Gleneagles Farm Dairy v Schoombee

JurisdictionSouth Africa
JudgeWatermeyer CJ, Centlivres JA, Greenberg JA, Schreiner JA and Van Den Heever JA
Judgment Date14 December 1948
Citation1949 (1) SA 830 (A)
Hearing Date14 October 1948
CourtAppellate Division

Van den Heever, J.A.:

In die tenuitvoerlegging van 'n vonnis waarin die magistraat te Johannesburg ene I. D. J. Schoombee veroordeel het om aan appellant 'n sekere geldbedrag te betaal het die geregsbode op die 30ste Januarie 1947 beslag gelê of elf koeie as synde besittings van die gedaagde. Die teenwoordige respondent het egter die koeie opgeëis as sy eiendom. Gevolglik het die geregsbode 'n dagvaarding uitgereik om die uitwinningsvatbaarheid van bedoelde koeie te laat beslis. Die magistraat te Aliwal Noord - na wie die saak verwys is - het uitspraak gegee ten gunste van die respondent en 'n appèl na die Plaaslike Afdeling vir die Oostelike Distrikte het ook nie geslaag nie. Derhalwe kom appellant in derde instansie voor ons en beweer deur bedoelde beslissings beswaar te wees.

Dit is dienstig om die verhouding tot mekaar van persone, wat in hierdie saak 'n rol gespeel het, te oorweeg. Die eksekusie-skuldenaar is die vader van respondent en het in die laaste tyd ''n koopgees' ontwikkel; hy maak verspotte aankope teen buitensporige pryse en sy kinders is dikwels verplig om sulke gekoopte diere aan die verkopers terug te stuur. Sy tuiste is eintlik te Aliwal Noord, maar meestal bly hy in Johannesburg by sy seun Izak, die bestuurder van 'n melkery, wie sy vader se besigheid in Transvaal beheer.

Die respondent (dus ook 'n seun van die eksekusieskuldenaar) werk in die kragstasie te Aliwal Noord van 8 uur in die môre tot 5 uur namiddag teen 'n salaris of loon van £8 tot £10 per maand. Duidelikheidshalwe noem ek hom vervolgens Gert, sy ouer broer in Johannesburg Izak en die eksekusieskuldenaar die vader.

Dat tien van die onderhawige koeie gedurende 1945 aan die vader behoort het word nie betwis nie. Gert getuig dat sy vader hom gedurende 1945 twee verse ter skenk gegee het. Een van die koeie het (hy van van Onselen gekoop gedurende Desember 1946 vir £20. Die ander koeie het hy erlang op die wyse wat ek weldra sal aanstip.

Gert se moeder getuig as volg: Gert wou verder studeer maar sy salaris was te klein. Gevolglik het sy gedurende Desember 1945 die

Van den Heever JA

voorstel aan Gert gemaak dat hy van sy vader se koeie moet oorneem om sodoende sy klein salaris aan te vul. 'My man het 'n melkery wat ek in sy afwesigheid bestuur. . . . Ek sou melk van hom (Gert) koop'. Gert had nie geld om die voorstel uit te voer nie en is toe op besoek na Johannesburg. Met sy terugkoms het hy oor die middele beskik; hy 't toe 8 koeie van sy vader gekoop en die koopsom in haar teenwoordigheid betaal. Sy het later 'n bewys van die verkoop laat opstel en die aan Gert vir bewaring gegee 'ingeval van dood'.

Blykbaar kan in Aliwal Noord slegs die eienaars of okkupeerders van woonpersele koeie op die meent laat wei en laat registreer.

Die volgende feite is opvallend: die koeie wat Gert van sy vader sou verkry het dra nog die merke van die vader. Aangesien hulle van hom herkomstig is, kan mens dit miskien verwag. Hulle is egter nog geregistreer in die naam van die vader. Hulle melk gaan na 'n melkdepot was nog in die vader se naam geregistreer is; die rekenings aan klandisie word gestuur in die naam van die vader; die stalle en die grond behoort aan die vader en Gert getuig dat hy oor die melkdepot of die melkverkoop geen beheer het nie.

Van Onselen maak die stellige bewering:

'Schoombee Senior het aan Schoombee Junior 8 koeie oorhandig vir £150 wat Schoombee Junior van I. D. J. Schoombee (Izak) in Johannesburg geleen het om die koeie te koop. Ek weet dit omdat ek 'n bewys as getuie geteken het.'

Onder kruisverhoor gee hy egter toe: 'Al wat ek weet is wat ek van die Schoombees verneem het'. Afgesien dus van die een koei wat hy verkoop het, kan hy ons geen hulp verleen nie.

Izak beweer dat Gert so omtrent Kersfees 1945 by hom £160 geleen het om agt koeie van hul vader te koop. Gert sou dan melk aan die vader verkoop. Gert sou die lening terugbetaal in paaimente van £10 per maand. Viralnog sal ek van die vooropstelling uitgaan dat daardie getuienis toelaatbaar was.

Omtrent die indruk wat die verskillende getuies op hom gemaak het, het die magistraat ons geen voorligting gegee nie. Hy 't eenvoudig van die standpunt uitgegaan: die respondent het bewyse aangevoer en die appellant nie; gevolglik moes sy beslissing wees ten gunste van respondent.

Om sy bewerings te staaf handig Izak die tjek in waarmee hy die £160 op die Volkskas getrek het. Dit is gedateer die 28ste Desember 1945, betaalbaar aan toonder en is op dieselfde datum in Johannesburg gewissel. My kom dit voor as 'n eienaardige verrigting.

Van den Heever JA

Sy jongste broertjie leen by hom £160 met die bepaalde doel om te Aliwal Noord van hulle vader agt koeie te koop vir £150. Nou moet die jong man gedurende die joligste jaargety die reis aflê met 'n drag van geld in sy sak.

Die oogmerk van die lening was dat Gert sou gaan studeer. Wanneer sou hy daarmee 'n aanvang maak? In sy afwesigheid kon sy melkery nie floreer nie en altwee partye had in gedagte dat delging van die skuld paaiementsgewyse sou geskied. Waarom nie 'n direkte studielening nie?

Dan kom ons by die omslagtige wyse waarop Gert gebaat sou word. Hy neem op hom die risiko van £150 aan lewende hawe wat vir vrekte vatbaar is. Hy moet vir weiding, voer, die loon van naturelle en wat dies meer sy die helfde van die melkopbrings afgee, t.w. £18 tot £20 per maand. Dit kom hierop neer dat hy vir 'n stal vir elf koeie 'n huur van plus minus £228 per jaar betaal.

Die bewysstukke lewer ook moeilikheid op. By die beweerde aankoop van die agt...

To continue reading

Request your trial
17 practice notes
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v the Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...in Gedenkbundel H L Swanepoel at 67; S v Bergh 1976 (4) SA 857 (A); Schmidt Bewysreg 3rd ed at 352; Gleneagles Farm Dairy v Schoombee 1949 (1) SA 830 (A); Minister of J Law and Order v Hurley 1986 (3) SA 568 (A) at 1994 (1) SA p710 A 587B-589G; During NO v Boesak 1990 (3) SA 661 (A) at 672H......
  • Van der Merwe and Another v Taylor NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(4) SA 768 (CC) (2002 (7) BCLR 702): referred to D Gien v Gien 1979 (2) SA 1113 (T): referred to Gleneagles Farm Dairy v Schoombee 1949 (1) SA 830 (A): referred Goolam v Krishnadu 1957 (3) SA 215 (O): referred to Goudini Chrome (Pty) Ltd v MCC Contracts (Pty) Ltd 1993 (1) SA 77 (A): referre......
  • Mawu and Another v Minister of Police
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Order 1986 (2) SA 805 (A): applied Elgin Fireclays Ltd v Webb 1947 (4) SA 744 (A): referred to Gleneagles Farm Dairy v Schoombee 1949 (1) SA 830 (A): referred to I Mabona and Another v Minister of Law and Order and Others 1988 (2) SA 654 (SE): referred to Mbotya v Minister of Police [20......
  • Moore v Minister of Posts and Telegraphs
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is allowed, with costs, and the judgment of the Transvaal Provincial Division is altered to one dismissing the appeal, with costs. 1949 (1) SA p830 Schreiner HOEXTER, A.J.A.: I agree that the appeal should be allowed for the reasons given by the CHIEF JUSTICE. Appellant's Attorneys: Cross, ......
  • Request a trial to view additional results
17 cases

17 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT