Klipriviersoog Properties (Edms) Bpk v Gemeenskapsontwikkelingsraad

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan Dijkhorst R
Judgment Date21 March 1984
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date01 March 1984

Van Dijkhorst R:

Met die oog op die berekening van rente vra C die eiser 'n verklarende bevel aan in die volgende vorm:

"'n Bevel in terme waarvan verklaar word dat besit van die onteiende eiendomme soos beoog in arts 8 (3) en 12 (3) van die Onteieningswet 63 van 1975 op die verweerder oorgegaan het, alternatiewelik deur die verweerder geneem is, 60 dae D na 23 April 1982."

Die tersaaklike feite is nie in geskil nie.

Die onteiende eiendom is 'n oop stuk veld geleë langs Soweto, onbeboud, onbewoon, onbeset en ongebruik ten tyde van onteiening. Daardie toestand het eenvoudig voortgeduur na die onteiening op 23 April 1982. Dit is gemeensaak dat met of na E betekening van die kennisgewing van onteiening die verweerder nie die eiser ooreenkomstig art 8 (3) van die Onteieningswet in kennis gestel het dat besit van die onteiende eiendomme op 'n vroeër datum, dit wil sê voor verloop van 'n tydperk van 60 dae na 23 April 1982, geneem sal word nie.

Verder is dit gemeensaak dat die eiser en verweerder nie 'n F ooreenkoms soos bedoel in art 8 (3) van die Wet gesluit het om besitname van die eiendomme deur die verweerder uit te stel tot 'n datum later as 60 dae na die onteieningsdatum nie. Die eiser het ook nie 'n kennisgewing soos bedoel in art 8 (5) van die Wet afgelewer nie. Die verweerder het geen fisiese handelinge G verrig op die eiendomme nie en geen fisiese teenwoordigheid aldaar gehad nie. Die verweerder het die eiendomme nie fisies okkupeer of benut nie.

Ook het die eiser na die datum van onteiening geen fisiese handelinge verrig op die eiendomme nie en geen fisiese teenwoordigheid daar gehad nie. Die eiser het nie die eiendomme fisies okkupeer of benut nie. Die eiser het handelinge verrig H waardeur hy die oorgang van eiendomsreg ten aansien van die eiendomme op die verweerder erken deur binne 60 dae na 23 April 1982 'n eis om vergoeding as gevolg van die onteiening van die eiendomme in te stel soos vereis deur art 9 van die Wet; en dagvaarding vir die vasstel van die vergoeding teen die I verweerder uit te reik.

Die verweerder het ook ingevolge art 10 (4) van die Wet aan die eiser vergoeding vir die eiendomme aangebied. Ook het die verweerder ingevolge art 31 (6) (a) van die Akteswet 47 van 1937 by wyse van 'n

Van Dijkhorst R

A kennisgewing, gedateer 25 April 1982 en ontvang deur die Registrateur van Aktes, Pretoria, op 29 April 1982, die Registrateur in kennis gestel van die onteiening van die eiendomme. Die Registrateur het 'n verwysingsnommer aan diè kennisgewing toegeken. Op 12 Mei 1982 het die Registrateur van Aktes, Pretoria, die onteiening van die eiendomme teen die B titelakte noteer ingevolge die gemelde artikel van die Akteswet.

Dit is verder gemeensaak dat die verweerder te alle tersaaklike tye ontken het dat hy besit van die eiendomme geneem het of besit daarvan verkry het en ook dat die eiser ontken het dat hy na 60 dae na datum van onteiening in besit van die eiendomme was. Dit is ook duidelik dat die eiser geen animus gehad het na C datum van onteiening om in besit van die eiendomme te wees nie.

Die feite is dus eenvoudig, die reg nie. Van die uitleg van die rentebepaling in art 12 (3) van die Onteieningswet 63 van 1975, hang af of die eiser in die omstandighede wat ek opgesom het geregtig is op rente op diè deel van die vergoedingsbedrag wat D die markwaarde van die grond verteenwoordig en, indien wel, vanaf welke datum dit bereken moet word. Die tersaaklike artikels van die Onteieningswet 63 van 1975 is die volgende: (Ek haal dit aan in 'n volgorde wat dit vir my doeleindes meer verstaanbaar maak en laat gedeeltes weg wat ek nie ter sake ag nie):

Artikel 12 (3)

E "Rente... moet, behoudens die bepalings van subart (4) betaal word... en wel met ingang van die datum waarop die Staat ingevolge art 8 (3) of (5) besit neem van die betrokke goed: Met dien verstande... "

Artikel 12 (4)

"Indien die eienaar van goed wat onteien is daardie goed of 'n gedeelte daarvan okkupeer of benut, word ten opsigte van die F tydperk waarop hy dit aldus okkupeer of benut geen rente ingevolge subart (3) betaal nie op soveel van die uitstaande bedrag as wat, volgens die oordeel van die...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
  • Adampol (Pty) Ltd v Administrator, Transvaal
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Jackson and Others 1956 (2) SA 398 (A) at 410, I 416H and 437 - 41; Klipriviersoog Properties v Gemeenskapsontwikkelingsraad 1984 (3) SA 768 (T) at 772E; Katzenellenbogen Ltd v Mullin 1977 (4) SA 855 (A) at 884A - D; Community Development Board v Mahomed 1987 (2) SA 899 (A) at 918D - E an......
  • Opera House (Grand Parade) Restaurant (Pty) Ltd v Cape Town Municipality
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of the same Act, 60 days after the date of expropriation (see Klipriviersoog C Properties (Edms) Bpk v Gemeenskapsontwikkelingsraad 1984 (3) SA 768 (T)). I hold that plaintiff is entitled to interest according to this formula, or if possession was actually taken prior to the elapse of the 6......
  • Sher and Others NNO v Administrator, Transvaal
    • South Africa
    • Invalid date
    ...date when considering the provisions of s 12(3) of the Act. Klipriviersoog Properties (Edms) Bpk v Gemeenskapsontwikkelingsraad 1984 (3) SA 768 (T). Section 12(3) of the Act provides (omitting portions not material to this case) that interest at the standard interest rate determined in term......
  • Community Development Board v Mahomed and Others NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Kitchener en Andere 1964 (3) SA 417 (A) at 423E - F, and Klipriviersoog Properties (Edms) Bpk v Gemeenskapssontwzkkelingsraad 1984 (3) SA 768 (T) at 772F - G. That being so, there is no warrant for G interpreting the proviso to the main provision in a manner that would produce what is in ......
  • Request a trial to view additional results
8 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT