Kooperatiewe Landboumaatskappy Bpk en Andere 1985 (2) SA 769 (A); Marais en Andere H NNO v Ruskin NO 1985 (4) SA 659 (A); Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A); National Bank of South Africa Ltd v Cohen's Trustee 1911 ......
  • Cassel and Benedick NNO and Another v Rheeder and Cohen NNO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...NO and Another v Knights Engineering & Precision Works (Pty) Ltd 1979 (2) SA 784 (W) at 793C - F; Marais en Andere NNO v Ruskin NO 1985 (4) SA 659 (A) at 671E - F; Spendiff NO v J & J Distributors (Pty) Ltd 1989 (4) SA 126 (C) at 133C - 134J; Leyds NO v Noordwestelikekoöperatiewe Landboumaa......
  • Incledon (Welkom) (Pty) Ltd v QwaQwa Development Corporation Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...NO v Noord-Westelike Koiiperatiewe Landboumaatskappy Bpk en Andere 1985 (2) SA 769 (A) at 780A-G; Marais en Andere NNO v Ruskin NO 1985 ( 4) SA 659 (A) at 669I-670A; and Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A) at 291H-294H. When the company executed t......
  • Request a trial to view additional results
16 cases

    ... ... op 135-45; Cape Times Ltd v Goldsmid 1913 WLD 17; Leyds v Noordwestelike Kooperatiewe Landboumaatskappy Bpk en Andere 1985 (2) SA 769 (A); Marais en Andere H NNO v Ruskin NO 1985 (4) SA 659 (A); Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A); National Bank of ... ...
  • Cassel and Benedick NNO and Another v Rheeder and Cohen NNO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...NO and Another v Knights Engineering & Precision Works (Pty) Ltd 1979 (2) SA 784 (W) at 793C - F; Marais en Andere NNO v Ruskin NO 1985 (4) SA 659 (A) at 671E - F; Spendiff NO v J & J Distributors (Pty) Ltd 1989 (4) SA 126 (C) at 133C - 134J; Leyds NO v Noordwestelikekoöperatiewe Landboumaa......
  • Incledon (Welkom) (Pty) Ltd v QwaQwa Development Corporation Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...NO v Noord-Westelike Koiiperatiewe Landboumaatskappy Bpk en Andere 1985 (2) SA 769 (A) at 780A-G; Marais en Andere NNO v Ruskin NO 1985 ( 4) SA 659 (A) at 669I-670A; and Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A) at 291H-294H. When the company executed t......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
17 provisions
  • Roman Catholic Church (Klerksdorp Diocese) v Southern Life Association Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Landbou Maatskappy Bpk en Andere 1985 (2) SA 769 (A); Labuschagne v Denny 1963 (3) SA 538 (A); Marais en Andere NNO v Ruskin NO 1985 (4) SA 659 (A) at C 669I-670A; Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A) at 291H-294H; Incledon (Welkom) (Pty) Ltd v Qwa......
  • Land- en Landboubank van Suid-Afrika v Die Meester en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...WLD 17; Leyds v Noordwestelike Kooperatiewe Landboumaatskappy Bpk en Andere 1985 (2) SA 769 (A); Marais en Andere H NNO v Ruskin NO 1985 (4) SA 659 (A); Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A); National Bank of South Africa Ltd v Cohen's Trustee 1911 ......
  • Cassel and Benedick NNO and Another v Rheeder and Cohen NNO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...NO and Another v Knights Engineering & Precision Works (Pty) Ltd 1979 (2) SA 784 (W) at 793C - F; Marais en Andere NNO v Ruskin NO 1985 (4) SA 659 (A) at 671E - F; Spendiff NO v J & J Distributors (Pty) Ltd 1989 (4) SA 126 (C) at 133C - 134J; Leyds NO v Noordwestelikekoöperatiewe Landboumaa......
  • Incledon (Welkom) (Pty) Ltd v QwaQwa Development Corporation Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...NO v Noord-Westelike Koiiperatiewe Landboumaatskappy Bpk en Andere 1985 (2) SA 769 (A) at 780A-G; Marais en Andere NNO v Ruskin NO 1985 ( 4) SA 659 (A) at 669I-670A; and Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A) at 291H-294H. When the company executed t......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT