Leyds NO v Noord-Westelike Koöperatiewe Landboumaatskappy Bpk en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeMiller AR, Joubert AR, Cillié AR, Nicholas AR en Hefer AR
Judgment Date08 March 1985
Citation1985 (2) SA 769 (A)
Hearing Date15 February 1985
CourtAppellate Division

Hefer AR:

Appellant is die likwidateur en die respondente is aandeelhouers van Sentramark (Koöperatief) Bpk ("Sentramark"), 'n sentrale koöperatiewe landboumaatskappy met beperkte C aanspreeklikheid wat aanvanklik opgerig en later in likwidasie geplaas is ooreenkomstig die Wet op Koöperatiewe Verenigings 29 van 1939. Die respondente het beswaar gemaak teen 'n kontribusierekening wat die appellant ingevolge art 77 (1) van die bedoelde Wet opgestel het en waarin hulle name as kontribuante verskyn. Die Registrateur van Koöperatiewe D Verenigings het hulle beswaar verwerp. Vervolgens het hulle 'n aansoek ingevolge art 80 (3) tot die Transvaalse Provinsiale Afdeling gerig. VAN REENEN R het die aansoek van die hand gewys maar 'n appèl na die Volbank van die Afdeling het geslaag. Appellant kom nou in hoër beroep teen die handhawing van die E appèl (en daarmee van respondente se beswaar teen die rekening).

Die feite waarop respondente hulle beswaar baseer is kortliks soos volg.

Gedurende Januarie 1977 en weer gedurende Mei 1978 het Sentramark se gemagtigdes skriftelike sessies onderteken waarin al die maatskappy se "regte en aanspraak op en belang by" onder F andere

"die bedrag van ingeskrewe maar onbetaalde kapitaal en die bedrag van enige voorwaardelike aanspreeklikheid verbonde aan die aandele deur die koöperasie uitgereik aan en geregistreer in die name van die lede van die koöperasie... (en) aan alle verdere aandele wat deur die koöperasie uitgereik mag word"

in securitatem debiti aan die Landbank gesedeer is. Benewens die skuld aan die Landbank het Sentramark ander verpligtings G ten bedrae van etlike miljoene rand gehad. Teen die begin van 1979 was daar boonop 'n kontantvloei-probleem met die gevolg dat bedryfskulde nie betaal is nie en sommige skuldeisers met likwidasie begin dreig het. Op daardie stadium was die ingeskrewe aandelekapitaal van die maatskappy grotendeels onopbetaal. Elke lid was buitendien kragtens Sentramark se H statute verplig tot die opname van 'n minimum aantal aandele. Klaarblyklik hieraan gedagtig, het die direksie op 2 Maart 1979 besluit om aan lede "voor te stel" dat

"R miljoen... so gou moontlik benodig (word) ten einde 'n likwidasie te voorkom".

Presies hoe die fondse volgens die "voorstel" bekom sou word, I blyk nie uit die notule van die direksievergadering nie behalwe dat aangeteken is dat "die situasie van kapitaal wat opgeroep gaan word" aan skuldeisers verduidelik moes word. Die direksie het blykbaar uit die oog verloor dat die sessie aan die Landbank in die weg kon staan van die oproep van kapitaal met die doel om ander skuldeisers te betaal. Daardie probleem het pertinent na vore gekom op 'n ledevergadering wat op 8 J Maart 1979

Hefer AR

A plaasgevind het toe 'n verteenwoordiger van die bank te kenne gegee het (volgens die beëdigde verklaring van ene Burger wat ter ondersteuning van die aansoek deur eerste respondent voorgelê is) dat

"indien die gemelde bedrag 'n oproep op onopbetaalde aandelekapitaal sou wees, die Landbank op oorbetaling daarvan geregtig sou wees ingevolge die sessie wat die Landbank van Sentramark hou ten opsigte van onopbetaalde aandelekapitaal B van Sentramark".

Ana die ander kant, so verklaar Burger,

"was die lede nie bereid om die geld aan Sentramark voor te skiet sonder om dit op een of ander wyse te koppel aan die verpligting van lede om onopbetaalde aandelekapitaal op te betaal nie".

In die lig hiervan verklaar hy verder:

"5.4

Dit is by gemelde vergadering mondeling ooreengekom tussen Sentramark en die lede daar teenwoordig dat die lede van Sentramark gemelde bedrag van R2 000 000 aan Sentramark sou voorskiet in verhouding tot elke lid se onderskeie verpligte aandeelhouding in Sentramark, en onderhewig onder andere aan die volgende bepalings:

(a)

dat gemelde voorskot geag word as 'n vooruitbetaling D van die lede se verpligting teenoor Sentramark ten aansien van onopbetaalde aandelekapitaal wat nog opgeroep kon word;

(b)

dat sodra as wat die gemelde sessie van Sentramark aan Landbank geheel of gedeeltelik gekanselleer word of verval, die gemelde bedrag onmiddellik gekrediteer sou word teen...

To continue reading

Request your trial
48 practice notes
  • Hippo Quarries (Tvl) (Pty) Ltd v Eardley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Africa Ltd v Muller NO and Another 1979 (2) SA 368 (D); Leyds NO v Noord-westelike Ko-operatiewe D Landboumaatskappy Bpk en Andere 1985 (2) SA 769 (A) at 780E-G; Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A) at 294B-J; Lief NO v Dettman (supra at 217E); ......
  • Horowitz v Brock and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(Pty) Ltd v Strydom 1984 (1) SA 1 (A) at 16G - 18H; Leyds NO v Noord-Westelike Koöperatiewe Landboumaatskappy Bpk B en Andere 1985 (2) SA 769 (A) at It follows that, applying the rule in Galliers v Rycroft, one has to interpret the will on the basis that, unless there are indicia to the con......
  • Du Plessis NO v Strauss
    • South Africa
    • Invalid date
    ...aan die dag gelê insake bv sessies in securitatem debiti. Sien Leyds NO v Noord-Westelike Koöperatiewe Landboumaatskappy Bpk en Andere 1985 (2) SA 769 (A) op 780E - G. In Glazer v Glazer NO 1963 (4) SA 694 (A) op 706H - 707A was hierdie Hof per Steyn HR bereid, ten spyte van 'n foutiewe les......
  • Roman Catholic Church (Klerksdorp Diocese) v Southern Life Association Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Pauw) for the appellant referred to the following authorities: Leyds NO v Noordwestelike Koöperatiewe Landbou Maatskappy Bpk en Andere 1985 (2) SA 769 (A); Labuschagne v Denny 1963 (3) SA 538 (A); Marais en Andere NNO v Ruskin NO 1985 (4) SA 659 (A) at C 669I-670A; Bank of Lisbon and South ......
  • Request a trial to view additional results
45 cases

3 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT