Kahn v Volschenk

JurisdictionSouth Africa
JudgeJoubert AR, Trengove AR, Botha AR, Van Heerden AR en Galgut Wn AR
Judgment Date26 March 1986
Hearing Date10 March 1986
CourtAppellate Division

Joubert AR:

Die appellant het as applikant 'n aansoek in die J Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling teen die respondent as eerste respondent

Joubert AR

en die klerk van die landdroshof te Bellville as tweede A respondent aanhangig gemaak vir 'n verklarende bevel dat hy geregtig is op die teruggawe van 30 verdedigingsbonusobligasies wat in die besit van die tweede respondent was. Laasgenoemde het nie die aansoek bestry nie. Die eerste respondent het wel die aansoek bestry op die grondslag dat die verdedigingsbonusobligasies aan hom behoort en dat hy op hul B oorhandiging deur die tweede respondent geregtig is. Op 23 Mei 1984 het MARAIS WN R, met wie BAKER R saamgestem het, die appellant se aansoek afgewys met koste en gelas dat die tweede respondent die verdedigingsbonusobligasies aan die eerste respondent moes oorhandig. Op 25 Mei 1984 het die Hof a quo C verlof aan die appellant verleen om teen sy uitspraak in hoër beroep na hierdie Hof te kom terwyl die koste van die aansoek om verlof om na hierdie Hof te appelleer vir beslissing deur hierdie Hof voorbehou is.

Die Bellville Poskantoor het op 20 November 1981 30 verdedigingsbonusobligasies kragtens die Skatkis- en Ouditwet D 66 van 1975 en die voorwaardes gepubliseer in Staatskoerant 5693 by Goewermentskennisgewing 1409 van 26 Augustus 1977 aan die respondent uitgereik. Die voorwaardes is van tyd tot tyd gewysig en vervang. Die relevante voorwaardes is gepubliseer in Staatskoerant 6871 by Goewermentskennisgewing 372 van 29 Februarie 1980. Elkeen van hierdie verdedigingsbonusobligasies E het 100 eenhede, 'n gesigswaarde van R500 en 'n reeks van 100 nommers. Hulle is vir 'n onbepaalde termyn uitgereik maar hulle is te eniger tyd na verloop van een jaar vanaf hul datum van uitreiking aflosbaar by enige poskantoor wat poswisselbesigheid doen behoudens sekere uitsonderingsgevalle wat nie vir doeleindes van hierdie appèl tersake is nie. Bowendien is hulle F as toonderdokumente uitgereik deurdat hulle uitdruklik vermeld om aan toonder betaalbaar te wees. Hul verhandelbaarheid en oordragbaarheid as toonderdokumente kan egter opgehef word deur gedeelte A op hul keersy in te vul. Gedeelte A lui soos volg:

'Hierdie obligasie kan omskep word in 'n nie-verhandelbare en nie-oordraagbare dokument deur hierdie gedeelte A in te vul. G Naam van besitter... Identiteits no...'

Dit was gemene saak dat die respondent nie gedeelte A op die keersy van sy verdedigingsbonusobligasies ingevul het nie en dat hulle derhalwe toonderdokumente was solank hulle in sy besit was. Deurdat hulle nie aan die Wisselwet 34 van 1964 se H omskrywings van 'n wissel (art 2(1)), 'n tjek (art 1 (xi)) en 'n promesse (art 87 (1)) voldoen nie was dit verder gemene saak dat hierdie Wet se voorskrifte nie ten opsigte van hulle geld nie en dat die gemene reg op hulle van toepassing is.

Volgens die onbetwiste feite was die respondent, wat te Bellville woonagtig was, vanaf 17 Januarie 1982 tot 19 I Februarie 1982 op 'n sake-besoek in Johannesburg. Tydens sy afwesigheid is daar by sy woning ingebreek en is sy 30 verdedigingsbonusobligasies gesteel. Dit het hy ontdek by sy terugkeer op 19 Februarie 1982. Hy het die inbraak en diefstal by die polisie aangemeld. Die polisie het op 23 April 1982 beslag gelê op die 30 verdedigingsbonusobligasies wat in die besit van die appellant was. Op 15 Junie 1982 is Volschenk jnr, die respondent se seun, aan die inbraak en diefstal in die J streekhof te Parow skuldig bevind. Die

Joubert AR

A appellant beweer dat hy op Vrydag 22 Januarie en Maandag 25 Januarie 1982 die 30 verdedigingsbonusobligasies as toonderdokumente vir R12 000 van Volschenk jnr bona fide gekoop het en dat hy derhalwe geregtig is op hul teruggawe deur die tweede respondent. Ek sal straks handel met die appellant se B getuienis oor die omstandighede waaronder en die wyse waarop hy die 30 verdedigingsbonusobligasies van Volschenk jnr gekoop het en besit daarvan verkry het.

Soos vermeld, beroep die respondent hom op sy eiendomsreg in sy aanspraak op teruggawe aan hom van die 30 verdedigingsbonusobligasies. Die eerste vraag wat ontstaan, is C of 'n eienaar van Staatsobligasies betaalbaar aan toonder, soos die 30 verdedigingsbonusobligasies in die onderhawige geval, hulle met sy rei vindicatio kan vindiseer van 'n bona fide koper wat hulle van 'n dief of mala fide besitter bekom het.

Die uitgangspunt van die Romeinse reg was dat 'n eienaar met 'n rei vindicatio sy saak in die algemeen kon opeis van wie ook al wat in besit of beheer daarvan was. Die verweerder word tot D restitusie van die saak veroordeel tensy hy met sukses een of ander eksepsie kon teenwerp, soos bv exceptio rei venditae ac traditae, exceptio rei judicatae, exceptio praescriptionis (D 6.1.9, D 21.3.1 pr) of tensy hy hom met sukses op 'n jus retentionis kon beroep. Die algemene opeisbaarheid van 'n saak met die eienaar se rei vindicatio word uitgedruk deur die E adagium: ubi rem meam invenio ibi vindico (D 44.7.25 pr, Cod 3.32.23). Hierdie Romeinsregtelike grondbeginsel is deur die Romeins-Hollandse reg oorgeneem sodat 'n eienaar sy saak in die algemeen kon vindiseer van wie ook al in besit of beheer daarvan is sonder om 'n bona fide koper daarvan vir sy koopprys te vergoed. Kyk: De Groot (1583 - 1645) 2.3.4 et 5; A F Matthaeus (1601 - 1654) Paroemia Septima nr 17; Wassenaar (1589 - 1664) Practyck Judisieel cap 9 nr 4; Van Leeuwen (1626 - 1682) Romeins Hollandse Reg 2.7.4 Censura Forensis 1.2.11.3; Huber Hedendaagse Regsgeleerdheid 2.32.14; Voet (1647 - 1713) 4.3.3, 6.1.7 et 22; Schorer (1717 - 1800) Ad Gr 2.3.5; Van Zurck Codex Batavus sv "goederen" nr 1; Van der Keessel (1738 - 1816) Ad Gr 1.9.10 et 2.3.5. Daar was sekere erkende G uitsonderingsgevalle wat hoofsaaklik van die inheemse Germaanse of Hollandse reg afkomstig was waar 'n eienaar nie sy saak kom vindiseer nie, bv waar dit op 'n vrye markt verkoop is. Waar 'n eienaar sy roerende saak aan iemand toevertrou om dit vir hom in bewaring te hou of waar hy dit aan iemand leen H en die vertroueling of lener sou dit verkoop of in pand gee, het die Germaanse reg die beginsel "Jy moet jou vertroue soek waar jy dit gelaat het" gehandhaaf sodat die eienaar nie sy roerende saak van die bona fide koper of die pandhouer kon vindiseer sonder om die koopprys of die pandskuld, na gelang die geval, te betaal nie. Hierdie beginsel van die Germaanse I reg steek sy kop uit by Groenewegen (1616 - 1652) Ad Inst 4.1.16 nr 3 en Van Leeuwen RHR 4.13.4. Dog Van Leeuwen CF 1.4.7.15 betwis tereg die korrektheid hiervan as geldende reg vir Provinsie Holland en Wes-Friesland.

In die 17e en 18e eeu het die State Generaal, die State (wetgewers) van die Provinsies, die stede en selfs die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie op groot skaal as skuldenaars geld van die publiek geleen deur Staats- of owerheidsobligasies J aan hul skuldeisers uit te reik. Hierdie openbare obligasies is bekend in die regsliteratuur as nomina publica, "obligatien

Joubert AR

op 't lands", "obligatien", "rente-brieven", actiones, A cautiones. Hulle was meestal toonderdokumente vir 'n onbetaalde termyn wat aan "toonder dezes briefs" betaalbaar was sonder vermelding van die skuldeiser of eienaar se naam. Rente was op die obligasieskuld jaarliks by die skuldenaar se rekenkamer (comptoir) of kantore teen voorlegging van die openbare obligasie aan die toonder daarvan betaalbaar. In die B praktyk het dit dikwels gebeur dat die eienaar sy openbare obligasie aan 'n familielid, vriend of agent oorhandig om die rente vir hom in te vorder wanneer dit betaalbaar word. 'n Probleem het ontstaan indien die toevertroude persoon egter sonder magtiging en kennis van die eienaar dit aan 'n bona fide C koper verkoop of dit aan 'n bona fide pandhouer as sekuriteit vir 'n geldlening gee. Waar dit gebeur het, het veral twee beginsels van die Romeinse reg aanvanklik baie stremmend op die oordraagbaarheid en verhandelbaarheid van openbare obligasies ingewerk, naamlik: Nemo plus juris in alium transferre potest quam ipse haberet (D 50.17.54) en Id, quod nostrum est, sine facto nostro ad alium transferre non potest D (D 50.17.11). Daarbenewens was die vraag of die eienaar van 'n openbare obligasie betaalbaar aan toonder se rei vindicatio ingeperk moes word of nie.

In Provinsie Seeland het die State van Seeland as Wetgewer in sy Placaat van 31 Mei 1679 (3 GPB 598 - 599) verorden dat eienaars van Staatsobligasies deur Provinsie Seeland uitgereik E moes toesien aan wie hulle hul toonderobligasies toevertrou want indien die vertroueling die toonderobligasies sou vervreem aan 'n bona fide koper of pandhouer kon die eienaars hul toonderobligasies alleen vindiseer van die bona fide koper of pandhouer deur die koopprys of pandskuld aan laasgenoemde te betaal. Deur die Ampliatie van 25 September 1695 (4 GPB 1055) F het die State van Seeland hierdie verordening uitgebrei tov alle openbare obligasies betaalbaar aan toonder wat uitgereik is "ten laste van eenige Steden, Collegien, Societyten of andere Corpora, binne dese Provinsie gehoorende.'

Die reg wat in Provinsie Holland en Wes-Friesland gegeld het, is vir ons van besondere belang omdat dit in Suid-Afrika as die G Romeins-Hollandse reg geld. Soos ek reeds vermeld het, is die Romeinsregtelike grondbeginsel oorgeneem sodat 'n eienaar sy saak in die algemeen kon vindiseer van wie ook al in besit daarvan was sonder om 'n bona fide besitter vir waarde te vergoed vir die koopprys of die pandskuld na gelang van die geval. Die erkende uitsonderingsgevalle hierop wat van die H inheemse of Hollandse reg afkomstig was, het nie op Staatsobligasies betaalbaar aan toonder betrekking gehad nie. Die State as Wetgewer van die Provinsie Holland en Wes-Friesland het, anders as in Provinsie Seeland, nie ingegryp om die vindikasie van openbare toonderobligasies in te perk waar hulle deur 'n vertroueling of tussenganger van die eienaar...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
2 cases
  • Van der Merwe and Another v Taylor NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to Jeena v Minister of Lands 1955 (2) SA 380 (A): referred to Kemp v Roper NO (1886) 2 Buch AC 141: referred to F Khan v Volschenk 1986 (3) SA 84 (A): dictum at 88E Khuzwayo v Dludla [2000] 4 All SA 329 (LCC): dictum at 334E applied Klerck NO v Van Zyl and Maritz NNO and Another and Related......
  • Secfin Bank Ltd v Mercantile Bank Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is, G in my view, a consequence of law dependent on the nature and form of the instrument in question. In Kahn v Volschenk 1986 (3) SA 84 (A) the Appellate Division, in considering the negotiability of a defence bond, had no evidence of trade custom but on the form of the instrument held th......
3 books & journal articles
5 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT