Krauze v Van Wyk en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeCorbett AR, Trengove AR, Hefer AR, Grosskopf AR en Boshoff AR
Judgment Date12 September 1985
Hearing Date19 August 1985
CourtAppellate Division

Hefer AR:

Appellant het in die Hof a quo aansoek gedoen vir 'n bevel wat eerste respondent sou verbied om sy plaas Gamasep aan tweede respondent te transporteer hangende die beslissing van 'n aksie wat appellant van voorneme was om in te stel en waarin hy self oordrag van die plaas van eerste respondent sou eis. In H 'n uitspraak wat gerapporteer is in Krauze v Van Wyk en Andere 1984 (2) SA 702 (NK) is die aansoek van die hand gewys. Die huidige appèl is gemik teen die afwysing daarvan.

Oor sekere feitelike bewerings wat in die stukke gemaak is, was daar 'n skerp geskil en, waarskynlik in die lig daarvan, het I die partye die Verhoorhof versoek om die aansoek te beslis aan die hand van die feite waarna aanstons verwys sal word. Die appèl is op dieselfde basis beredeneer en sal op daardie basis afgehandel word.

Die kroniek van appellant en tweede respondent se aansprake op transport van dieselfde stuk grond begin op 29 September 1975 toe eerste respondent 'n dokument onderteken het wat soos volg J lui:

Hefer AR

A "Ek die ondergetekene Jacobus Abraham van Wyk gee hiermee aan Petrus Johannes Krauze die eerste opsie en reg van my plaas Gamasep te koop indien ek sou besluit om my plaas te verkoop. Hierdie opsie sal duur tot tyd en wyl ek besluit om my plaas te verkoop.

Indien ek besluit om my plaas te verkoop sal ek skriftelik vir Krauze in kennis stel en moet Krauze binne 90 dae nadat hy my B skriftelike kennisgewing ontvang het welke kennisgewing aan Krauze sal geskied per aangetekende pos na adres Vlakte Olifantshoek my in kennis stel dat hy die opsie uitoefen. Die prys van die plaas sal dan wees R60 per hektaar oor die hele plaas Gamasep. Opgestel kragtens akte in trust 485/1975.

Geteken te Olifantshoek op hierdie dag van 29 September 1975."

Op 13 Julie 1983 het eerste respondent die appellant skriftelik C verwittig dat hy van voorneme is om die plaas te verkoop en dat appellant "sy regte en verpligtinge in terme van sy opsie gedateer 29 September 1975 moet nakom". Dieselfde dag het appellant 'n skriftelike koopkontrak met eerste respondent gesluit waarvolgens hy Gamasep vir R122 514 gekoop het. Die koopprys was in kontant by registrasie van transport betaalbaar. Agt dae later (op 21 Julie 1983) het appellant en D eerste respondent egter 'n nuwe koopkontrak onderteken waarin ooreengekom is op 'n ander wyse van betaling van die koopprys. Die ooreenkoms het voorts (in klousule 8) bepaal dat

"hierdie koopbrief kanselleer en vervang alle kontrakte aangegaan tussen die partye voor datum hiervan en geen E wysigings of aanvullings hiervan sal van enige krag hoegenaamd wees tensy dit op skrif gestel en deur die partye onderteken is".

Op 29 Julie 1983 is die wyse van betaling van die koopprys weer gewysig in die vorm van 'n "addendum" tot die ooreenkoms van 21 Julie 1983 wat deur beide partye onderteken is.

Op 13 Julie 1983 reeds het die eerste respondent 'n volmag onderteken om die grond aan die appellant oor te dra. Niks het F daarvan tereg gekom nie, waarskynlik weens die feit dat 'n tweede ooreenkoms aangegaan is. Na ondertekening van die tweede ooreenkoms het eerste respondent opnuut 'n dergelike volmag onderteken maar nadat appellant daarvan bewus geword het dat eerste respondent op 7 April 1982 'n opsie om die plaas te koop G aan tweede respondent verleen het en dat tweede respondent op 19 September 1983 die opsie uitgeoefen het, het sy prokureurs onderneem om nie voort te gaan met oordrag van die eiendom in appellant se naam nie totdat finaliteit oor die partye se regte verkry is. Tweede respondent was skynbaar nie geneë tot 'n dergelike onderneming nie en vandaar die aansoek om transport H in sy naam tydelik te verbied. Soos ek dit verstaan, is die ratio van die Hof a quo se beslissing dat tweede respondent se aanspraak op transport voorkeur geniet in die lig daarvan dat die opsie aan hom verleen is voordat die verkoping tussen appellant en eerste respondent plaasgevind het. Die Hof het die reg wat die dokument van 29 September 1975 aan appellant I verleen het, as 'n voorkoopsreg beskou. Die feit dat dit in tydorde voor die opsie gekom het, het appellant egter nie gebaat nie aangesien die verkoping, volgens die Hof se oordeel, nie gekonstrueer kan word as 'n uitoefening van die voorkoopsreg nie - dit was 'n "totaal nuwe ooreenkoms" wat nie "tot stand gekom het as gevolg van die uitoefening van die voorkoopsreg nie". Hierdie gevolgtrekking is...

To continue reading

Request your trial
15 practice notes
  • Ingledew v Theodosiou
    • South Africa
    • Invalid date
    ...& Genis (Edms) Bpk en 'n Ander v Potgieter en Andere 1995 (3) SA 783 (C) (1995 (3) BCLR 349): referred to Krauze v Van Wyk en Andere 1986 (1) SA 158 (A): dictum at 173I - J applied Le Roux v Odendaal and Others 1954 (4) SA 432 (N): referred to Living Image Interiors v Mather 1996 (3) SA 445......
  • The Seaspan Grouse - Seaspan Holdco 1 Ltd and Others v MS Mare Tracer Schiffahrts and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1079; [2000] ZACC 12): referred to Kleynhans v Yorkshire Insurance Co Ltd 1957 (3) SA 544 (A): referred to Krauze v Van Wyk en Andere 1986 (1) SA 158 (A): referred to G Labuschagne v Labuschagne; Labuschagne v Minister van Justisie 1967 (2) SA 575 (A): referred Lendalease Finance (Pty) Ltd ......
  • The Seaspan Grouse - Seaspan Holdco 1 Ltd and Others v MS Mare Tracer Schiffahrts and Another
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 1 February 2019

  • Vansa Vanadium SA Ltd v Registrar of Deeds and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Another v Stonestreet and Others 1968 ( 4) SA 1 (A) Kotze v Newmont South Africa Ltd 1977 (3) SA 368 (NC) Krauze v Van Wyk en Andere 1986 (1) SA 158 (A) Le Roux v Odendaal and Others 1954 ( 4) SA 432 (N) Lorentz v Melle and Others 1978 (3) SA 1044 (T) H McGregor v Jordaan and Another 1921 C......
  • Request a trial to view additional results
14 cases

1 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT