GHPM Boerdery 100 Bk v Standard Bank van Suid-Afrika Bpk

JudgeVan der Merwe R
Judgment Date12 February 2009
Citation2009 JDR 0091 (T)
Docket Number13166/08
Hearing Date02 February 2009
CourtTransvaal Provincial Division

Van Der Merwe, R

In die eiser se besonderhede van vordering word die volgende regshulp gevorder:

"1.

'n Verklarende bevel dat die borgstellingsakte beperk is tot 'n bedrag van R500 000,00 alternatiewelik dat die borgstelling gerektifiseer word deur paragraaf 2 in Aanhangsel 'A2' daarvan te skrap en te vervang met die volgende paragraaf:

'Hom as borg en mede-hoofskuldenaar verbind tot 'n bedrag van R500 000,00.'

2009 JDR 0091 p2

Van der Merwe, R

En paragraaf 2 in aanhangsel 'A3' van die borgstelling te skrap en te vervang met die volgende:

'Dat die beslote korporasie hom verbind tot 'n bedrag van R500 000,00.'

2.

Dat verweerder gelas word om die bedrag van R1 547 448,07 aan eiser terug te betaal teen kansellasie van die dekkingsverband 67023/03 tesame met rente a tempore morae, vanaf datum van betaling daarvan aan die verweerder;

3.

Koste van die geding.

4.

Verdere en/of alternatiewe regshulp."

Hierdie regshulp word gevorder op die volgende skuldoorsake soos uiteengesit in die besonderhede van vordering wat soos volg saamgevat kan word:

1.

Op 10 Julie 2003 het die eiser [soos verteenwoordig deur George Diederik Petrus Prinsloo ("Prinsloo Snr")] dit self verbind as borg en mede-hoofskuldenaar in solidum teenoor die verweerder [soos verteenwoordig deur 'n sekere Anton Smit ("Smit")] vir die aanspreeklikheid van die skuldenaar Johannes Josias Prinsloo ("Prinslooo Jnr") teenoor die verweerder. (Paragraaf 3 van die besonderhede van vordering.)

2009 JDR 0091 p3

Van der Merwe, R

2.

Ten tye van die ondertekening van die borgstelling "en deurgaans tydens die onderhandelinge wat die ondertekening daarvan voorafgegaan het, het Anton Smit as verteenwoordiger van die verweerder die borgstellingsakte aan die eiser voorgehou as 'n borgstellingsakte wat beperk is tot 'n bedrag van R500 000,00." (Paragraaf 8 van die besonderhede van vordering.)

3.

Die eiser se gemelde verteenwoordiger was "deurgaans en ten tyde van die ondertekening van die borgakte" as gevolg van die skuldige, alternatiewelik, onskuldige wanvoorstelling van die verweerder se verteenwoordiger onder die indruk dat die borgstelling beperk was tot 'n bedrag van R500 000,00. (Paragraaf 9 van die besonderhede van vordering.)

Die konklusie waartoe die pleitbesorger uit hoofde van die voorgaande kom is soos volg uiteengesit in paragraaf 10 van die besonderhede van vordering:

"Eiser het gevolglik gedwaal voor en tydens die ondertekening van die borgakte in sy veronderstelling dat dit 'n borgstellingsakte was wat beperk was tot 'n bedrag van R500 000,00 waarvoor die eiser as borg en mede-hoofskuldenaar aanspreeklik sou wees welke dwaling op 'n iustus error neerkom met die gevolg dat daar geen konsensus was nie, en dat die borgstellingsakte derhalwe ab initio nietig en onafdwingbaar is, alternatiewelik beperk is tot 'n bedrag van R500 000,00."

2009 JDR 0091 p4

Van der Merwe, R

Ek sal later handel met die korrektheid al dan nie van die konklusie na verwys. Genoegsaam om te sê dat dit verwarrend en moontlik eksipieerbaar is.

In 'n wysiging tot die besonderhede van vordering wat op die eerste dag van verhoor namens die eiser aangebring is voer die eiser in paragraaf 10(a) aan dat dit deurgaans die gemeenskaplike bedoeling van die partye was dat die borgstelling beperk sou wees tot 'n bedrag van R500 000,00 maar dat dit weens 'n gemeenskaplike fout lui dat dit 'n onbeperkte borgstelling is. Gevolglik is die alternatiewe bede van rektifikasie van die borgakte in bede 1 hierbo na verwys, ingevoeg. Daar is as gevolg van die getuienis, waarna ek later sal verwys, deur die eiser besluit om nie met die bede vir rektifikasie voort te gaan nie. Daar is ook nie volhard met bede 2 van die besonderhede van vordering nie. Gevolglik hoef ek nie met paragrawe 11, 12, 12A, 13, 14 en 15 van die besonderhede van vordering te handel nie. Dit is dus slegs nodig om verdere aandag te gee aan die bewerings in paragrawe 3, 8, 9 en 10 van die besonderhede van vordering wat betrekking het op die verklarende bevel in bede 1. Ten opsigte van hierdie verklarende bevel is gevra dat nie verklaar moet word dat die borgakte beperk is tot 'n bedrag van R500 000,00 nie, maar wel dat dit onbeperk is. Die redes daarvoor sal later hierin blyk.

Alhoewel baie van die feite gemeensaak is, is dit nodig om kortliks na sekere aspekte in die getuienis van die getuies te verwys.

2009 JDR 0091 p5

Van der Merwe, R

Die eiser is die eienaar van die eiendom bekend as Gedeelte 10 ('n gedeelte van gedeelte 2) van die plaas Doornbult 624, groot 127,3372 hektaar ("die eiendom"). Prinsloo Snr is die enigste lid van die eiser. Hy het saam met sy eggenote op die eiendom gebly en met beeste en kontant gewasse soos groente geboer.

Ongeveer 1996/1997 het Prinsloo Jnr, Prinsloo Snr se seun, op die eiendom gaan woon en skynbaar die boerdery by sy vader oorgeneem. Mettertyd het Prinsloo Jnr besluit dat dit finansieel voordeliger sou wees om met aartappels te boer. Vir daardie doel het hy fondse benodig waaroor hy nie beskik het nie. Dit is gemeensaak dat Prinsloo Jnr sy vader genader het vir hulp maar dat Prinsloo Snr aanvanklik teësinnig was om enige hulp te verleen. Hy het wel later ingestem. Dit is nie nodig om die onderhandelinge tussen vader en seun in detail te bespreek nie. Prinsloo Jnr het Smit van die verweerder genader vir finansiële bystand. Na 'n besoek deur Smit aan die plaas en verkryging van finansiële state en ander nodige inligting, was die verweerder bereid om finansiering, onderhewig aan die stel van sekuriteit, aan Prinsloo Jnr beskikbaar te stel.

Prinsloo Snr se getuienis is dat hy net een besoek by die verweerder se kantore te Polokwane afgelê het. Prinsloo Jnr, wat vir die verweerder getuig het, is nie seker hoeveel besoeke hy daar saam met sy vader afgelê het nie en stel dit ook op een. Smit stel dit onomwonde dat Prinsloo Snr tot en met die ondertekening van die borgakte twee maal by die verweerder se kantore was.

2009 JDR 0091 p6

Van der Merwe, R

Alhoewel die aantal besoeke van Prinsloo Snr na my oordeel nie op sigself die antwoord op die geskil...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT