Gleneagles Farm Dairy v Schoombee

JurisdictionSouth Africa
JudgePittman JP and Hoexter J
Judgment Date11 August 1947
Citation1947 (4) SA 66 (E)
Hearing Date05 August 1947
CourtEastern Districts Local Division

Hoexter, J.:

Die waarnemende magistraat van Aliwal-Noord het 'n tussenpleitgeding ten gunste van die eiser uitgewys en die eksekusieskuldeiser kom nou in hoër beroep teen sy uitspraak. Die tussenpleitgeding het gegaan omtrent elf melkkoeie waarop die bode beslag gelê het en wat die respondent as sy eiendom opgeëis het. Die respondent is die seun van die eksekusieskuldenaar en woon by hom op Aliwal-Noord. Op sy woonperseel het die eksekusieskuldenaar ook 'n melkery-besigheid; daar word koeie op stal gehou en gemelk; die melk word van die koeistalle na die melkkamer geneem en daarvandaan aan die klandisie gelewer. Volgens die bevinding van die magistraat was die betrokke elf melkkoeie ten tyde van die beslaglegging die eiendom van die respondent en daarby ook in sy besit en onder sy beheer, alhoewel hulle op sy vader se perseel op stal gehou is. Die magistraat het die onweerlegde getuienis aan die kant van die respondent aangeneem. Volgens daardie getuienis het die respondent omtrent twee jaar gelede twee verse van sy vader present gekry; in Desember 1945 het hy agt koeie van sy vader, en in Desember 1946 een koei van die getuie van Onselen gekoop. Na die koop van die agt koeie het die respondent 'n ooreenkoms met sy vader getref (ek haal aan uit die gemotiveerde uitspraak van die magistraat):

'Die ooreenkoms tussen tussenpleit-eiser en verweerder was dat eersgenoemde die melk aan laasgenoemde verkoop op 'n basis dat die helfte van die profyte wat die verkoopte melk oplewer aan tussenpleit-eiser betaal sal word om sodoende sy karige loon aan te vul met die oog op verdere studie. Na die verkoping van die 8 koeie het tussenpleit-eiser alle beheer oor hulle uitgeoefen, die werkvolk gehuur en betaal, en vergunning van sy vader gekry om die koeistalle te gebruik vir die op stalhou van die koeie. Omdat tussenpleit-eiser nie 'n okkupeerder of grondeienaar was nie, kon hy die koeie nie in sy naam by die stadsklerk registreer nie en het maar toegelaat dat die koeie nog geregistreer bly in die naam van sy vader. Hy het melk aan sy vader se melkdépôt gelewer en vergoeding ontvang op die basis soos ooreengekom.'

Hoexter J

Die feitebevindings van die magistraat word deur die getuienis gerugsteun en word derhalwe, nieteenstaande die beredenering van die appellant se advokaat, ook deur ons as juis aangeneem. Uit daardie feitebevindings blyk dit dat die respondent in besit van die elf melkkoeie was ten tyde van die beslaglegging. Weliswaar was die koeie op die perseel van die eksekusieskuldenaar, maar hy het geen beheer oor hulle uitgeoefen nie. Die respondent het die reg gehad om die stalle te gebruik, hy het die koeie gevoer en opgepas, hy het hulle laat melk, met een woord, hy het beheer oor hulle uitgeoefen, en hulle was derhalwe in sy besit. Hieruit volg dit dan ook dat daar op een of ander tyd vantevore 'n traditio plaasgevind het tussen die eksekusieskuldenaar en die respondent, waarby die besit van die twee koeie wat hy van sy vader present gekry het en die agt wat hy gekoop het, van die eksekusieskuldenaar na die respondent oorgegaan het. Die gevolg van hierdie traditio was om die respondent die eienaar te maak van die betrokke 10 koeie. Die elfde het sy eiendom geword toe hy die besit daarvan gekry het van die getuie van Onselen.

Die appellant maak egter beswaar dat die magistraat sy bevindings op ontoelaatbare getuienis gesteun het. Para. B (IV) van sy gronde van...

To continue reading

Request your trial
7 practice notes
  • S v Takaendesa
    • South Africa
    • Invalid date
    ...stamping of the document. See such cases as Badat v Corondimas, 1947 (2) SA 170 (D) H at p. 176; Gleneagles Farm Dairy v Schoombee, 1947 (4) SA 66 (E) at p. 71; De Meyer v Bam, 1951 (4) SA 68 (N) at pp. 71 - 72; and Mullan v Vladislavich and Another, 1961 (1) SA 364 (T) at p. 369. It cannot......
  • Mullan v Vladislavich and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...they have been correctly stamped and are therefore admissible, sec. 22 (1) of Act 30 of 1911; Gleneagles Farm Dairy v Schoombee, 1947 (4) SA 66; de Meyer v Bam, 1951 (4) SA R. H. Peart, for the defendant. Cur. adv. vult. Postea (November 15th). A Judgment Bresler, J.: Plaintiff sues the def......
  • S v Takaendesa
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 29 May 1972

  • Buyers Guide (Pty) Ltd v Dada Motors (Mafikeng) Pty Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...being able to succeed in the trial by reason of being unable to utilise the document in evidence. In Gleneagles Farm Dairy v Schoombee 1947 (4) SA 66 (E) the Court allowed H a promissory note to be stamped at the stage of an appeal. Hoexter J at 71 said as follows: 'Die Hof gelas, nunc pro ......
  • Request a trial to view additional results
7 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT