Krediet Bank van Suid-Afrika Bpk v Registrateur van Maatskappye en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan der Walt R
Judgment Date20 January 1978
Citation1978 (2) SA 644 (W)
CourtWitwatersrand Local Division

Van der Walt R:

Die partye in hierdie aansoek is soos volg verteenwoordig: applikant deur mnre I A Maisels QC en A P Kruger; tweede, derde en vierde respondente deur mnre A Chaskalson SC en P E Streicher; eerste en vyfde respondente deur mnre R Kruger SC en J L Pienaar wat slegs verskyn het E namens hul kliënte om die Hof van hulp te wees, indien nodig, maar nie om die aansoek deur applikant te opponeer nie. Inderdaad het hui geen deel gehad aan die argument nie en is van bywoning van die verhoor van die aansoek, kort na die aanvang, verskoon.

1.0

Agtergrond van die aansoek

F Die aansoek word kragtens die bepalings van art 48 van die Maatskappywet 61 van 1973 (hierna slegs "die Maatskappywet" genoem) aan die Hof gerig. Art 48 lees soos volg:

"'n Maatskappy of persoon wat veronreg voel deur 'n beslissing van die Refflstrateur kiagtens arts 41, 42, 43 of 44 of deur 'n bevel deur die Registrateur gegee kragtens art 45, kan binne een maand na G die datum van die beslissing of hevel, by die Hof aansoek doen om regshulp, en die Hof het die bevoegdheid om die meriete van so 'n aangeleentheid te oorweeg, om verdere getuienis aan te hoor en om 'n bevel te gee wat hy goeddink."

Die Hof word in hierdie aansoek gevra om die meriete van 'n bevel van die Registrateur van Maatskappye, eerste respondent, kragrens art 45 van die Maatskappywet uitgereik en waardeur die applikant veronreg voel te oorweeg, en om na goeddunke 'n bevel te maak.

H Die volgende gegewens wat gemeensaak is, is ter sake:

Van der Walt R

1.1

Applikant is 'n behoorlik ingelyfde maatskappy ingevolge die bepalings van die Maatskappywet.

1.2

Die inlywingsdatum is 11 Maart 1922, en die naam was toe "Die Spaar- A en Voorskotkas van die Oranje Vrystaatse Onderwysersvereniging Bpk."

1.3

In 1929 is applikant se naam verander na "Die Spaar- en Voorskotbank van die Oranje Vrystaatse Onderwysersvereniging Bpk," en in 1939 na "Suid-Afrikaanse Spaar- en Voorskotbank Bpk."

1.4

Aanvanklik het applikant slegs beperkte besigheid in die Vrystaat B gedoen, hoofsaaklik voorskotte van persoonlike lenings.

1.5

Dié tipe besigheid is later ook na die ander provinsies uitgebrei en in 1962 word applikant se hoofkantoor na Johannesburg verskuif.

1.6

In Engels het applikant bekend gestaan as "South African Savings and Credit Bank Ltd" en het van die Registrateur van Banke, vyfde C respondent, op 6 April 1965 ingevolge art 6 (2) van die Bankwet, verlof gekry om gemelde Engelse vertaling van sy naam en ook die afkorting Sasbank, in albei tale te gebruik.

1.7

In 1976 smelt applikant en die Federale Bank Bpk saam en tans Is applikant 'n filiaal van Bankkorporasie van Suid-Afrika Bpk, wat ook D in verskeie ander banke in Suid-Afrika aandele hou. Op sy beurt word Bankkorporasie van Suid-Afrika Bpk beheer deur Satuam - Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensversekeringsmaatskappy.

1.8

As gevolg van hierdie beheer- en struktuurveranderings het ook die E aard van applikant se besigheid verander. Terwyl applikant nog steeds persoonlike lenings voorskiet, sluit sy besigheid tans ook die volgende in: die verdiskontering van huur- en huurkoopkontrakte; die verhuring van nywerheidstoerusting- en persele; die finansiering van in- en uitvoer en die gepaardgaande buitelandse valutatransaksies en die verstrekking van akkomodasie-fasiliteite deur F middel van akseptering van wissels.

1.9

Applikant doen tans besigheid oor die hele Republiek deur 35 takke.

1.10

As gevolg van die gemelde samesmelting en gevolglike uitbreiding en gedaanteverwisseling wat applikant ondergaan het, is dit deur applikant wenslik geag om 'n nuwe naam te vind.

1.11

Na aanleiding G van 'n deel van applikant se Engelse naam - "South African Savings and Credit Bank Ltd" het applikant besluit om die naam "Credit Bank of South Africa Ltd" en in Afrikaans "Kredietbank van Suid-Afrika Bpk" aan te neem.

1.12

Op 30 Junie 1976 reik eerste respondent, na aanleiding van applikant se aansoek, 'n sertifikaat van naamsverandering aan applikant ujt. H Die "Suid-Afrikaanse Spaar- en Voorskotbank Bpk" sou voortaan as "Kredietbank van Suid-Afrika Bpk" bekend staan.

1.13

Op 5 Junie 1976 het die Registrateur van Banke, vyfde respondent, bogemelde naamsverandering kragtens art 6 (4) van die Bankwet goedgekeur.

1.14

Op dieselfde dag hct die vyfde respondent die statutêre verklaring van verandering van applikant se statute geregistreer ingevolge art 32 van die Bankwet. Die applikant se statute is, ingevolge spesiale

Van der Walt R

besluite geneem op 29 Junie 1976, gewysig om die volgende by die statute in te sluit:

(a)

Die vertaalde vorm van die applikant se naam naamlik "Credit Bank of South Africa Ltd".

(b)

Die verkorte vorms van A die naam te wete: "Kredietbank"/Credit Bank".

1.15

Kort na die registrasie van die naam "Kredietbank van Suid-Afrika Bpk" het applikant 'n wydverspreide reklameveldtog in Afrikaans en B Engels van stapel gestuur om die publiek oor sy nuwe naam in te lig en uit die stukke voor my geplaas is dit na my mening duidelik dat applikant in Afrikaans hom bekend stel as "Kredietbank".

1.16

Op 28 Julie 1976 skryf die prokureurs wat namens tweede, derde en vierde respondente optree aan eerste respondent en voer aan dat die veranderde naam van applikant onwenslik is omdat onder meer hui C kliënte reeds bekend staan as "Kredietbank" en ook vanweë verskeie ander oorwegings at hul voorlê.

1.17

Op 4 Augustus 1976 skryf eerste respondent aan applikant en met verwysing na art 45 en veral art 45 (2) en (3) van die Maatskappywet en die skrywe namens tweede, derde en vierde respondente, waarvan hy D 'n afskrif aan applikant stuur, versoek hy applikant om 'n nuwe naam te kies.

1.18

Applikant antwoord en, nadat hy sy weiering motiveer in antwoord op gemelde respondente se versoek, weier hy om sy naam te verander.

1.19

Op 25 Februarie 1977, na oorweging van vertoë, gelas eerste E respondent die applikant, ingevolge art 45 van die Maatskappywet, om sy naam binne 60 dae te verander.

1.20

Op versoek verskaf eerste respondent kragtens art 47 op 4 April 1977 die redes waarom hy die naamsverandering gelas het.

1.21

Teen hierdie agtergrond nader applikant die Hof uit hoofde van die bepalings van art 48 van die Maatskappywet sodat die Hof die meriete van die aangeleentheid kan oorweeg.

F Tweede, derde en vierde respondente:

...

To continue reading

Request your trial
18 practice notes
  • Philip Morris Inc and Another v Marlboro Shirt Co SA Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Natural Foods (Pty) Ltd 1974 (1) SA 230 (T) at 231H; Kredietbank van Suid-Afrika Bpk v Registrateur van F Maatskappye en Andere 1978 (2) SA 644 (W) at 653B; Pick-'n-Pay Stores Ltd v Pick-'n-Pay Superette (Pvt) Ltd 1974 (1) SA 597 (RA); Capital Estate and General Agencies (Pty) Ltd and Other......
  • Victoria's Secret Inc v Edgars Stores Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Hawkins and Another 1959 (1) SA 519 (W) at 521A-B, 522A; Kredietbank van Suid-Afrika Bpk v Die Registrateur van Maatskappye en Andere 1978 (2) SA 644 (W) at 653B; Alain Bernadin et Compagnie v Pavilion Properties Ltd [1976] RPC 518; Page 'The Territorial Limitations of Repute in Passing-off......
  • Polaris Capital (Pty) Ltd v Registrar of Companies and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co v Johannesburg Town Council 1903 TS 111: referred to Kredietbank van Suid Afrika Bpk v Registrateur van Maatskappye en Andere 1978 (2) SA 644 (W): applied G Link Estates (Pty) Ltd v Rink Estates (Pty) Ltd 1979 (2) SA 276 (E): compared and Marinpine Transport (Pty) Ltd v Local Road Transp......
  • Azisa (Pty) Ltd v Azisa Media CC and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of probability. (Lazarus AJ - at 197H - I - probably misread Kredietbank van Suid-Afrika Bpk v Registrateur van Maatskappye en Andere 1978 (2) SA 644 (W): it was not decided on a ''possibility'' of confusion.) F [11] What vested rights did the appellants have in the word? ''Peregrine'' is, ......
  • Request a trial to view additional results
18 cases
  • Philip Morris Inc and Another v Marlboro Shirt Co SA Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Natural Foods (Pty) Ltd 1974 (1) SA 230 (T) at 231H; Kredietbank van Suid-Afrika Bpk v Registrateur van F Maatskappye en Andere 1978 (2) SA 644 (W) at 653B; Pick-'n-Pay Stores Ltd v Pick-'n-Pay Superette (Pvt) Ltd 1974 (1) SA 597 (RA); Capital Estate and General Agencies (Pty) Ltd and Other......
  • Victoria's Secret Inc v Edgars Stores Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Hawkins and Another 1959 (1) SA 519 (W) at 521A-B, 522A; Kredietbank van Suid-Afrika Bpk v Die Registrateur van Maatskappye en Andere 1978 (2) SA 644 (W) at 653B; Alain Bernadin et Compagnie v Pavilion Properties Ltd [1976] RPC 518; Page 'The Territorial Limitations of Repute in Passing-off......
  • Polaris Capital (Pty) Ltd v Registrar of Companies and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co v Johannesburg Town Council 1903 TS 111: referred to Kredietbank van Suid Afrika Bpk v Registrateur van Maatskappye en Andere 1978 (2) SA 644 (W): applied G Link Estates (Pty) Ltd v Rink Estates (Pty) Ltd 1979 (2) SA 276 (E): compared and Marinpine Transport (Pty) Ltd v Local Road Transp......
  • Azisa (Pty) Ltd v Azisa Media CC and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of probability. (Lazarus AJ - at 197H - I - probably misread Kredietbank van Suid-Afrika Bpk v Registrateur van Maatskappye en Andere 1978 (2) SA 644 (W): it was not decided on a ''possibility'' of confusion.) F [11] What vested rights did the appellants have in the word? ''Peregrine'' is, ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT