Kesolofetse and Others v Impala Platinum Beperk

JurisdictionSouth Africa
JudgeLandman R
Judgment Date07 February 2006
Docket Number862/04
CourtBophuthatswana High Court
Hearing Date17 November 2005
Citation2006 JDR 0165 (B)

Landman R:

[1]

Die eerste applikant is Abakeng Tebogo Kesolofetse, 'n werknemer van die respondent. Die tweede applikant is Itshekeng Frank Motladi, ook 'n werknemer van die respondent. Die derde applikant is D en AG Fourie BK, handeldrywende as Cash for Cash Financial Services, 'n beslote korporasie, met sy

2006 JDR 0165 p2

Landman R

hoofsetel van besigheid te Winkel 18, Midtown Mall, Rustenburg. Die respondent is Impala Platinum Beperk, wat 'n platinummyn te Rustenburg bedryf.

[2]

Die applikante verlang die volgende bevel:

(a)

Dat respondent gelas word om uitvoering te gee aan enige geskrewe en ondertekende instruksies deur die eerste en tweede applikante om die bankrekeningbesonderhede van die eerste en tweede applikante te verander in die rekords van die respondent, en die eerste en tweede applikante se salarisse in die veranderde bankrekenings in te betaal.

(b)

Dat respondent gelas word om uitvoering aan bogenoemde te verleen by voorlegging deur derde applikant van die oorspronklike ondertekende volmagte wat sodanig deur 'n Kommissaris van Ede gewaarmerk is, en wat in die waarmerking aangedui het dat hy/sy die eerste en tweede applikante geïdentifiseer het aan die hand van hulle identiteitsdokumente en hulle "klokkaarte" (die identifiseringsdokument uitgereik deur die respondent, as synde 'n werknemer van die respondent wat derde applikant magtig om die bankrekeningbesonderhede van die eerste en tweede applikante te wysig, voltooide ondertekende aansoeke van die eerste en tweede applikante aan respondent te

2006 JDR 0165 p3

Landman R

verskaf om hul bankbesonderhede te verander, tesame met gewaarmerkte afskrifte van die identiteitsdokumente van die eerste en tweede applikante.

(c)

Koste op 'n spesiale skaal.

[3]

Die respondent het gedurende 2002/2003 erge arbeidsonrus ervaar. Die applikante ontken dit, maar hulle kan dit skaars betwis. Die meerderheid van die 30000 werknemers het gedurende Maart 2003 gestaak. Die werknemers het, onder andere, beweer dat hulle nie billike behandeling van geldskieters ontvang nie en dat die meeste van hulle geen of baie min geld huis toe neem nadat die geldskieter se maandelikse kapitaal en rente terugbetaal is. Die respondent het 'n netto verlies van nagenoeg R380 000 000.00 gelei weens produksie verliese tydens die staking.

[4]

Die respondent het die aangeleentheid ondersoek en gevind dat die totale skuldlas van die 30000 werknemers, ten opsigte van korttermynlenings ongeveer R100,000,000-00 beloop. Die geldskieters het gelde teen rentekoerse van ongeveer 30% per maand voorgeskiet.

[5]

Die respondent het besluit om dringende stappe te neem om die teenwoordigheid van die geldskieters op die perseel van die respondent te beperk en om rehabilitasieprogramme vir die werknemers, wat in so 'n skuldlas gedompel was, in te stel.

2006 JDR 0165 p4

Landman R

[6]

Die respondent het gevolglik 'n skriftelike ooreenkoms met 'n bank genaamd Teba Bank Beperk (TESA) aangegaan. TESA verskaf korttermynlenings. Die respondent het die eksklusiewe reg aan TESA verskaf om vanaf 1 September 2003 op die myn geld aan werknemers van die respondent voor te skiet.

[7]

Die respondent het homself ook as borg en medehoofskuldenaar vir die terugbetaling van die bedrae wat sy werknemers nie stiptelik terugbetaal nie, aangebied.

[8]

Gedurende die middel van 2003 het die respondent 'n skriftelike ooreenkoms met Easton-Serry & Associates, 'n prokureursfirm aangegaan om, by wyse van 'n vrywillige skuldbetalings-verspreidings en 'n bestuursprogram, die skuldposisie van elke werknemer in oënskou te neem, die herterugbetaling van skuld met krediteure te onderhandel en 'n bekostigbare en verminderde terugbetalings terme vir die werknemer te beding.

[9]

Die respondent het verder gepoog om die werknemers van die respondent by te staan met die rehabilitasie van hulle skuldverpligtinge en het die ooreenkomstig 'n skriftelike ooreenkoms met General Union (Edms) Bpk ("General Union") op 8 September 2003 aangegaan.

2006 JDR 0165 p5

Landman R

[10]

Die respondent het die reëlings wat hierbo uiteengesit is met die vakbonde NUM en UASA, waarvan die eerste en tweede applikante lede is, bespreek en die ooreenkoms is goedgekeur.

[11]

Die laaste paragraaf van die diensvoorwaardes van die eerste en tweede applikante bepaal soos volg:

"POLICY AND PROCEDURES:

You will be expected to adhere to all company policies and procedures. These may change as business dictates. Changes will be communicated to you."

[12]

Die respondent het op 5 April 2001, 'n veranderde "beleid en prosedure" aangeneem. Daarvolgens moes werknemers wat hulle bankbesonderhede wil verander, by wyse van 'n klokkaart, wat aan hulle uitgereik is, geïdentifiseer word. Die beleid is aan die werknemers van die respondent gekommunikeer.

[13]

Die derde applikant is 'n mikro...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT