Grundling v Van Rensburg NO

JurisdictionSouth Africa
JudgeConradie Wn R
Judgment Date16 March 1984
CourtWitwatersrand Local Division

Conradie Wn R:

Die applikant is 'n predikant van die Nuwe E Protestantse Kerk in Afrika. Vir die afgelope ses jaar was hy leraar in die Carletonville-gemeente.

Die applikant doen aansoek vir die hersiening en tersydestelling van 'n beslissing van die Westelike Ring van die Protestantse Kerk in Afrika ("die Ring") waarkragtens hy F vir 'n onbepaalde tyd uit sy amp as leraar van die gemeente geskors is.

Gedurende Mei 1983 het die applikant 'n brief van die Ring ontvang waarin hy meegedeel word dat die Ringskommissie 'n nadelige gerug kragtens art 217 van die Kerkorde teen hom ondersoek.

Die Ringskommissie bestaan uit drie lede wat op 'n G ringsvergadering verkies word. Een van die funksies van die Ringskommissie ingevolge art 120.3 van die Kerkorde is om alle tugsake wat in die eerste instansie die verantwoordelikheid van die Ring is, voorlopig in ooreenstemming met die tugkode te hanteer.

Conradie Wn R

A Die Ring is 'n onderlinge verbinding van naburige gemeentes met die oog op behoorlike kerklike dissipline, welsyn en uitbreiding. Dit is een van die drie kerklike vergaderings - die ander twee is die Kerkraad en die Sinode.

Die Ringskommissie se bevoegdhede en pligte met betrekking tot B tugaangeleenthede word in art 217 uiteengesit. Ek haal dit in sy geheel aan:

"Artikel 217

Klagtes wat in eerste instansie voor die Ring dien.

217.1 Wanneer die voorsitter van die Ring 'n klag of kennis van 'n nadelige gerug in verband met iemand wat onder die tug van die Ring val ontvang, moet die Ringskommissie ondersoek instel of in geval van C predikante en amptenare wat in sinodale diens staan moet die betrokke toesighoudende sinodale kommissie versoek word om so spoedig moontlik voorlopige ondersoek in te stel.

271.2 Die Ringskommissie moet so spoedig moontlik na die ontvangs van die klag of na die ontvangs van die voorlopige ondersoek van die toesighoudende sinodale D kommissie vergader om ondersoek in te stel. Indien een van die lede van die Ringskommissie in die saak betrokke is, of een van sy huisgesin of familielede in die eerste of tweede graad, word die secundus in sy plek opgeroep.

217.3 In die ondersoek van die Ringskommissie word klaer en beklaagde met hulle getuies opgeroep om voor hom te verskyn ten einde alle lig op die saak te ontvang. Kerkrade en lidmate is verplig om alle moontlike inligting waaroor hulle beskik op aanvraag aan die E Ringskommissie voor te lê.

217.4 Die Ringskommissie moet sy bevinding van die ondersoek op skrif stel. Indien die Ringskommissie oordeel dat die saak van 'n ernstige aard is en nie van alle grond ontbloot is nie, moet dit deur die volle Ring behandel word. In so 'n geval stel hy konsiderasies vir die Ring op en roep so spoedig moontlik 'n vergadering van die Ring byeen, met oproeping van die betrokke partye en hulle getuies.

F 217.5 Oordeel die Ringskommissie dat die klag of gerug ongegrond is, wys hy dit voorlopig van die hand met kennisgewing aan die klaer en beklaagde. Die bevinding bly van krag totdat die Ring dit by sy eersvolgende gewone of buitengewone vergadering bekragtig of verwerp. Die klaer het die reg om hom binne drie weke na die bevinding van die Ringskommissie op die Ring te G beroep met die indiening van alle stukke wat op die saak betrekking mag hê. Die Ring word dan byeengeroep om die saak te behandel.

217.6 By die behandeling van die klag voor die Ring word al die stukke en die verslag van die Ringskommissie aan die vergadering voorgelê. Aan klaer en beklaagde word billike geleentheid gegee om met hulle getuies hulle saak voor die vergadering te stel of die aanklag te weerlê."

Die applikant is sekere vrae gevra waarop hy die geleentheid H gegee is om te antwoord, maar die aard of inhoud van die nadelige gerug is nie aan hom bekend gemaak voordat die voorlopige ondersoek afgehandel is nie.

Die respondent beweer dat dit kan gebeur dat 'n gerug ongegrond bevind word. Juis daarom openbaar die Ringskommissie nie die I aard en inhoud van 'n gerug alvorens hy sy ondersoek voltooi en bevind het dat die saak van 'n ernstige aard en nie van alle grond ontbloot is nie. Dit is tot so 'n persoon se beskerming, sê die respondent, dat 'n gerug wat vals bevind mag word, van hom weerhou word.

Indien art 217 van die Kerkorde vereis dat 'n gerug (of klag) openbaar gemaak moet word, is die rede waarom dit nie gedoen is nie

Conradie Wn R

irrelevant en sou die versuim, behoudens wat ek weldra daaroor A sal sê, op 'n growwe onreëlmatigheid neerkom.

Nadat hy die applikant en sekere ander persone ondervra het, het die Ringskommissie 'n skriftelike verslag aan die Ring voorgelê. Na voorlegging van die verslag, is die applikant vir die eerste keer in kennis gestel van die nadelige gerug teen hom, naamlik "dat die gemeente van Carletonville besig is om B ten gronde te gaan en dat die predikant daarvoor verantwoordelik gehou kan word".

'n Ringsvergadering waartydens die applikant die geleentheid gebied is om sy saak voor te lê, is op 20 en 26 Augustus 1983 gehou. Die bevinding van die Ring was dat die applikant

"nagelaat het om die werk van die Here so te doen dat dit kon lei tot die behoud van die gemeente en die uitbreiding van die C Koninkryk van God binne die gemeentegrense".

Hierdie beslissing was gelykluidend met die bevinding van die Ringskommissie.

Die tug wat die Ring opgelê het, is dat die applikant vir 'n onbepaalde tyd uit sy amp geskors word met verlies van traktement en ander voordele.

D Mnr De Villiers namens die respondent het betoog dat dit slegs vir die Ringskommissie nodig is om iemand aan te hoor as daar 'n klag teen hom ingedien word. Iemand ten opsigte van wie 'n gerug ondersoek word, is nie 'n "beklaagde" nie en het gevolglik geen reg om van die gerug verwittig te word of om hom tydens die Ringskommissie se ondersoek daarteen te verweer nie. E Hierdie geleentheid kry hy eers wanneer daar bevind word dat "die saak van 'n ernstige aard is en nie van alle grond ontbloot is nie" en ten gevolge van so 'n bevinding deur die volle Ring behandel word.

Hy het aangevoer dat sommige van die subartikels van art 217 slegs met "klagtes" handel, dit wil sê gevalle waar 'n F spesifieke beswaar deur iemand (die klaer) teen iemand anders (die beklaagde) aanhangig gemaak word. Mnr De Villiers se argument het hom genoop om subartikels van art 217 so uit te lê dat sommige betrekking het net op 'n gerug en ander weer op beide 'n gerug en 'n klag. In sommige gevalle het een sin van 'n subartikel, volgens hierdie uitleg, betrekking op 'n gerug G en die ander sin of sinne op sowel 'n gerug as 'n klag. In die geval van die eerste sin van art 217.5 wat lui:

"Oordeel die Ringskommissie dat die klag of gerug ongegrond is, wys hy dit voorlopig van die hand met kennisgewing aan die klaer en beklaagde",

sê mnr De Villiers dat die eerste deel van die sin handel met 'n gerug en 'n klag, maar dat die tweede gedeelte betreffende kennisgewing slegs slaan...

To continue reading

Request your trial
7 practice notes
  • Administrator, Cape, and Another v Ikapa Town Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 680 - 1; Re Energy Probe and Atomic Energy Control Board 8 DLR (4th) 735 (Canada) at 739 - 40; Grundling v B Van Rensburg NO 1984 (4) SA 680 (W) at 689B - C; Wiseman v Borneman 1971 AC 297 (HL) at 308 ([1969] 3 All ER 275); Re Pergamon Press Ltd 1971 Ch 388 at 399 ([1970] 3 All ER 535 at......
  • Foster v Chairman, Commission for Administration, and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...an end to any further progress' for applicant, the view was G expressed by Conradie AJ (as he then was) in Grundling v Van Rensburg NO 1984 (4) SA 680 (W) at 689B-C '(d)ie toets vir die aanwending van die reëls van natuurlike geregtigheid . . . is nie of 'n gesagsliggaam se bevinding voorlo......
  • Oosthuizen's Transport (Pty) Ltd and Others v MEC, Road Traffic Matters, Mpumalanga, and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 2005 (6) SA 313 (SCA) (2005 (10) BCLR 931; [2005] 3 All SA 33): dictum in para [23] applied Grundling v Van Rensburg NO 1984 (4) SA 680 (W): referred to G Minister of Health and Another v New Clicks SA (Pty) Ltd and Others 2006 (2) SA 311 (CC) (2006 (1) BCLR 1): dicta at 95 - 6, ......
  • Foster v Chairman, Commission for Administration, and Another
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 24 Junio 1991

  • Request a trial to view additional results
7 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT