Grobler v Die Landdros, Winburg

JurisdictionSouth Africa

Grobler v Die Landdros, Winburg
1967 (4) SA 423 (A)

1967 (4) SA p423


Citation

1967 (4) SA 423 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Botha AR, Williamson AR, Potgieter AR, Milne Wn AR en Bekker Wn AR

Heard

August 17, 1967

Judgment

August 28, 1967

Flynote : Sleutelwoorde A

Appèl — Teen 'n beslissing in 'n landdroshof — Aansoek om 'n skriftelike vonnis — Voldoening aan Reël 47 (1) van die Reëls op Landdroshowe, soos gewysig — Wat daarop neerkom — Geld moet ook betyds betaal word — Tydperk van vier dae — Saterdae ingesluit — Kennisgewing van appèl na voltallige Hof ingedien — Toestemming ingedien tot 'n regstreekse appèl na die Appèlafdeling — Appèlafdeling bevoeg om appèl aan te hoor — Wet 59 van 1959, art. 20 (3).

Headnote : Kopnota

Waar, met die oog op 'n moontlike appèl, 'n landdros versoek word om 'n skriftelike vonnis by die klerk van die hof in te dien, moet aan al die vereistes voorgeskryf in Reël 47 (1) van die Reëls op Landdroshowe soos gewysig, voldoen word, en 'n skriftelike versoek voldoen nie aan die vereistes van die Reël nie tensy die inbetaling van R6 ook binne vier dae geskied. Die administratiewe instelling van 'n vyfdaagse werksweek het nie die gevolg dat 'n tydperk van vier dae wat op 'n Saterdag eindig tot die aanstaande Maandag verleng word nie.

Daar is niks in artikel 20 (3) van Wet 59 van 1959 waarvolgens die

indiening van 'n kennisgewing van appèl na die voltallige Hof van 'n Provinsiale Afdeling voor die indiening van die kennisgewing van toestemming van die partye tot 'n regstreekse appèl na die Appèlafdeling, die regsbevoegdheid van die Appèlafdeling ontneem wat andersins ingevolge artikel 20 (3) aan hom verleen word om die betrokke appèl aan te hoor nie.

Die beslissing in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling in Grobler v Die Landdros, Winburg, bevestig.

Flynote : Sleutelwoorde

Appeal — Against a decision in a magistrate's court — Application for a written judgment — Compliance with Rule 47 (1) of the Magistrates' Courts Rules, as amended — What constitutes — Money must also be paid timeously — Period of four days — Saturdays included — Filing of notice of appeal to Full Bench — Consent filed for appeal direct to Appellate Division — Appellate Division competent to hear appeal — Act 59 of 1959, sec. 20 (3).

Headnote : Kopnota

Where, with a view to a possible appeal, a magistrate is requested to deliver to the clerk of the court a written judgment, all the requisites prescribed in Rule 47 (1) of the Magistrates' Courts Rules, as amended, must be complied with, and a written application does not comply with the requirements of the Rule unless the payment of R6 also takes place within four days. The administrative inauguration of a five-day working week does not result in a period of four days ending on a Saturday being extended to the following Monday.

There is nothing in section 20 (3) of Act 59 of 1959 in terms of which the filing of a notice of appeal to the Full Bench of a Provincial Division, before the filing of a notice of consent by the parties to an appeal direct to the Appellate Division, deprives the Appellate Division of its competence, which is otherwise conferred on it under section 20 (3), to hear the appeal in question.

The decision in the Orange Free State Provincial Division in Grobler v Die Landdros, Winburg, confirmed. E

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling (SMIT, R.P.). Die feite blyk uit die uitspraak van BOTHA, A.R.

M. T. Steyn, S.C., namens die appellant: Reël 47 (1) verleen aan appellant die reg om binne vier dae na uitspraak en voordat hy appèl aanteken, in geskrif te versoek dat die respondent 'n geskrewe uitspraak

1967 (4) SA p424

spraak lewer. Hierdie vier dae tydperk het, indien Saterdae bygereken word, verstryk op Saterdag, 19 November 1966. Sien Jones en Buckle, Civil Practice of the Magistrates' Courts in S.A., 6de uit., bl. 359 — 360; art. 4 van Wet 33 van 1957. Dit is gemene saak dat alle A landdroskantore, insluitende dié te Winburg, sedert 1964 op Saterdae gesluit is in terme van omsendbrief 41/1964 van 24 Julie 1964 waardeur die Minister van Justisie 'n vyfdaagse werksweek in die Departement van Justisie afgekondig en ingestel het. Op 17 November 1966 het appellant, deur middel van sy prokureur, 'n geskrewe versoek aan respondent gerig B om sy uitspraak te lewer ingevolge Reël 47 (1) maar hierdie versoek is deur respondent van die hand gewys omdat die betaling van R6 nie by die brief ingesluit was nie. Op Maandag, 21 November 1966 het appellant se prokureur die som van R6 per tjek aan respondent gestuur, maar hierdie some is deur laasgenoemde teruggestuur omrede dit na sy mening nie binne die voormelde tydperk van vier dae inbetaal is nie en die C geskrewe uitspraak wat aangevra is derhalwe nie gelewer kan word nie. By die berekening van die voormelde vier dae tydperk word dit uitdruklik bepaal dat Sondae en openbare feesdae nie bygetel word as deel van die betrokke tydperk nie. Sien Reël 2 (a); Jones & Buckle, op. cit. te bl. 358. Die Reëls van die Landdroshowe, insluitende Reëls 2 (a) D en 47 (1), is in werking gestel meer as twintig jaar gelede op 'n tydstip toe landdroshowe nog Saterdae oop was vir lede van die publiek. Die Reëls van die Landdroshowe is ingestel nie alleen ten gunste van die Staat nie, maar ook ten gunste van die publiek. Dit is duidelik dat die versoek om die geskrewe uitspraak in terme van Reël 47 (1) by die E betrokke landdroskantoor ingedien moet word en dat dit derhalwe alleenlik gedoen kan word op dae wanneer die landdroskantoor vir lede van die publiek oop is. Die bedoeling van die Wetgewer, met die opstel van Reël 2 (2), was dat alleenlik dae waarop landdroskantore vir die verrigting van sake oop is moet tel by die berekening van tydperke waarbinne sekere stappe wat deur die Reëls...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • Snyman v Crouse en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...vir hierdie gevolgtrekking nodig is, is dit volgens my oordeel 1980 (4) SA p46 Flemming R te vinde in Grobler v Die Landdros, Winburg 1967 (4) SA 423 (A) te 428A - D. Volgens my interpretasie laat daardie dictum nie ruimte vir die A onderskeid wat applikant aanvoer nie, naamlik dat nie-beta......
1 cases
  • Snyman v Crouse en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...vir hierdie gevolgtrekking nodig is, is dit volgens my oordeel 1980 (4) SA p46 Flemming R te vinde in Grobler v Die Landdros, Winburg 1967 (4) SA 423 (A) te 428A - D. Volgens my interpretasie laat daardie dictum nie ruimte vir die A onderskeid wat applikant aanvoer nie, naamlik dat nie-beta......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT