Joubert en 'n Ander v Stemmet en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeHofmeyr R
Judgment Date12 April 1965
Citation1965 (3) SA 215 (O)
CourtOrange Free State Provincial Division

E Hofmeyr, R.:

Die twee applikante is die seun en dogter onderskeidelik van die vierde respondent. Die eerste respondent is 'n boer wat grond besit grensende aan plase Kya-Lami en Honeyford en wat in okkupasie is van gedeeltes van gemelde plase grensende aan sy eie grond. Sy okkupasie F is uit hoofde van 'n koopkontrak met die vierde respondent. Hierdie plase is in laasgenoemde se naam as fidusiêre erfgenaam van haar ouers geregistreer. Die fideikommisêre erfgename van die twee plase in onverdeelde helftes is tweede applikant en die sesde respondent wat ook 'n dogter van die vierde respondent is.

Die tweede respondent word in the petisie beskryf as 'n boer van die G bogemelde plase. Die bede vir uitsetting van die gemelde plase is, eerstens, teen die eerste respondent maar ook teen die tweede respondent gerig - hoewel laasgenoemde die petisie ondersteun het, deur 'n eedsverklaring ter stawing van die applikante se bewerings en teen die bewerings van veral die vierde respondent te verskaf.

Die derde en vyfde respondente is 'n prokureur van Senekal, H onderskeidelik in sy hoedanigheid as prokureur en in sy hoedanigheid as eksekuteur van die boedels van die vierde respondent se ouers, Maria

Hofmeyr R

Elizabeth Johanne du Preez (geb. Nel) en Johannes Carolus du Preez, synde die grootouers van die applikante sowel as van die sesde respondent.

A Die basiese bewerings van die petisie kom kortliks op die volgende neer:

Die eerste applikant is wettig aangeneem deur sy gemelde grootouers aangesien hulle g'n seuns van hulle eie gehad het nie. Die eerste applikant se pleegmoeder (sy natuurlike grootmoeder) sterf op 2/12/61, en sy pleegvader (sy natuurlike grootvader) op 11/12/61. Sy natuurlike B moeder word, soos hierbo aangedui, die fidusiêre erfgenaam van die gemelde twee plase. Die eerste. applikant verkry geen regte op die plase nie, maar die tweede applikant en die sesde respondent word die fideikommissêre erfgename ten opsigte van die gemelde plase, in onverdeelde helftes. Die eerste applikant beweer egter dat sy grootvader kort voor sy dood, en uit toegeneentheid en dankbaarheid vir die sorg C wat hy, eerste applikant, aan sy grootouers bestee het, aan hom 'n skriftelike huurkontrak oor die twee plase gegee het vir 'n tydperk wat tot vyf jaar na sy grootvader se dood sou geld teen R400 per jaar - d.w.s. tot 11/12/66.

Hierdie kontrak was volgens eerste applikant deur derde respondent D opgestel wat die oorspronklike behou het, terwyl eerste applikant sy afskrif aan die vierde respondent, sy moeder, toevertrou het.

Kort na die oorlye van haar gemelde ouers, het vierde respondent instruksies gegee om die eerste applikante uit te sit van die twee plase. Die rede hiervoor was volgens die applikante dat sy aan die tweede respondent, met wie sy 'n liefdesverhouding aangeknoop het (wat E tot 'n egskeiding tussen haar en die applikante se vader gelei het), okkupasie van die twee plase wou gee. Derde respondent het volgens eerste applikant beaam dat hy sodanige instruksies ontvang het en bygevoeg dat daar op daardie tydstip geen huurkoopkontrak bestaan het waarop eerste applikant kon staatmaak nie. Toe eerste applikant hom verwys na die gemelde skriftelike huurkontrak, verseker derde respondent F hom dat 'n 'huurkontrak sterf saam met die maker'.

Die eerste applikant beweer dat hy hierdie stelling nie betwis het nie aangesien die derde respondent by hom, soos by almal in die klein samelewing van Senekal, groot ontsag ingeboesem het. Hy wou die stelling G tog toets en vra sy moeder om die afskrif wat hy aan haar toevertrou het aan hom te gee. Sy beweer egter dat dit 'weggeraak' het; weier om enige gewaande regte wat hy mag hê, te erken, en jaag hom van die plaas af.

Eerste applikant beweer dat sy moeder doelbewus die afskrif van die huurkontrak vernietig het en dat derde respondent sou geweier het om hom H die oorspronklike te wys omdat hy dit 'in trust' sou hou vir die familie, wie se persoonlike vriend en agent hy sou wees. Hy sou ook by eerste applikant aangedring het dat hy sy regsadvies aanvaar en die plase ontruim. Aangesien die lewe vir eerste applikant uiters onaangenaam gemaak is op die plase; aangesien aan hom vergoeding vir die verlies van die oeste en uitgawes deur derde respondent belowe is, en aangesien hy die regsadvies van die derde respondent nie betwyfel nie, het hy die plase ontruim. Dit blyk dat dit gedurende Maart 1962 gebeur het.

Hofmeyr R

Die bogemelde koopkontrak tussen eerste respondent en die vierde respondent (met medewerking van tweede applikant se destydse man, J. A v du Randt)...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • Commissioner for Inland Revenue v Dunlop South Africa Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...by that concession. Cf Van Rensburg v Van Rensburg en Andere 1963 (1) SA 505 (A) at 510A - B; Joubert en 'n Ander v Stemmet en Andere 1965 (3) SA 215 (O) at 217C - E; Argus Printing and Publishing Co Ltd v Die Perskorporaste van Suid-Afrika Bpk 1975 (4) SA 814 (A) at 822C - E. The appeal sh......
  • Abrahams v Abrahams
    • South Africa
    • Invalid date
    ...heard on specified issues in terms of the Rules of Court or to order the parties to trial. See Joubert en'n Ander v Stemmet en Andere 1965 (3) SA 215 (O). Mr Thomas, on behalf of the applicant, however, submitted that the dispute of fact which has arisen in this matter is immaterial because......
  • Furniture, Bedding & Upholstery Industry Bargaining Council, Greater Northern Region v Acraft Investments (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • October 10, 2007
    ...Free State Rule 9. Authorities on Rule 9 are equally applicable to the present Rule 6(5)(g). Vide: Joubert & Ano v Stemmet & Others, 1965 (3) SA 215 (O) per Hofmeyr J at p. "Ek meen dat die nuwe Hofreël, wat in die geval van die Vrystaat en Transvaal gewese Hofreël 9 vervang, nie bedoel is ......
  • Hattingh v Ngake
    • South Africa
    • Invalid date
    ...gewysdes is die gepaste bevel dat die aansoek met koste van die hand gewys moet word. (Sien Joubert en 'n Ander v Stemmet en Andere, 1965 (3) SA 215 (O) te bl. 218 - G Mej. van den Heever doen egter verder aansoek vir 'n bevel dat die applikant ook die respondent se prokureur-en-kliënt kost......
4 cases

4 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT