Macu v Du Toit en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeWessels AR, Cillié AR, Viljoen AR, Botha AR en James Wn AR
Judgment Date08 September 1983
Hearing Date16 May 1983
CourtAppellate Division

Cillié AR:

Met donkermaan op 1 September 1978 het die C respondente die appellant op heterdaad betrap; hy was besig om saam met 'n medepligtige, ene Dhlamini, skape op die eerste respondent se plaas te steel. Die twee se motors het op die grootpad tussen Wellington en Durbanville gestaan naby 'n kamphek op die eerste respondent se plaas. Twee skape was reeds D in die kattebak van Dhlamini se motor gelaai en net binne die hek het twee ander skape vasgebind gelê. Hulle was klaarblyklik vir die kattebak van die appellant se motor bestem. Saam met die respondente was daar twee seuns, een van elkeen van hulle, en 'n buurman, ene Myburgh, wie se motor ook later op die E toneel was. Toe die respondente die twee skape agter in die motor ontdek, het Dhlamini sy motor se enjin aangeskakel en probeer wegjaag. Hy het nie ver gevorder nie toe die respondente op hom vuur en hom dodelik tref. In opdrag van een van die respondente het die twee seuns, hulle was 16 en 18 jaar oud, die appellant vasgevat om hom na die ouer mans te neem. Hy het losgeruk en padlangs in die ligte van Myburgh se motor F weggehardloop. Die respondente het drie skote op hom gevuur en hy het geval. Hy was op drie plekke gewond.

Die appellant het in die Kaapse Hooggeregshof van die respondente vergoeding geëis vir die skade wat hy in die skietwoorval opgedoen het. By die verhoor het die partye ooreengekom dat getuienis eers net oor die respondente se G aanspreeklikheid voorgelê sou word. Nadat die Hof dan oor dié aangeleentheid uitsluitsel gegee het, sou daar, indien nodig, met die bepaling van die appellant se skade voortgegaan word. Omdat die respondente die verweer opgewerp het dat die appellant uit wettige aanhouding probeer ontsnap het en hulle op hom gevuur het om te verhoed dat hy wegvlug, het die H bewyslas op hulle gerus om die Hof te oortuig dat hulle optrede geregverdig was. Hulle het derhalwe begin met die lewering van getuienis. Nadat hulle getuienis afgehandel en hulle saak afgesluit is, het die appellant sy saak sonder meer gesluit.

Tydens die betoog voor die Hof a quo is toegegee dat die respondente in die omstandighede gemagtig was om die appellant in hegtenis te neem, dat hulle probeer het om dit te doen, dat hy gevlug het en dat hulle van geweld gebruik gemaak het om te verhfoed dat hy wegkom.

Cillié AR

Daar was geen toegewing met betreeking tot die volgende twee aangeleenthede nie; ten eerste, of die appellant gevlug het terwyl dit vir hom duidelik was dat 'n poging aangewend word om hom in hegtenis te neem, en ten tweede, of die geweld wat die A respondente in die omstandighede aangewend het, redelikerwys nodig was om die appellant te verhinder om te vlug. Dié aangeleenthede was die enigste twee geskilpunte voor die Hof a quo. Daardie Hof het ten opsigte van albei die punte ten gunste van die respondente beslis en derhalwe die appellant se eis met koste van die hand gewys. Die Verhoorregter se uitspraak is B gerapporteer onder die naam Macu v Du Toit en 'n Ander 1982 (1) SA 272 (K).

Die vernaamste argumente op appèl voor hierdie Hof het oor dieselfde twee geskilpunte gegaan. Albei word geraak deur die bepalings van art 49 van die Strafproseswet 51 van 1977 (die Wet) wat betrekking het op die gebruik van geweld by C inhegtenisneming. Die artikel lui soos volg:

"(1)

Indien iemand wat ingevolge hierdie Wet gemagtig is om 'n ander in hegtenis te neem of met sy inhegtenisneming behulpsaam te wees, poog om so 'n persoon in hegtenis te neem en so 'n persoon -

(a)

hom teen die poging verset en nie sonder die aanwending van geweld in hegtenis geneem kan word nie; D of

(b)

vlug wanneer dit duidelik is dat 'n poging gedoen word om hom in hegtenis te neem, of hom teen die poging verset en vlug,

kan die aldus gemagtigde fpersoon, ten einde die inhegtenisneming uit tevoer, die geweld aanwend wat in die omstandighede redelikerwys nodig is om die verset te bowe te kom of om die betrokke persoon te verhinder om te vlug.

(2)

Waar die fbetrokke persoon in hegtenis geneem staan te word E weens 'n in Bylae 1 bedoelde misdryf of in hegtenis geneem staan te word op grond daarwan dat hy redelikerwys verdink word so 'n misdryf te gepleeg het, en die persoon wat ingevolge hierdie Wet gemagtig is om hom in hegtenis te neem of om met sy inhegtenisneming behulpsaam te wees, hom nie op 'n ander wyse in hegtenis kan neem of kan verhinder om te vlug as deur hom te dood nie, word die doding geag F straffelose doodslag te wees."

Die relevante gedeeltes van arts 39 en 42 en van Bylae 1 van die Wet word in die bovermelde uitspraak aangehaal.

Met betrekking tot die toepassing van die bepalings van art 49 (1) (b) van die Wet is die vraag gestel vir wie dit duidelik G moet wees dat 'n poging aangewend word om 'n inhegtenisneming uit te voer, is die die arrestant of is dit die arresteerder? Dit is genoeg om hier te sê dat dit veral vir die arrestant duidelik moet wees "dat 'n poging gedoen word om hom (die arrestant) in hegtenis te neem". Die is myns insiens onnodig om H in hierdie geval te beslis op wie die las rus om te bewys dat dit vir die appellant duidelik was, aangesien daar voldoende getuienis voor die Hof a quo gelê is dat dit vir almal op die toneel, insluitende die appellant, duidelik moes gewees het dat die respondente die appellant in hegtenis wou neem. Hierdie getuienis word nou oorweeg.

Ten aanvang verwys ek net na die eerste respondent se optrede voordat hy op die veediewe afgekom het. Diewe met motors het vantevore van sy skape gesteel en toe daar vroeg die betrooke aand aan

Cillié AR

hom berig is dat die fbewegings van sekere motors in die omgewing agterdog wek, het hy telefonies met die polisiestasie op Klapmuts in verbinding getree. Kort daarna het hy 'n A konstabel van die betrokke stasie langs die pad ontmoet en aan hom vertel wat daar gebeur. Hy het die polisie versoek om die "saak" oor te neem. Weens ander verpligtinge kon die polisie dit nie doen nie en die konstabel het die eerste respondent versoek "om maar in die tussentyd die posisie dop te hou". Hy het twee bure laat roep om hom te kom help. Saam het hulle in die donker rond beweeg en uiteindelik het die twee respondente B op die diewe afgekom wat besig was om die misdaad te pleeg. Die getuienis oor hierdie optrede van die eerste respondent en die tweede wat later saam met hom was, is nooit in twyfel getrek nie. Die appellant het natuurlik niks geweet van wat vooraf gebeur het en hoe hy bekruip en bespied was nie. C Die volgende het wel in sy teenwoordigheid gebeur.

Die appellant en Dhlamini is met vuurwapens aangehou en gedreig dat die respondente hulle sou skiet as hulle probeer wegvlug. Hulle is ondervra en van diefstal beskuldig. Bewys van die diefstal is in Dhlamini se motor gevind; hy het probeer wegjaag D en is geskiet. Volgens die tweede respondent en een van die twee seuns, P J du Toit, is die seuns aangesê om die appellant na die motor te bring sodat hy na die polisie geneem kan word. Die eerste respondent kan dit nie onthou nie en het verklaar dat die nie aan die appellant self gesê is dat hy na die polisiestasie geneem sal word nie. Die twee seuns het hom toe E vasgevat en nader gebring. Onverwags het by losgeruk en gevlug. In hierdie verband moet die towgewing dat die respondente gemagtig was om hom in hegtenis ten neem nie uit die oog verloor word nie.

Die gevolgtrekkings wat uit hierdie feite en erkennings gemaak kan word, is: die appellant was bewus dat hy 'n misdaad gepleeg het en dat die respondente daarvan weet en oor die nodige F bewyse beskik. Die appellant was bewus daarvan dat die respondente gemagtig was om hom in hegtenis te neem. Die appellant was bewus daarvan dat die respondente streng optree en hom nie sou toelaat om vry weg te loop nie. Die appellant was bewus daarvan dat die seuns opdrag ontvang he om hom vas te G vat en dit reeds begin doen het. Omdat hy van al hierdie aangeleenthede bewus was, is dit redelik om af te lei dat dit vir hom "duidelik" was "dat 'n poging gedoen word om hom in hegtenis to neem".

Omdat hierdie getuienis wat aan einde van die respondent se saak voor die Hof a quo was, slegs as prima facie bewys beskou kan word, moet die afwesigheid van bepaalde kruisondervraging H en van weerleggende getuienis in aanmerking geneem word. In die kruison-dervraging is die getuienis van die eerste respondent dat dit hulle doel was om die appellant na die polisiestasie te neem, nie in twyfel getrek het nie, is dit nie aan die twee respondente gestel dat hulle 'n ander doel as om hom aan die gereg uit te lewer, voor oë gehad het nie, en is dit aan geen getuie gestel dat hulle iets gedoen het om die appellant te laat twyfel aan wat hulle doel werklik was nie. Toe die appellant die geleentheid gehad het om sy saak aan die Hof te stel het hy nie in die

Cillié AR

getuiebank gegaan en weerleggende getuienis gelewer nie. Hy het nie getuig dat hy gedink het dat die respondente 'n ander doel as om hom aan die polisie oor te lewer, beoog het nie, of dat hulle hom, byvoorbeeld, net wou slaan of wou doodmaak nie. Hy het nie getuig dat hy nie gehoor het dat die seuns opdrag A ontvang om hom nader te bring sodat hy polisiestasie toe geneem kon word nie, of dat dit nooit gesê is nie. Hy het nie getuig dat hy hulle doel misverstaan het, of onseker daarvan was of daaraan getwyfel het nie. Na my mening was daar 'n genoegsaamheid van bewys om die Verhoorregter te laat besluit dat dit vir die appellant duidelik was dat die respondente hom B in hegtenis wou neem.

Die tweede geskilpunt, naamlik of die geweld wat deur die respondente aangewend is, in die omstandighede redelikerwys nodig was om die appellant te verhinder om te vlug, word nou behandel. Ten aanvang wil ek benadruk dat die voormelde toegewings hier ook van belang mag wees, soos byvoorbeeld dat die geweld aangewend is om te verhoed dat die appellant vlug. C Die Hof moes beoordeel het...

To continue reading

Request your trial
62 practice notes
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA 26 (A); Titus v Shield Insurance Co Ltd 1980 (3) SA 119 (A); Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A); Minister of Police v Skosana 1977 (1) SA 31 (A); Siman and Co (Pty) Ltd v Barclays National Bank 1984 (2) SA 888 (A); Boberg The Law of ......
  • Minister of Safety and Security v Sekhoto and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...criticised Louw and Another v Minister of Safety and Security and Others 2006 (2) SACR 178 (T): criticised Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A): referred to J 2011 (1) SACR p318 Masetlha v President of the RSA 2008 (1) SA 566 (CC) (2008 (1) BCLR 1): referred to A Minister of Justi......
  • Minister of Safety and Security v Sekhoto and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Louw and Another v Minister of Safety and Security and Others 2006 (2) SACR 178 (T): criticised B Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A): referred Masetlha v President of the RSA 2008 (1) SA 566 (CC) (2008 (1) BCLR 1): referred to Minister of Justice and Others v Tsose 1950 (3) SA 8......
  • Ex parte Minister of Safety and Security and Others: In re S v Walters and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Commissioners of Emigration 113 US 33 (1885) (27 L Ed D 899): dictum at 39 (US) and 901 (L Ed) applied Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A): referred Matlou v Makhubedu 1978 (1) SA 946 (A): referred to Mazeka v Minister of Justice 1956 (1) SA 312 (A): referred to McCann and Othe......
  • Request a trial to view additional results
61 cases
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA 26 (A); Titus v Shield Insurance Co Ltd 1980 (3) SA 119 (A); Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A); Minister of Police v Skosana 1977 (1) SA 31 (A); Siman and Co (Pty) Ltd v Barclays National Bank 1984 (2) SA 888 (A); Boberg The Law of ......
  • Minister of Safety and Security v Sekhoto and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...criticised Louw and Another v Minister of Safety and Security and Others 2006 (2) SACR 178 (T): criticised Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A): referred to J 2011 (1) SACR p318 Masetlha v President of the RSA 2008 (1) SA 566 (CC) (2008 (1) BCLR 1): referred to A Minister of Justi......
  • Minister of Safety and Security v Sekhoto and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Louw and Another v Minister of Safety and Security and Others 2006 (2) SACR 178 (T): criticised B Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A): referred Masetlha v President of the RSA 2008 (1) SA 566 (CC) (2008 (1) BCLR 1): referred to Minister of Justice and Others v Tsose 1950 (3) SA 8......
  • Ex parte Minister of Safety and Security and Others: In re S v Walters and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Commissioners of Emigration 113 US 33 (1885) (27 L Ed D 899): dictum at 39 (US) and 901 (L Ed) applied Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A): referred Matlou v Makhubedu 1978 (1) SA 946 (A): referred to Mazeka v Minister of Justice 1956 (1) SA 312 (A): referred to McCann and Othe......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT