"In God we trust, all others pay cash" : toegerekende kennis by kontraksluiting : chronicle

AuthorO. van Zyl
Pages131-144
DOI10.10520/EJC51190
Date01 January 2004
Published date01 January 2004
O van Zyl
“In God we trust, all others pay
cash”: toegerekende kennis by
kontraksluiting*
1. Inleiding
“Hierdie is ’n vraagstuk waarop ek geen mening gee nie,” is die antwoord
wat regter Farlam gee in die appèluitspraak van
Nieuwoudt v Vrystaat
Mielies
1ten opsigte van die vraag: kan die Turquand-reël toegepas word
op ’n trust? Die regter skep met hierdie vermyding van ’n antwoord
regsonsekerheid oor die Turquand-reël. Juis hierdie regsonsekerheid vorm
die sentrale vraagstuk waaroor hierdie kroniek handel.
As ’n derde met ’n maatskappy of ’n maatskappyverteenwoordiger
kontrakteer, hoef hy hom nie te vergewis van die regsbevoegdheid van die
maatskappy nie. Artikel 36 van die
Maatskappywet
2beskerm die derde.
Soortgelyk hoef daardie derde hom nie te bekommer oor ongerymdhede
met betrekking tot die interne bestuur van die maatskappy nie. Beskerming
word deur die Turquand-reël gebied, behalwe ten opsigte van sekere
uitsonderings.3Maar wat van die beskerming van ’n derde wat met ’n trust
kontrakteer?
Hierdie kroniek vergelyk die hofbevinding van
Vrystaat Mielies v
Nieuwoudt
4met die teenstrydige appeluitspraak in
Nieuwoudt v Vrystaat
Mielies
.5Eerstens word gekyk na die feite en uitspraak in
Vrystaat Mielies v
Nieuwoudt
,6gevolg deur die appéluitspraak.Aangesien die ondernemingsvor m
ter sprake ’n besigheidstrust is, sal daar kortliks gelet word op wat ’n
Kronieke • Chronicles
1 2004 1 ALL SA 396 SCA.
2 Wet 61/1973.
3 Sien par 4.
4 2003 2 SA 262 O.
5 2004 1 ALL SA 396 SCA.
6 2003 2 SA 262 O.
O van Zyl, Departement Handelsreg, Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van
die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300.
* Gebaseer op LLB skripsie 2004

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT