Income Tax Case No: 10204

JurisdictionSouth Africa
JudgeWunsh R
Judgment Date30 May 1996
Citation1997 JDR 0124 (ITCSpecCrtT)
Docket Number10204
CourtTransvaal Income Tax Special Court

Wunsh R:

Gedurende die jaar van aanslag wet geëindig het op 28 Februarie 1990 ("die jaar") was die appellant 'n vennoot in tn prokureursfirma wet sy praktyk te A beoefen het. Dit blyk van die finansiële state wet sy inkomstebelastingopgawe vir die jaar vergesel het dat die appellant en sy vier vennote die wins van die vennootskap gelyk gedeel het.

Die appèl betref die appellant se beswaar teen die afwysing deur die Kommissaris van Binnelandse Inkomste ("die Kommissaris") van

1997 JDR 0124 p2

Wunsh R

'n aftrekking van uitgawes wet die appellant gedurende die jaar aangegaan het op 'n reds na Europa. In sy opgawe het die appellant sy eis as volg onder die opskrif "Ander Uitgawes" gestaaf:


"Opknappingskursus te Londen -

geëis in terme van ITC 1433

R9 353

Kursusgelde

778

Vliegkaartjie

3 089

Verblyf

3 886

Motorhuur

1 600

Die indruk wet 'n mens sou kry dat die onkoste aangegaan is in verband met 'n kursus word bevestig deur 'n brief wet die appellant op 25 April 1991 aan die Ontvanger van Inkomste, Vereeniging geskryf het in antwoord op 'n navraag van die Ontvanger onder die opskrif "Insake: Opknappingskursus te Londen R9 353,00 ..."

"1.4

Die kennis opgedoen in hierdie kursus is direk gebruik in arbeidsake van die groot firmas soos in 1.1 hierbo genoem. (sit verwys na etlike groot maatskappye wet kliente van die praktyk was.)

1.5

'n Verdere uitvloeisel van hierdie kursus is sukses in hofsake oor arbeidsreg, asook dat ek in die nuwe belastingjaar deur die Universiteit genader is om op 'n deeltydse basis klasse aan te bled wet ook 'n addisionele inkomste verseker. (volgens die appellant

1997 JDR 0124 p3

Wunsh R

se getuienis was dit die Universiteit van Potchefstroom.)

1.6

Ek wil u dus verseker dat hierdie kursusondervinding direk in die produksie van inkomste aangewend is.

1.7

Die kursus word ook na aanleiding van ITC1433, wet oor dieselfde geval handel, geëis. (Afskrif vir u inligting word hierby aangeheg.)

2.

waaroor het die kursus gehandel?

2.1

Die kursus het oor arbeidsreg gehandel, soos ook op vraag 1 aan u verduidelik is, met spesifieke verwysing na 'Redundancy'."

In teenstelling met die indruk wet deur hierdie dokumentasie gewek is het die appellant glad nie 'n kursus bygewoon nie. Dit is voldoende om sy getuienis kortliks weer te gee. Die appellant het hom bekwaam as 'n spesialis op die gebied van die arbeidsreg en was begerig om sy kennis uit te bred. Die vennootskap het 'n aantal groot kliente in die vertakking van die regspraktyk gehad. Voor en gedurende die jaar was daar groot veranderings in die arbeidsreg in Suid-Afrika met betrekking veral tot personeelvermindering ("redundancies" en "retrenchments"). Daar was beperkte bronnemateriaal beskikbaar in Suid-Afrika oor hierdie onderwerp. Nie alleen het kliente advies nodig gehad in verband met gedingvoering met unies en werknemers nie, maar

1997 JDR 0124 p4

Wunsh R

werkgewers was ook betrokke by onderhandelings met vakunies en moes geadviseer word hoe om 'n nuwe bedeling te benader. Dit was nodig vir kliënte om ingelig en bygestaan te word met hulle strategiese beplanning met betrekking tot arbeidsverhoudings. Die appellant het in sy getuienis beweer dat, as gevolg van 'n ekonomiese boikot teen Suid-Afrika voor die verandering in die politieke bedeling, wet eers in 1990 'n aanvang geneem het, dear min geskrewe materiaal beskikbaar was wet praktisyns of ander regsgeleerdes in hierdie vertakking van die reg (en blykbaar ook in ander onderwerpe) kon bekom. Hierdie bewering word verwerp. Die boikot het glad nie akademiese materiale of verslae in die reg geraak nie. Enige per soon wet hofverslae of literatuur in enige aspek van die reg wou bekom kon baie maklik navraag doen by die bekende uitgewers in Europa en ek weet van geen teksboekhandelaar wet geweier het om publikasies aan Suid-Afrikaners te verkoop nie. Die appellant het beweer dat, gesien die tekort aan materiaal in Suid-Afrika en die vereiste dat hy sy kennis van die reg met betrekking tot personeelvermindering moes opknap, hy besluit het om Europa te besoek, vergesel van sy vrou. Hy en sy het ses weke gedurende die Desember-Januarie vakansie in Europa deurgebring. Hulle het in verskeie verblyfplekke akkommodasie gehad en 'n motor gehuur om van een plek na die ander te reis. Die appellant het geen professore, dosente of akademici geraadpleeg of besprekings met hulle gevoer nie. Al wat hy gedoen het was om vir twee dae 'n afdeling van die Universiteit van Londen te besoek en hy was een dag by die Universiteit van Oxford en een dag by 'n universiteit in...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT