Janse Van Rensburg NO v AJ Liebenberg Trust

JurisdictionSouth Africa
JudgeCachalia J
Judgment Date29 October 2004
Docket Number9371/2003
CourtCape Provincial Division
Hearing Date29 October 2004
Citation2004 JDR 0641 (C)

Gauntlett Wrn R:

[1]

Wyle Abraham Johannes Liebenberg ('die testateur') was in lewe 'n vooraanstaande en welgestelde inwoner van Piketberg. In sy testament (wat op 9 September 1974 verly is) het hy 'n finansiële instelling (die opvolger waarvan tans deur applikant verteenwoordig word) asook 'n familielid as administrateurs aangestel van die trusts in sy testament geskep. 'n Aansoek is namens die trust (deur applikant met die ondersteuning van sy mede-trustee, Carel Anton van der Merwe Liebenberg) gebring, gemik hoofsaaklik op die moontlike aanwending van die cy près leerstuk ten aansien van die volgende bemaking in trust:

2004 JDR 0641 p2

Gauntlett Wrn R

"Aan die Tehuis vir Bejaarde Kleurlinge te Piketberg 'n kontant bedrag van R30 000,00 (Dertigduisend Rand) onderhewig aan die voorwaarde dat indien sodanige Tehuis nog nie opgerig is tydens my afsterwe nie dan moet hierdie legaat deur my Administrateure in trust gehou en belê word op dieselfde wyse soos hierintevore bepaal onder paragraaf (b) van klousule (7) en die rente kapitaliseer en hierdie legaat met rente aan voormelde Tehuis uitbetaal wanneer dit opgerig word."

[2]

Kragtens 'n bevel nisi wat vroeër deur hierdie hof uitgereik is, is belanghebbendes opgeroep om redes aan te voer waarom 'n bevel nie in die volgende terme bekragtig moet word nie:

1.1

"Dat die trustees indertyd van die A.J. Liebenberg Trust (Meesterverwysingsnommer T5191/83) gemagtig en gelas word om die netto balans van die fondse wat kragtens Klousule 9(f) van die testament van wyle Abraham Johannes Liebenberg (oorlede op 15 Julie 1983) wat deur gemelde A.J. Liebenberg Trust gehou en administreer word, aan die A.J. Liebenberg Tehuis vir Bejaardes te Piketberg oor te betaal;

1.2

Dat die bestuur van die A.J. Liebenberg Tehuis vir Bejaardes gemagtig en gelas word om alvorens hulle enige van die gelde, oorbetaal kragtens paragraaf 1.1 hierbo vir enige doel in die normale loop van sake aanwend, eers oorweging daaraan te gee of dit spesifiek gebruik kan word om akkommodasie en verblyf te voorsien aan sogenaamde Kleurlinge van die Piketberg gemeenskap, in ooreenstemming met die wense van wyle Abraham Johannes Liebenberg, soos beliggaam in klousule 9(f) van sy testament ...... "

Die hof het gelas dat die bevel op die A.J. Liebenberg Tehuis vir Bejaardes te Piketberg ("die A.J. Liebenberg Tehuis") en die Piketberg Dienssentrum vir Bejaardes en Gestremdes ("die Dienssentrum") beteken word. Voorts is daar bepaal dat publikasie van die bevel in 'n Kaaplandse dagblad geskied asook dat afskrifte van die bevel aan sowat 20 ander instellings (waarna daar aanstonds verwys sal word) per gesertifiseerde

2004 JDR 0641 p3

Gauntlett Wrn R

pos gestuur word.

[3]

Voor die hof op die keerdag is beide die Tehuis en die Dienssentrum verteenwoordig. Die Meester was ook die hof met altesaam drie verslae behulpsaam. Namens die A.J. Liebenberg Tehuis is daar aangevoer dat òf die bepalings van artikel 13 van die Wet op die Beheer van Trustgoedere, 57 van 1998, òf die cy près leerstuk aanwending vind, en dat die bemaking deur klousule 9(f) van die testament beoog nou die A.J. Liebenberg Tehuis behoort toe te kom. Namens die Dienssentrum is daar betoog dat die aansoek voorbarig is maar dat indien die cy près leerstuk of die wetsbepaling na die hof se oordeel aanwending vind, die Dienssentrum die trustbegunstigde behoort te word.

[4]

Cy près is 'n uitdrukking van duistere herkoms. [1] Die aanvaarde uitleg in beide die moderne Engelse en Suid-Afrikaanse trustreg is: "so na as moontlik". Daar is lankal deur ons howe bevind dat die leerstuk ook in Suid-Afrika geld [2] ; daar is 'n Romeins- en Romeins-Hollandse grondslag daarvoor [3] en dit mag selfs wees dat sivielregtelike en sogenaamde "common law" regssisteme die ontstaan daarvan in gemeen het [4] . Die wese van die leerstuk is gesaghebbend soos volg weergegee:

2004 JDR 0641 p4

Gauntlett Wrn R

"The substance of the doctrine, as applied to testamentary dispositions (including trusts), may be stated as follows: where (a) a testator has made a disposition of property for a charitable purpose, and (b) the purpose has been accomplished or the disposition fails because the purpose designated by the testator is not capable of accomplishment or because the particular mode of application of the property designated for the accomplishment of the purpose cannot be achieved, and (c) it appears that the testator had a general charitable intention overriding or transcending the designated purpose of the designated mode of application, then the court may authorize the application of the property cy près to a purpose as near as possible to that prescribed by the testator, or the substitution of a mode of application which conforms as closely as possible to the testator's general charitable intent." [5]

[5]

Art. 13 van Wet 57 van 1988 op sy beurt bepaal soos volg:

"Bevoegdheid van hof om trustbepalings te wysig. – Indien 'n trustdokument 'n bepaling bevat wat gevolge teweegbring wat die oprigter van 'n trust na die hof se oordeel nie beoog of voorsien het nie en wat -

1)

die bereiking van die oprigter se oogmerke belemmer, of

2)

die belange van bevoordeeldes benadeel; of

3)

in stryd met die openbare belang is,

kan die hof op aansoek van die trustee of enige persoon wat na die hof se oordeel voldoende belang by die trustgoed het, enige sodanige bepalings skrap of wysig of ten opsigte daarvan enige bevel gee wat daardie hof billik ag, met inbegrip van 'n bevel waarby bepaalde trustgoed deur bepaalde ander goed vervang word, of 'n bevel wat die trust beëindig."

[6]

Die tersaaklike feite – beide wat die wetsbepaling en die vraag of die cy près leerstuk toepassing vind – wat uit die stukke blyk is na my oordeel soos volg:

(1)

Die bemaking in klousule 9(f) van die testament vorm deel van 'n hele reeks bemakings, wat in hulle geheel soos volg lees.

"Ek bemaak die volgende legate: -

(a)

Aan Huis A.J. Liebenberg Tehuis vir Bejaardes te Piketberg 'n kontant bedrag van R40 000,00 (Veertigduisend Rand);

2004 JDR 0641 p5

Gauntlett Wrn R

(b)

Aan die Instituut vir Blindes (Blanke Afdeling) te Worcester 'n kontant bedrag van R25 000,00 (Vyf-en-Twintigduisend Rand);

(c)

Aan die Instituut vir Dowes (Blanke Afdeling) te Worcester 'n kontant bedrag van R25 000,00 (Vyf-en-Twintigduisend Rand);

(d)

Aan die Instituut vir Blindes (Nie-Blanke Afdeling) te Worcester 'n kontant bedrag van R15 000,00 (Vyftienduisend Rand);

(e)

Aan die Instituut vir Dowes (Nie-Blanke Afdeling) te Worcester 'n kontant bedrag van R15 000,00 (Vyftienduisend Rand);

(f)

[hierbo reeds aangehaal]

(g)

Aan die Vereniging vir Serebraal Verlamdes van die Wes-Kaap 'n kontant bedrag van R20 000,00 (Twintigduisend Rand);

(h)

Aan die Nasionale Kankervereniging van Suid-Afrika 'n kontant bedrag van R20 000,00 (Twintigduisend Rand);

(i)

Aan die Sinodale Kommissie van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika 'n kontant bedrag van R15 000,00 (Vyftienduisend Rand) vir binnelandse sending;

(j)

Aan die Sinodale Kommissie van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika 'n kontant bedrag van R15 000,00 (Vyftienduisend Rand) vir buitelandse sending;

(k)

Aan die Jan Kriel Tehuis vir Epileptici te Kuilsrivier 'n bedrag van R15 000,00 (Vyftienduisend Rand);

(l)

Aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk te Piketberg 'n kontant bedrag van R20 000,00 (Twintigduisend Rand) welke legaat moet afgesit word teen die bedrag wat ek aan gemelde Kerk geleen het;

(m)

Aan die Hospitaal te Piketberg 'n kontant bedrag van R40 000,00 (Veertigduisend Rand) onderhewig aan die voorwaarde dat indien sodanige hospitaal nog nie...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT