Joubert, Owens, van Niekerk Ing v Breytenbach

JudgeVan Zyl R
Judgment Date13 August 1985
Citation1986 (2) SA 357 (T)
Hearing Date13 August 1985
CourtTransvaal Provincial Division

Van Zyl R:

In hierdie aangeleentheid vorder die eiser, 'n E professionele maatskappy wat as argitekte praktiseer, van verweerder die bedrag van R9 978, 72 tesame met rente en koste. Die skuldoorsaak soos in die dagvaarding uiteengesit, is die lewering van professionele dienste deur die eiser aan die verweerder gedurende die tydperk September 1984 tot Januarie 1985 en wel op verweerder se spesiale aandrang en versoek. Daar F word ook beweer dat die eisbedrag 'n ooreengekome fooi is; alternatiewelik 'n voorgeskrewe fooi; alternatiewelik redelike en normale fooie. Voorts beweer die eiser dat die bedrag opeisbaar en betaalbaar is.

Nadat die verweerder kennis gegee het van sy voorneme om hierdie aksie te verdedig, het die eiser 'n aansoek op summiere G vonnis gebring. In dié aansoek, wat betyds geliasseer is, word vermeld dat die beëdigde verklaring van ene Carl van Niekerk ter ondersteuning van die aansoek gebring sal word. Die deponent tot die beëdigde verklaring blyk egter ene Clive Henry Bebington te wees, synde 'n direkteur van die applikant.

In sy beantwoordende beëdigde verklaring ter bestryding van die summiere vonnis-aansoek sê die verweerder, en wel in para 3 van H sy gemelde verklaring, dat hierdie verkeerde verwysing na die deponent as Carl van Niekerk 'n "onreëlmatigheid" daarstel. Dan gaan hy voort, direk na hierdie verwysing na die beweerde onreëlmatigheid, en sit sy verweer uiteen, in welke verband hy aanvoer dat hy wel 'n bona fide verweer teen die eiser se I vordering het.

Na aanleiding van die verweerder se beswaar teen die verkeerde verwysing na die deponent voormeld, het die eiser 'n verbeterde kennisgewing van aansoek vir summiere vonnis geliasseer met, in hierdie geval, die korrekte beskrywing van die deponent. In hierdie verband het mnr Roos, wat namens die eiser opgetree het, en besonder hulpvaardige hoofde van betoog ingedien het J waarvoor die Hof hom dank verskuldig is, toegegee dat die aanvanklike aansoek formeel nie in orde was nie

Van Zyl R

deurdat daar 'n verkeerde verwysing na die deponent tot die A beëdigde verklaring was. Hy gaan egter voort en sê dat die stukke formeel in orde gebring is deur die verbeterde kennisgewing van aansoek en betoog voorts dat die formele gebrek wat bestaan het geensins die verweerder benadeel het nie aangesien die deponent, die gemelde mnr Bebington,'n direkteur van die eiser is en persoonlike kennis dra van dit wat hy in B die beëdigde verklaring vermeld. Daar is voorts, so betoog mnr Roos, geen aanduiding op die stukke dat Bebington moontlik nie persoonlik kennis dra van die inhoud van sy beëdigde verklaring nie, en dat dit deur die Hof aanvaar moet word dat hy wel sodanige kennis het. (Sien Barclays Western Bank Ltd v Bill Jonker Factory Services and Another 1980 (1) SA 929 (SOK) C op 937B - F.)

Mnr Roos voer verder aan dat die verweerder dit goed gedink het om in sy beëdigde verklaring met die meriete van die saak te handel en sy verweer uiteen te sit. Daar word geensins verwys na enige benadeling deur die verweerder nie en in die lig hiervan word dit betoog dat die benadering gevolg deur BOSHOFF D RP, soos hy toe was, in die beslissing van W M Mentz & Seuns (Edms) Bpk v Katzake 1969 (3) SA 306 (T) op 312C - E, nagevolg behoort te word en dat die tegniese defek voormeld nie teen die eiser gehou moet word nie. In hierdie verband word betoog dat die defek hoogs tegnies van aard is en dat die benadering soos uiteengesit in die gemelde Mentz- saak en wat met goedkeuring E aangehaal is in die Volbank-beslissing van Van den Bergh v Weiner 1976 (2) SA 297 (T) op 300B - C gevolg moet word. Die relevante passasie lui aldus:

"Mnr Heyns het betoog dat hierdie passasie verweerder geregtig maak om enige tegniese punt, hoe nietig ookal, op te werp en dat die Hof dan verplig is om summiere vonnis te weier. Ek glo nie dat dit ooit die bedoeling van daardie saak was om met die F aangehaalde passasie besondere krag te verleen aan suiwere tegniese verwere nie, want dit sou eintlik die doel van Reël 32 verydel."

Mnr Borchardt, namens die verweerder, het aangevoer dat die verbeterde kennisgewing van aansoek buite tyd is en dat die Hof dit dan eenvoudig moet ignoreer. Volgens hom, moes daar 'n aparte aansoek om kondonasie gewees het vir...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • Standard Bank of SA Ltd v Secatsa Investments (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...B Barclays National Bank Ltd v Love 1975 (2) SA 514 (D): dictum at 515H-516A applied Joubert, Owens, Van Niekerk Ing v Breytenbach 1986 (2) SA 357 (T): referred to C Kruger v Standard Krediet Korporasie Bpk 1988 (1) SA 570 (T): referred Lohrman v Vaal Ontwikkelingsmaatskappy (Edms) Bpk 1979......
  • Juntgen t/a Paul Juntgen Real Estate v Nottbusch
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to set out a defence to the plaintiff's claim or to prove his bona fides. E The dicta in Joubert, Owens, Van Niekerk Ing v Breytenbach 1986 (2) SA 357 (T) at 316C - E criticised and not Where, however, a defendant asks for a postponement of an application for summary judgment so that he can......
  • Standard Bank of South Africa Ltd v Van Vuuren
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 18 February 2009
    ...filing supplementary affidavits without having I formally applied for condonation - see Joubert, Owens, Van Niekerk Ing v Breytenbach 1986 (2) SA 357 (T). Before I decide on her objection, it would be fair to summarise what the affidavit and supplementary affidavits of the respondent aver. ......
  • Standard Bank of South Africa Ltd v Van Vuuren
    • South Africa
    • Invalid date
    ...proceedings. (Paragraph [11] at 562C - D.) Cases Considered Annotations Reported cases B Joubert, Owens, Van Niekerk Ing v Breytenbach 1986 (2) SA 357 (T): referred to. Statutes Considered Statutes The National Credit Act 34 of 2005, ss 129 and 129(1)(b): see Juta's C Statutes of South Afri......
4 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT