De Jager v Grunder

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn HR, Rumpff AR, Botha AR, Wessels AR en Hoexter Wn AR
Judgment Date02 December 1963
Hearing Date03 September 1963
CourtAppellate Division

G Steyn, H.R.:

Die vrae wat in geskil is, asook sekere feite in verband daarmee, blyk uit die uitspraak van my kollega HOEXTER.

Wat die eis vir skadevergoeding betref, gaan dit om die regte maatstaf, in 'n geval soos die onderhawige, vir die bepaling van die deliktuele vermoënskade wat die eiser (die respondent) moes bewys. Die advokaat vir H die appellant het nl. aangevoer dat die onderhawige kontrak behandel moet word soos enige ander ooreenkoms, dat die vermoënskade slegs uit die aangaan van die ooreenkoms ontstaan en dat die bestaan daarvan bepaal moet word deur wat die respondent luidens die kontrak as geheel prysgee, te stel teenoor wat hy ingevolge die kontrak as geheel verkry. Blyk dit uit so 'n vergelyking dat hy nie meer prysgegee het as wat hy verkry het nie, dan het hy niks verloor nie en kan hy niks verhaal nie. As ek hom reg verstaan, dan kom sy betoog daarop neer dat dit regtens die enigste grondslag is waarop die

Steyn HR

aanwesigheid van vermoënskade by bedrog in kontraktuele verband bepaal kan word. Hy steun m.a.w. op 'n beweerde regsreël wat in al sulke gevalle van toepassing is. Hierdie betoog maak dit nodig, meen ek, om nader in te gaan op wat deur hierdie Hof besluit is in Trotman and A Another v Edwick, 1951 (1) SA 443 (AA); Bill Harvey's Investment Trust (Pty.) Ltd v Oranjezicht Citrus Estates (Pty.) Ltd., 1958 (1) SA 479 (AA) en Scheepers v Handley, 1960 (3) SA 54 (AA).

In eersgenoemde saak het eiser as gevolg van 'n bedrieglike wanvoorstelling 'n perseel gekoop teen 'n prys wat £2,500 hoër dan die waarde daarvan was, en het daardie bedrag by wyse van skadevergoeding B geëis. In die Hof benede het die Verhoorregter in daardie saak bevind dat by 'n aksie op grond van bedrieglike wanvoorstelling die skade in die geval van 'n koop te vind is in die verskil tussen die prys wat betaal is en die billike waarde ten tyde van die koop. Nadat VAN DEN HEEVER, A.R., 'n ander voorgestelde basis van berekening verwerp het, bevind hy op bl. 449:

C 'On the facts before us it seems to me there can be only one logical answer: plaintiff was induced by fraud to buy for £11,212 10s. something which was worth no more than £8,930 and the loss he suffered was the difference.'

Die betoog dat so 'n maatstaf onbillik is omdat die prysfaktor kontraktueel bepaal word, onafhanklik van werklike waardes, het hy D verwerp. As rede daarvoor het hy bygevoeg dat die verweerder as gevolg van sy bedrog 'n wins van £2,282 10s. gemaak het, en met verwysing na Voet, 4.3.12, gesê:

'It would be a poor system of law which allowed such a person to retain the fruits of his fraud at the expense of the party deceived.'

E Hy het aanvaar dat die delikpleger die benadeelde in dieselfde posisie moet plaas as dié waarin hy sou gewees het as dit nie vir die delik was nie. Verder het hy hom (bl. 450) uitdruklik daarvan weerhou om 'n algemene formule vir berekening van skade in soortgelyke gevalle te bepaal, omdat gevalle hulle kan voordoen waarin ander faktore in aanmerking kom by die omvang van die skade wat uit bedrieglike F wanvoorstelling ontstaan. Dit is dus duidelik dat, howel die Hof in die omstandighede van genoemde saak die bestaan van vermoënskade bepaal het deur 'n vergelyking van die kontrakprys met die waarde van die gekoopte goed, d.w.s. van prestasie met teenprestasie, so 'n vergelyking nie gestel is as die enigste moontlike grondslag vir die bepaling van vermoënskade by 'n aksie van hierdie aard nie.

G Uit die Bill Harvey-saak blyk dit dan ook dat so 'n grondslag nie vir alle gevalle sou deug nie. In daardie saak het die eiser 'n sitrusplaas teen 'n prys wat aansienlik hoër dan die markwaarde was, gekoop, en het die verskil op grond van bedrieglike wanvoorstelling geëis. Die verweerder het die bedrog erken, maar ontken dat daar enige kousale H verband bestaan tussen die bedrog en die gevorderde skade, dat die verskil tussen die koopprys en die markprys ten tyde van die koop die maatstaf vir die skade is, en dat enige skade hoegenaamd gely is. Die wanvoorstelling was dat daar bepaalde getalle sitrusbome van bepaalde ouderdomme op 'n deel van die plaas is. In 'n vergelykende verwysing na die Trotman-saak, sê MALAN, A.R., op bl. 484:

'Two fundamental differences between the two cases emerge. Firstly, in Trotman's case the misrepresentations injuriously affected the value of the property as an indivisible whole whereas in the present case the representations did not

Steyn HR

so affect its value but affected it merely in respect of the portion to which the representations were directed. Secondly, in Trotman's case the causal connection between the misrepresentation and the damages awarded was clearly established whereas in the case under consideration the evidence is clear that the representation played no part in inducing the A plaintiff to pay the additional sum of £11,405. It is obvious that under the cloak of the misrepresentations the plaintiff is seeking to re-imburse himself, and thus escape the consequences of, a very disadvantageous transaction.'

Die Hof besluit (bl. 483) dat die vraag is hoeveel meer die eiser beweeg is om te betaal deurdat hy hom op die waarheid van die wanvoorstellings B verlaat het, en bevind (bl. 484) dat dit duidelik is dat hy, indien die ontbrekende bome op die plaas was, geen verlies sou gely het nie en dat dit daaruit volg dat die vergoeding wat hy kan vorder, die waarde van daardie bome is. Hoewel ook in hierdie saak aanvaar is dat die eiser meer dan die waarde van die grond betaal het, is daardie omstandigheid nie as 'n voorvereiste gestel vir 'n geslaagde aksie van hierdie aard C nie. Weereens het die Hof hom van so 'n algemene stelling weerhou, met die uitdruklike verklaring (bl. 483) dat die metode vir die vasstelling van vermoënskade in elke saak volgens sy eie feite bepaal moet word, en het volstaan met die bevinding dat die maatstaf vir skade ('the measure of damages') by so 'n aksie die werklike vermoënsverlies is wat die D koper as die redelike en natuurlike of die beoogde gevolg van die wanvoorstelling gely het. Uit die benadering van die skadeprobleem kan dit nie afgelei word dat die Hof die eiser vergoeding sou ontsê het indien dit nie geblyk het dat die koopprys meer dan die markwaarde was nie.

Ook in die Scheepers-saak is die maatstaf in die Trotman-saak nie E aangewend nie. Daar het die koper 'n plaas van 766 morg gekoop terwyl hy as gevolg van 'n valse voorstelling gemeen het dat die plaas 997 morg beslaan. Die prys was £16 per morg, bereken op 997 morg. Hy het £3,696 vergoeding geëis, d.w.s. die koopprys van die ontbrekende 231 morg. Die Verhoorhof het hom £2,310 toegeken, d.w.s. £10 per morg vir die F ontbrekende getal morge, met die hereregte wat hy op daardie bedrag betaal het. By appèl het hy aangevoer dat sy id quod interest die waarde van die ongelewerde deel van die merx is, en dat daardie waarde op £16 per morg te staan kom. Hierdie Hof het bevind (bl. 59) dat die eintlike vraag is hoeveel meer die koper beweeg is om te betaal deurdat hy hom op G die waarheid van die valse voorstelling verlaat het. Omdat daar verbeterings op die plaas was en die ontbrekende getal morge onverbeterde grond sou gewees het, is die koper se betoog verwerp en die skadeberekening van die Verhoorhof gehandhaaf. In hierdie saak is daar twee ander aspekte wat ek wil noem. Die een is dat die Hof uitdruklik by die bepaling van die vermoënskade die beginsel gevolg het wat van H toepassing sou gewees het by 'n kontraktuele eis vir 'n prysvermindering uit hoofde van 'n tekort in die grootte van gelewerde grond. Bedoelde beginsel is dat 'n hof eers die aard van die grond wat ontbreek, en dan, dienooreenkomstig, die waarde van die tekort moet bepaal. Die ander is dat die Hof bevind het dat die koper nie die waarde van die 766 morg wat hy ontvang het, bewys het nie, en dat die maatstaf in die Trotman-saak gevolglik geen aanwending kon vind nie, al sou die Hof veronderstel dat dit in casu gevoeglik toegepas kon word.

Steyn HR

In geeneen van bogenoemde sake is daar enige melding van so'n vergelyking van prestasiewaardes as altyd geldige voorvereiste nie. In die Scheepers-saak is inderdaad van so 'n vereiste afgesien en in beide die Trotman - en die Bill Harvey-saak is inteendeel beklemtoon dat A geen algemene reël neergelê word nie en dat skade in elke saak volgens eie feite bepaal moet word. Dit, sou ek meen, is geredelik te begryp. Die bestaan en omvang van skade is 'n feitevraag, en daar is so 'n verbluffende verskeidenheid van moontlike gevalle van bedrogskade in kontraktuele verband, d.w.s. nie net by koopkontrakte nie, maar ook by B ander kontrakte, dat dit onwenslik wou wees, indien nie gevaarlik nie, om hulle almal in 'n enkele eenselwige patroon te wil indwing. Wat bewys moet word, is werklike skade, in kousale verband met die bedrog, en om te sê dat werklike skade, in so 'n verband, alleen kan blyk uit 'n waardevergelyking tussen prestasie en teenprestasie, en uit niks anders nie, is na my oordeel onjuis. Die bestaan van skade moet bepaal word C volgens die feite van die besondere geval, en sou, na gelang van die geval, ook op 'n ander wyse bepaal kan of moet word. Die moontlikheid dat skade met 'n kontraktueel verhaalbare bedrag kan ooreenstem, sonder dat dit tuis te bring is onder so 'n waardevergelyking, kan nie uitgesluit word nie. Dit blyk, meen ek, uit die geval in die Scheepers-saak behandel. Die afwesigheid in daardie geval van die D ontbrekende morge waarvoor die eiser moes betaal, en wat ook tot 'n kontraktuele vordering aanleiding kon gegee het, was geen denkbeeldige skade nie, maar werklike skade. 'n Ander geval van 'n ooreenstemmende skadebegrip is te vind in Corbett v Harris, 1914 CPD 535, wat gegaan het oor 'n quanti minoris-eis ten aansien van die koopprys van 'n E Karooplaas waarop daar ongeveer ses morg minder gevestigde lusern was dan deur die verkoper by kontraksluiting...

To continue reading

Request your trial
40 practice notes
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Botes v Van Deventer 1966 (3) SA 182 (A); Union Government (Minister of Railways & Harbours) v Warneke 1911 AD 657; De Jager v Grunder 1964 (1) SA 446 (A); Vlotman v Landsberg (1890) 7 SC 301; Berkemeyer v Woolf 1929 CPD 235; West Rand Estates Ltd v New Zealand Insurance Co Ltd 1926 AD 173;......
  • Standard Chartered Bank of Canada v Nedperm Bank Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...after the commission of the delict and the value it would have had if the delict had not been committed.' (See also De Jager v Grunder 1964 (1) SA 446 (A) at 449E and 456G; F Erasmus v Davis 1969 (2) SA 1 (A) at 9A.) In a subsequent English case, The Lash Atlantico [1987] 2 Lloyd's Rep 114 ......
  • National Director of Public Prosecutions v Phillips and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Unions v Minister for the Civil Service [1985] AC 374 (HL) ([1984] 3 All ER 935): dictum at 401B - C (AC) applied De Jager v Grunder 1964 (1) SA 446 (A): referred to De Lange v Smuts NO and Others 1998 (3) SA 785 (CC) (1998 (7) BCLR 779): compared I Director of Public Prosecutions: Cape of ......
  • National Director of Public Prosecutions v Phillips and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...promises to give the donee something with no wish for any significant return. Avis v Verseput 1943 AD 331 at 348; De Jager v Grunder 1964 (1) SA 446 (A) at 464; a gift is often used to describe the benefit given: Estate Sayle v CIR 1945 AD 388; a donation must result in the impoverishment o......
  • Request a trial to view additional results
40 cases

40 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT