Herverdelingsooreenkomste in die beredderingsproses van bestorwe boedels

AuthorS.J. Claassens
DOI10.10520/EJC51192
Published date01 January 2004
Date01 January 2004
Pages36-102
SJ Claassens, Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van die Vrystaat.
Tydskrif vir Boedelbeplanningsreg 2004-2005(1)
: 36-102
SJ Claassens
Herverdelingsooreenkomste in die
beredderingsproses van bestorwe
boedels*
Redistribution agreement in the administration of deceased
estates
A redistribution agreement can be a useful alternative to the other methods of
liquidation of a deceased estate. In particular circumstances, the application of a
redistribution agreement can obviate the undesirable consequences of co-
ownership or unpractical allocation of assets to the detriment of beneficiaries,
which may even give rise to hardship.It is a unique arrangement in the sense that it
is something more than a stereotype contract where the beneficiaries, and in
appropriate instances a surviving spouse, may freely contract with each other, but
may encompass elements of sale, exchange or donation that could serve as “vehicles”
for the reallocation of assets. It must be the intention of the parties to re-allocate
their vested rights in the estate assets concerned and, to a certain extent, “trade”
with these rights.
It appears that greater emphasis is placed upon the implementation of the
statutory enactments than upon the origins of the redistribution agreement in
Roman- and Roman Dutch Law.The statutory measures are not a codification of
the rules governing redistribution agreements, and its ambit and implementation in
the estate administration process should be viewed within a wider context.The
different agreements that are used in contemporary South African law are the
following: i) The statutory redistribution agreement involving immovable property in
respect of which the provisions of section 14(1)(b)(iii) and (iv) of the Deeds
Registration Act apply; ii) The common law redistribution agreement involving
movable property and to which the common law and case law applies, and iii)
Combined redistribution agreements involving movable as well as immovable property
to which statutory provisions, common law and case law applies.
The
essentialia
of a redistribution agreement can be summarised as follows: i) It
must be an agreement between the beneficiaries of a deceased estate and, if
applicable, the surviving spouse of the deceased, involving particular assets in
respect of which the contracting parties have a vested right, either in terms of a will
* Hierdie artikel is gebaseer op ’n LLM-skripsie aan die PU vir CHO.
37
Claassens / Herverdelingsooreenkomste in die beredderingsproses
or according to the rules of intestate succession. ii) A redistribution agreement must
deal with the assets of the deceased estate or with movable property outside the
estate that may be introduced by a party to the agreement for purposes of
equalising the allocation of assets. iii) The intention of the beneficiaries taking part
in the agreement to re-allocate estate assets must be clear.
This new legal milieu brought about by the Constitution and the Bill of Rights poses
interesting challenges for the further development of the redistribution agreement
which, through the centuries, served a useful purpose towards the relief of estate
beneficiaries from the inconvenience, and often from hardship, caused by co-
ownership or a distribution of assets among beneficiaries which would otherwise be
unpractical or unacceptable.
1. Inleiding
Herverdelingsooreenkomste speel ’n waardevolle rol as ’n metode van
likwidasie in die boedelberedderingsproses. Dit bied ’n uitweg aan begunstigdes
om bepaalde probleme wat as gevolg van mede-eiendomsreg ontstaan te
voorkom, onpraktiese resultate te vermy of om ongerief vir begunstigdes
te spaar.Dit is ’n unieke regsverskynsel, omdat daar met die herskommeling
van die bates tot ’n sekere mate afgewyk word van die uitdruklike bepalings
van die testament.
Artikel 14(1)(b)(iii) en (iv) van die
Registrasie van Aktes Wet
47 van
19371maak voorsiening dat waar die boedelbates bestaan uit
onroerende eiendom, die eksekuteur ’n herverdelingsooreenkoms in die
boedelberedderingsproses kan inkorporeer. Hierdie statutêre bepaling het
aanleiding gegee tot verskeie hofuitsprake en bespreking deur skrywers.
Dit wil voorkom asof daar in hierdie besprekings ’n groter klem gelê
word op die toepassing van die statutêre maatreëls as op die naspeuring
en bespreking van die eintlike oorsprong van die herverdelingsooreenkoms
wat ’n veel groter en omvangryke begrip in die Romeinse- en die Romeins-
Hollandse reg was.
Statutêre bepalings met betrekking tot die herverdelingooreenkoms
behoort nie in isolasie gesien te word nie en is nie ’n kodifikasie van die
regsreëls ten opsigte van die aanwending van die herverdelingsooreenkoms
in die Suid-Afrikaanse reg nie.
Die Suid-Afrikaanse wetgewer het geen voorsiening gemaak vir gevalle
waar ’n herverdelingsooreenkoms met betrekking tot roerende bates in ’n
bepaalde boedel genoodsaak word en daar geen onroerende bates in die
boedel is nie.
1 Hierna verwys as die
Akteswet
.
38
Tydskrif vir Boedelbeplanningsreg 2004-2005(1)
’n Boedel bestaan meestal nie net uit onroerende of net uit roerende
bates nie en is daar gewoonlik ’n verskeidenheid van boedelbates
teenwoordig. Die vraag is of ’n herverdelingsooreenkoms in so ’n geval
gedeeltelik deur die voorskrifte van artikel 14(1)(b)(iii) en (iv) van die
Akteswet
en gedeeltelik onder die gemeenregtelike beginsels wat op roerende bates
betrekking het, beheers sal word? Indien wel, is die vraag op watter wyse
die toepasbaarheid van die statutêre en die gemeenregtelike reëls met
mekaar versoen word ten einde die ooreenkoms regsgeldig en prakties
uitvoerbaar te maak?
Die oogmerk met hierdie studie is om die reg en praktyk met
betrekking tot die herverdelingsooreenkoms as ’n metode van likwidasie
van bestorwe boedels in Suid-Afrika te ontleed, saam te vat en te sistematiseer.
’n Beknopte oorsig oor die toepaslike grondslae in die Romeinse- en Romeins-
Hollandse reg word gegee ten einde die herverdelingsooreenkoms in
gemeenregtelike konteks te plaas en ten slotte word gepoog om die
herverdelingsooreenkoms ook kortliks in grondwetlike perspektief te plaas.
2. Historiese ontwikkeling van die
herverdelingsooreenkoms in die Romeinse- en
die Romeins-Hollandse Reg
Die herverdelingsooreenkoms is nie ’n statutêre skepping van die wetgewer
nie, maar ’n verskynsel wat deur die Romeine2(selfs ook deur die Grieke
2 In 1928
SALJ
52 in ’n vonnisbespreking bespreek die skrywer, wat slegs as MdV
(waarskynlik Melius de Villiers) aangetoon word, die saak van
Jayawickreme v
Amarasurija
(119 LT 499) en noem krities dat alhoewel die hof beslis het dat
die verdelingsooreenkoms aangegaan tussen die kinders van die erflater
geldig is, dit so aanvaar is op die gronde van “rational motive of generosity”.
Die beginsels van die Romeinse- en Romeins-Hollandse reg is misken en sou
die regsreëls toegepas gewees het, sou die eindresultaat makliker vindbaar en
juridies korrek gewees het. Die skrywer verwys na ’n Romeinsregtelike voorbeeld
komende van die
Codex
2.4.2 waar Keiser Antoninus die volgende gesê het:
Since you assert that you entered into a compromise with your sister
about the inheritance and on that account undertook in writing to owe
her certain sum of money, even though there had been no dispute about
the inheritance, yet, when a compromise had been effected through a
fear of litigation, the agreement is deemed to have been entered into
effectively.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT