Lombard en 'n Ander v Esterhuizen en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeEloff RP
Judgment Date02 June 1993
Citation1993 (2) SACR 566 (W)
Hearing Date02 June 1993
CounselPJ van R Henning SC (bygestaan deur A van den Heever) namens die applikante BW Burman SC namens die eerste respondent JSM Henning SC (bygestaan deur D Dorfling) namens die tweede respondent
CourtWitwatersrand Local Division

Eloff RP:

Daar is 'n paar partye tot die litigasie, en ten einde verwarring te voorkom sal dit gerieflik wees indien ek soos voorheen na E hulle by name verwys. Enersyds is daar die here Lombard en Kruger, en dan die streeklanddros en dan natuurlik is daar die Prokureur-generaal van die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling.

Dit sal doenlik wees indien ek allereers 'n kort agtergrond gee van die omstandighede wat gelei het tot die strafverrigtinge.

Dit blyk uit die stukke dat die here Lombard en Kruger op 12 Desember F 1991 voor die streekhof gebring is en 'n klagstaat is op hulle beteken. Op daardie stadium het 'n prokureur Roux namens hulle as prokureur opgetree. Op 12 Desember 1991 is die verrigtinge uitgestel tot 4 Februarie 1992 vir die bepaling van 'n verhoordatum en om die here Lombard en Kruger die geleentheid te gee om die dienste van 'n advokaat te bekom. Op 6 Januarie 1992 is 'n versoek om nadere besonderhede, wat onderteken was deur ene G advokaat Pieterse, op die Prokureur-generaal beteken. Op 4 Februarie is die antwoord op die here Lombard en Kruger se prokureur beteken. Op 5 Februarie 1992 het advokaat Pieterse, mnr Roux en die advokate wat namens die Prokureur-generaal opdrag gegee is, besprekings gehou oor 'n verhoordatum. 'n Verhoordatum vanaf 21 April 1992 vir 'n verhoortydperk van drie weke is gereël. Op 21 Februarie 1992 het die Prokureur-generaal sekere dokumentasie wat deur die here Lombard en Kruger versoek is H verskaf, en op 16 Maart 1992 het die Prokureur-generaal vier verdere aanklagte van bedrog teen die heer Lombard beteken, en 'n uitnodiging aan die here Lombard en Kruger gerig om aan te dui wat hulle houding sal wees aangaande die byvoeging van die aanklagte. Op 10 April 1992 het advokaat Pieterse die verteenwoordiger van die Prokureur-generaal geskakel en gesê dat 'n anonieme senior advokaat aangestel is om te verskyn, en dat I advokaat Pieterse aangesê is om die Prokureur-generaal te nader vir 'n uitstel. Hy is meegedeel dat daar nie beswaar sal wees teen 'n uitstel vir 'n paar dae nie maar dat die Prokureur-generaal 'n langer uitstel sal opponeer.

Dit blyk verder dat ene advokaat Mostert van die Johannesburgse Balie gedurende die week van 14 tot 17 April 1992 genader is om te verskyn tydens die verhoor. Aldus advokaat De Jager is hy op 14 April 1992 vir die eerste keer genader en het advokaat Mostert op dieselfde datum aangedui J dat hy beskikbaar gaan word.

Eloff RP

A Op 16 April 1992 het advokaat Pieterse die Prokureur-generaal se verteenwoordiger geskakel en meegedeel dat hy opdrag gekry het om aansoek te doen om uitstel en dat hy die applikante adviseer het dat uitstel óf van die hand gewys óf nie vir 'n lang tydperk toegestaan sal word nie en dat hy aangesê is om hom te onttrek indien die aansoek nie toegestaan word nie en dat hy derhalwe geen keuse gehad het as om hom te onttrek nie.

B Dit bring ons op die dag 22 April 1992. Op daardie dag het advokaat Mostert voor streeklanddros Esterhuizen verskyn en aangevoer dat hy onvoorbereid is en dat hy nie reg is om voort te gaan met die verhoor nie, dat hy nie beskikbaar was nie en dat hy eers teen die einde van Augustus 1992 gereed sou wees om met die verhoor aan te gaan. Dit is hier ter sake om aan te meld dat die streeklanddros hom genooi het om te verduidelik C hoekom dit dan is dat die here Lombard en Kruger nie kon voortgaan met die advokate wat aanvanklik aangestel is nie en wat die rede is dat die advokate ter elfder ure verander word. Advokaat Mostert het, op 'n wyse wat ek alleen kan beskryf as taamlik arrogant en onhulpvaardig, aangedui dat dit nie ter sake is nie. Hy het slegs en enkel alleen die saak voorgestel op die basis dat hy nie reg is om aan te gaan in Augustus nie en dat om daardie rede daar 'n uitstel moet wees. Die streeklanddros het D die aansoek om 'n uitstel geweier. Die saak moes dus voortgaan.

Daarop het die here Lombard en Kruger 'n aansoek vir hersiening van die beslissing van die streeklanddros gebring. Dit dien beklemtoon te word dat dié aansoek gebring is nog voor die saak afgehandel is. Dit het die belangrikheid dat daar talle...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • Motata v Nair NO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Magistrate, Wynberg and Another 1963 (1) SA 1 (A): dictum at 5H - 6A applied H Lombard en 'n Ander v Esterhuizen en 'n Ander 1993 (2) SACR 566 (W): I referred to Nourse v Van Heerden NO and Others 1999 (2) SACR 198 (W): referred to R v Behrman 1957 (1) SA 433 (T): referred to R v Koch 1952 ......
  • Motata v Nair NO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Additional Magistrate, Wynberg and Another 1963 (1) SA 1 (A): dictum at 5H - 6A applied Lombard en 'n Ander v Esterhuizen en 'n Ander 1993 (2) SACR 566 (W): C referred to Nourse v Van Heerden NO and Others 1999 (2) SACR 198 (W): referred to R v Behrman 1957 (1) SA 433 (T): referred to R v K......
  • Jojwana v Regional Court Magistrate and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...340: A dictum at 359 applied Le Roux and Another v Grigg-Spall 1946 AD 244: referred to Lombard en 'n Ander v Esterhuizen en 'n Ander 1993 (2) SACR 566 (W): referred Momentum Life Assurers Ltd v Thirion [2002] 2 All SA 62 (C): referred to S v Western Areas Ltd and Others 2005 (5) SA 214 (SC......
  • Motata v Nair NO and Another
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 11 June 2008
    ...including Sita and Another v Olivier NO and Another 1967 (2) SA 442 (A) at 447E - F; Lombard en 'n Ander v Esterhuizen en 'n Ander 1993 (2) SACR 566 (W) at 569e - f; S v Western Areas Ltd and Others 2005 (5) SA 214 (SCA) (2005 (1) SACR 441) in para B [12] It has been stressed that underlyin......
  • Request a trial to view additional results
9 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT