Laerskool Middelburg en 'n Ander v Departementshoof, Mpumalanga Departement van Onderwys, en Andere

JurisdictionSouth Africa
Citation2003 (4) SA 160 (T)

Laerskool Middelburg en 'n Ander v Departementshoof, Mpumalanga Departement van Onderwys, en Andere
2003 (4) SA 160 (T)

2003 (4) SA p160


Citation

2003 (4) SA 160 (T)

Case No

Saaknr 10246/2002

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Bertelsmann R

Heard

September 10, 2002

Judgment

November 14, 2002

Counsel

J I du Toit namens die applikante.
J H Dreyer SC (bygestaan deur R Bedhesi) namens die respondente.
S K Hassim as kuratrise ad litem vir sekere kinders.

Flynote : Sleutelwoorde B

Administratiefreg — Beslissing van amptenaar — Besluit van hoof van Onderwysdepartement en sy amptenare (respondente) om enkelmedium skool tot parallelmedium skool te verklaar — Respondente verontagsaam voorskrifte van regulasies uitgevaardig in terme van Skolewet 84 van C 1996 aangaande verandering van status van skool — Respondente se administratiewe optrede onbillik — Hof weeg belange van skool, en spesifiek reg tot billike administratiewe optrede wat onteenseglik deur respondente geskend is, op teen belange van betrokke leerders — Deurslaggewende belang van kind se beste belange in terme van art 28(2) van Grondwet van die Republiek van D Suid — Afrika 108 van 1996 vestig fundamentele reg van elke kind om in eerste gelid te staan in opweging van strydende belange — Respondente se besluit nie tersyde gestel nie aangesien dit minderjarige leerders sou benadeel.

Grondwetlike reg — Menseregte — Regte van kinders — Deurslaggewende belang van kind se beste belange E in elke aangeleentheid wat kind raak in terme van art 28(2) van Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996 — Artikel 28(2) skep inderdaad fundamentele reg van elke kind om in opweging van strydende partye se botsende belange (en dus ook strydende partye se aansprake op fundamentele regte en handhawing daarvan) in eerste gelid te staan — In casu is besluit van Departementshoof en sy amptenare om skool F tot parallelmedium skool te verklaar nie tersydegestel nie, ten spyte van feit dat optrede administratiefregtelik onbillik was, omdat dit belange van leerders sou benadeel.

Grondwetlike reg — Menseregte — Reg om onderrig te ontvang in taal van eie keuse — Bepaling van G inhoud van reg tot enkelmedium skool teenoor reg om in amptelike taal van eie keuse onderrig te word — Laasgenoemde reg behels kernreg op moedertaalonderrig, of onderrig in taal van keuse — Aanspraak op instelling waarin voorkeurtaal uitsluitlik gebruik word gesien te word teen agtergrond van beskerming van reg om taal van eie keuse te gebruik en kulturele lewe van eie keuse te lei — Terwyl onafhanklike onderwysinstellings H deur kulturele gemeenskappe opgerig kon word met oog op enkeltaal onderwys, is aanspraak op enkelmedium onderwys in 'n openbare skool noodwendig gekoppel aan doenbaarheid daarvan — Oop vraag of beoefening van eie taal en kultuur beter bevorder word wanneer daar in skool voorsiening vir uitsluiting van ander kultuurgemeenskappe gemaak word — Mits parallelmedium skool behoorlik gedryf is, kan kwalik betoog word dat omskakeling van enkelmedium openbare I instelling na parallelmedium skool per se wesenlik afdoen aan aanspraak van elke kultuurgemeenskap op onderrig in eie amptelike taal of taal van voorkeur — Reg op enkelmedium openbare onderwysinstelling duidelik ondergeskik aan reg van elke Suid-Afrikaner op onderwys in sodanige J

2003 (4) SA p161

instelling en moet wyk wanneer daar duidelik bewese behoefte bestaan om onderwysfasiliteite met ander A kultuurgemeenskappe te deel — Dit beteken egter geensins dat bestaande enkelmedium instelling goedsmoeds en sonder nakoming van bestaande voorskrifte aangetas kan word nie — Verskillende kulture beskerm en bevorder word — In casu is besluit om skool tot parallelmedium skool te verklaar nie tersydegestel nie aangesien dit leerders sou benadeel — Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996, art 29. B

Koste — Bestrawwende kostebevel — Hoof van Onderwysdepartement en sy amptenare (respondente) verklaar enkelmedium skool tot parallelmedium skool — Respondente verontagsaam voorskrifte van regulasies uitgevaardig in terme van Skolewet 84 van 1996 aangaande verandering van status van skole — Duidelik dat optrede van respondente administratiefregtelik onbillik C was — Bestrawwende kostebevel gegee teen respondente omdat hulle bestaande administratiewe voorskrifte ter beskerming van taal- en kultuurbelange verontagsaam, nieteenstaande afwysing van aansoek om tersydestelling van beslissing. D

Headnote : Kopnota

In November 2001 is die eerste applikant, op daardie stadium die enigste openbare skool in 'n sekere streek van Middelburg in die Mpumalanga Provinsie wat Afrikaans as uitsluitlike onderrigmedium gebruik het, deur 'n verteenwoordiger van die tweede respondent, die LUR belas met onderwys in die provinsie, aangesê om 20 leerders in te skryf wat voorneme was om vanaf die begin van 2002 in Engels by die skool onderrig te word. Die applikant het geweier en het die ouers E van die voornemende leerders in kennis gestel dat hulle aansoeke geweier is omdat die skool se onderrigmedium Afrikaans was. Dit was gemeensaak dat die skool se taalbeleid in ooreenstemming met die bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 (die Skolewet) opgestel is. In Januarie 2002 het 'n amptenaar van die eerste F respondent die skool se magtiging om leerders tot die skool toe te laat, teruggetrek, en die volgende dag is 'n aantal leerders wat in Engels onderrig sou word by die skool ingeskryf. Dit het gelei tot die huidige aansoek om die besluit van die eerste respondent en sy amptenare om die skool tot 'n parallelmedium skool te verklaar tersyde te stel.

In terme van art 6(1) van die Skolewet kan die Minister van Onderwys (die derde respondent), norme en standaarde met betrekking tot G skole se taalbeleid publiseer. 'n Sodanige publikasie het in Staatskoerant 18546 van 19 Desember 1997 verskyn. Hierdie regulasie was die enigste magtigende bepaling vir die skepping van 'n nuwe taalbaan in 'n skool in die provinsie. Die partye in casu het egter verskil oor die uitleg van die taalbeleid in die betrokke regulasie. Volgens die applikante kon 'n enkelmedium H skool slegs verplig word om 'n tweede baan te open wanneer al die skole in die skooldistrik wat die betrokke taal aangebied het, vol was ('n laerskool is as vol beskou wanneer die verhouding van 40 leerders tot een onderwyser in 'n gegewe graad in 'n gegewe klas bereik is). Die respondente, daarenteen, het betoog dat die korrekte uitleg van die regulasie daarop neergekom het dat daar van 'n Afrikaansmedium skool verwag kon word om 'n Englese baan te open selfs voordat die I ander skole wat Engels as voertaal gebruik het, vol was.

Omdat die Hof besorg was oor die belange van die leerders in die skool (spesifiek oor die effek van die verandering in status op die leerders met spesiale onderrigbehoeftes, en op die Afrikaanse leerders, en oor die feit dat die respondente nie enige aandag geskenk het aan die belange van die leerders wat hulle onderrig in Engels moes ontvang het nie) is 'n curatrix ad litem J

2003 (4) SA p162

aangestel vir die leerders. Dit het geblyk uit die curatrix se verslag dat daar ten tye A van die toelating van die nuwe leerlinge by die applikant skool voldoende ruimte by ander skole vir die leerders was, dat die leerders redelik goed aangepas het by die applikant skool, dat die applikant skool waarskynlik die beste laerskool in die dorp was, dat dit die naaste skool aan die leerders se huise was, dat die leerders se ouers wou hê dat hulle die applikant skool bywoon, dat 'n gedwonge wegwysing van die leerders 'n negatiewe invloed op hulle sou hê, en B dat dit in die leerders se beste belang sou wees om by die applikant skool te bly, ten spyte van die administratiewe gebreke waaronder die proses gebukkend gegaan het.

Beslis, dat die respondent se uitleg van die regulasie hoegenaamd nie met die uitdruklike bewoording daarvan gestrook het nie. Die regulasie het duidelik vermeld dat die kapasiteit van die skole wat C die verlangde onderrigtaal aangebied het, ten volle gebruik moes wees alvorens die status van 'n ander enkelmedium skool verander kon word. Die bepalings van die regulasie is verontagsaam. Die respondente se administratiewe optrede was prima facie onregmatig. Nóg die Skolewet, nóg die regulasies, het die respondent gemagtig om 'n skool aan te sê om sy enkelmedium status te verander. (Op 171A/B - B/C, G, 171J - 172A/B en 176F.) D

Beslis, verder, dat die respondente se betoog dat die applikant skool se toelatingsbeleid tot en met die begin van 2002 op onbillike wyse teen Engelse leerders gediskrimineer het, onhoudbaar was in die lig van die departementele beleid ten aansien van die omskakeling van enkelmedium skole na parallelmedium skole, en dat dit in stryd was met art 29(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996 (die Grondwet) wat bepaal het dat elkeen die E reg gehad het om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal van eie keuse waar daardie onderwys redelik doenlik was. (Op 172H - 173A/B.)

Beslis, verder, dat dit moeilik was om die inhoud van die reg op 'n enkelmedium skool te bepaal teenoor die reg om in 'n amptelike taal van eie keuse onderrig te ontvang. Dit was duidelik dat laasgenoemde reg die kernreg op moedertaalonderwys, of dan onderwys in F die voorkeurtaal, behels het. Die aanspraak op 'n instelling waarin die voorkeurtaal uitsluitlik gebruik is, moes uit die aard van die saak gesien word teen die agtergrond van die beskerming van die reg om 'n taal van eie keuse te gebruik en 'n kulturele lewe van eie keuse te lei. Terwyl dit duidelik was dat onafhanklike onderwysinstellings deur kulturele gemeenskappe opgerig kon word met die oog op enkeltaal G onderwys, was die aanspraak op enkelmedium onderwys in 'n openbare...

To continue reading

Request your trial
18 practice notes
  • S v M (Centre for Child Law as Amicus Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1 All SA 539 (SCA): referred to Laerskool Middelburg en 'n Ander v Departementshoof, Mpumalanga Departement van Onderwys, en Andere 2003 (4) SA 160 (T) ([2002] 4 All SA 745): referred to Magewu v Zozo and Others 2004 (4) SA 578 (C) ([2004] 3 All SA 235): I referred to Minister of Welfare an......
  • S v M (Centre for Child Law as Amicus Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1 All SA 539 (SCA): referred to Laerskool Middelburg en 'n Ander v Departementshoof, Mpumalanga Departement van Onderwys, en Andere 2003 (4) SA 160 (T) ([2002] 4 All SA 745): referred to G Magewu v Zozo and Others 2004 (4) SA 578 (C) ([2004] 3 All SA 235): referred Minister of Welfare and P......
  • Section 14 of the Children's Act 38 of 2005 and the child's capacity to litigate
    • South Africa
    • De Jure No. 44-2, January 2011
    • 1 Enero 2011
    ...SA 464 (C); Ex parte Visser: in re Khoza 2001 3 SA 524(T); Laerskool Middelburg v Departementshoof, Mpumalanga Departementvan Onder wys 2003 4 SA 160 (T) 175H-J. The court is reluctant to appoint acurator ad litem where the minor’s guardian is alive and available asmentioned in Ex parte Opp......
  • A constitutional perspective on the rights of children with disabilities in an educational context
    • South Africa
    • Southern African Public Law No. 27-2, January 2012
    • 1 Enero 2012
    ...is significant that the CRC was the first human rights treaty60Section 28(2). See Laerskool Middelburg v Departementshoof, Mpumalanga 2003 4 SA 160 (T)52177-178 for the application of this princ iple in the education context.Minister of Welfare and Population Development v Fitzpatrick 2000 ......
  • Request a trial to view additional results
10 cases
  • S v M (Centre for Child Law as Amicus Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1 All SA 539 (SCA): referred to Laerskool Middelburg en 'n Ander v Departementshoof, Mpumalanga Departement van Onderwys, en Andere 2003 (4) SA 160 (T) ([2002] 4 All SA 745): referred to Magewu v Zozo and Others 2004 (4) SA 578 (C) ([2004] 3 All SA 235): I referred to Minister of Welfare an......
  • S v M (Centre for Child Law as Amicus Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1 All SA 539 (SCA): referred to Laerskool Middelburg en 'n Ander v Departementshoof, Mpumalanga Departement van Onderwys, en Andere 2003 (4) SA 160 (T) ([2002] 4 All SA 745): referred to G Magewu v Zozo and Others 2004 (4) SA 578 (C) ([2004] 3 All SA 235): referred Minister of Welfare and P......
  • Governing Body, Mikro Primary School, and Another v Minister of Education, Western Cape, and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...in paras [30] - [31] applied H Laerskool Middelburg en 'n Ander v Departementshoof, Mpumalanga Departement van Onderwys, en Andere 2003 (4) SA 160 (T): dicta at 170I - 171A, 171G and 173G followed Lebowa Mineral Trust v Lebowa Granite (Pty) Ltd 2002 (3) SA 30 (T): dictum at 35F - I applied.......
  • Governing Body, Mikro Primary School, and Another v Minister of Education, Western Cape, and Others
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 18 Febrero 2005
    ...the other language, are full: see Laerskool Middelburg en 'n Ander v Departementshoof, Mpumalanga Departement van Onderwys en Andere 2003 (4) SA 160 (T) at 170I - 171A, 171G and 173G. That is not so in this case. In terms of the Western Cape Education Department's own criteria, a school is ......
  • Request a trial to view additional results
8 books & journal articles
  • Section 14 of the Children's Act 38 of 2005 and the child's capacity to litigate
    • South Africa
    • De Jure No. 44-2, January 2011
    • 1 Enero 2011
    ...SA 464 (C); Ex parte Visser: in re Khoza 2001 3 SA 524(T); Laerskool Middelburg v Departementshoof, Mpumalanga Departementvan Onder wys 2003 4 SA 160 (T) 175H-J. The court is reluctant to appoint acurator ad litem where the minor’s guardian is alive and available asmentioned in Ex parte Opp......
  • A constitutional perspective on the rights of children with disabilities in an educational context
    • South Africa
    • Southern African Public Law No. 27-2, January 2012
    • 1 Enero 2012
    ...is significant that the CRC was the first human rights treaty60Section 28(2). See Laerskool Middelburg v Departementshoof, Mpumalanga 2003 4 SA 160 (T)52177-178 for the application of this princ iple in the education context.Minister of Welfare and Population Development v Fitzpatrick 2000 ......
  • Constitutional protection of the right to education
    • South Africa
    • Southern African Public Law No. 27-2, January 2012
    • 1 Enero 2012
    ...s 29(1)(b).51Id s 29(3).52Id s 28(2); and see Laersk ool Middelburg v Departementshoof, Mpumalanga Departement van53Onderwys, 2003 4 SA 160, 176 (T); Visser ‘Some ideas on the best interests of a child principle inthe context of public schooling’ (2007) 70 THRHR 459-69.Juma Musjid Primary S......
  • The role of the courts in ensuring the right to a basic education in a democratic South Africa : a critical evaluation of recent education case law
    • South Africa
    • De Jure No. 46-1, January 2013
    • 1 Enero 2013
    ...531 (FB) par 80.64 CESCR General Comment 13 par 6(b)(i).65 Laerskool Middelburg v Departementshoof, Mpumulanga Departement vanOnderwys 2003 4 SA 160 (T), Minister of Education, Western Cape vGoverning Body, Mikro Primary School 2006 1 SA 1 (SCA), Seodin PrimarySchool v MEC of Education, Nor......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT