Foulds v Smith

JurisdictionSouth Africa
JudgeWatermeyer CJ, Centlivres JA, Greenberg JA, Van Den Heever JA, and Hoexter JA
Judgment Date04 November 1949
Citation1950 (1) SA 1 (A)
Hearing Date11 October 1949
CourtAppellate Division

Van den Heever, J.A.:

In die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling het eiseres (tans appellante) teen haar eggenoot, met wie sy buite goederegemeenskap getroud is, gekonkludeer op ontbinding van die huwelik weens egbreuk met die verweerderes (tans respondente) en teen respondente op skadevergoeding ten bedrae van £1,000 met die koste. Hierteen het respondente die eksepsie opgewerp van nie-ontvanklik. Die Hof a quo (Regterpresident DE BEER en Regter BRINK) het die eksepsie gehandhaaf met koste, teen welke vonnis sy nou in hoër beroep kom. Die vraag wat ons moet beantwoord kan dus bondig gestel word: kan 'n getroude vrou regtens skadevergoeding weens egbreuk verhaal op die vrou wat met haar man egbreuk gepleeg het?

Dit is dienstig om ons jurisprudensie in hersiening te neem. In 1913 is Wait v Wait (1913, E.D.L. 519) beslis. Regterpresident Graham het op 'n eksepsie, wat in alle opsigte met die onderhawige ooreenstem, tot die besluit gekom dat die vrou nie so 'n regsvor-

Van den Heever JA

dering kan instel nie; dat indien sy dit eerstyds kon doen, die regsreël waarop dit gesteun het in onbruik verval het - want egbreuk kom dikwels voor en indien daar so 'n regsvordering bestaan sou dit uit ons hofverslae geblyk het. In 1916 is De Bruin v De Bruin & Raynor beslis (1916 OPD 221). Twee Regters het tot die gevolgtrekking gekom dat so 'n regsvordering ten gunste van die geledeerde vrou nie bestaan nie op grond daarvan hoofsaaklik dat die regskenbronne slegs melding maak van die vordering van die man teen die skender van sy vrou en dat van 'n soortgelyke regsgrond, waarop die verongelykte vrou haar kon beroep, nie gerep word nie. Hoofregter MAASDORP het 'n afwykende uitspraak gegee waarin hy sy mening dat so 'n eis wel ingestel kan word hoofsaaklik op injurie baseer. In Tutt v Tutt (1929 CPD 51) het Regter JONES so' n eis as wel ontvanklik verklaar en steun vir sy sienswyse gevind in Van Leeuwen (Cens. For. 1.5.25.7), Groenewegen (De Legib. Abrogat. ad. C. 9.9.1) en Art. 18 van die Politieke Ordonnansie van 1580. In Gair v Gair and Another (1932 CPD 38) het Regter VAN ZYL die beslissing in Tutt v Tutt gevolg en die minderheidsuitspraak in die saak De Bruin gesteun. In Rosenbaum v Margolis (1944, W.L.D. 147) het Regter BLACKWELL ten gunste van die veronregte vrou uitspraak gedoen. Sindsdien het uiteenlopende beslissings in die verskillende provinsies geval op die grondslag stare decisis.

Van Leeuwen (Loc. & Op. Cit.; sien ook Lib. 1 cap 15 n. 10) bespreek die gevalle waar 'n eiser vikaries 'n injurie kan ly en merk op:,,Cujus (i.e. adulterii) publica poena est cum damni reparatione parti laesae facienda", d.w.s. adulterie (ek besig virasnog die neutrale woord) word van staatsweë gestraf met betering van skade aan die veronregte party. Dat die outeur hier die enger romeinsregtelike begrip van adulterie in gedagte gehad het staan buite tywfel. In Cens. For. (1.5.26.1) verduidelik hy dat adulterie 'n misdaad is wat slegs met 'n getroude vrou gepleeg kan word. Hierin volg hy die gedagtegang van die Pandekte: adulterium in nupta committitur stuprum in vidua vel virgine vel puero committitur (D. 48.5.34), d.w.s. adulterie word met 'n getroude vrou gepleeg, ontug daarenteen met 'n weduwee, 'n maagd of 'n knaap. Wat Van Leeuwen bedoel met cum damni reparatione parti laesae facienda blyk duidelik waar hy die aangeleentheid in besonderheid bespreek (Cens. For. Pt. 1 Lib. 5 cap. 26 n. 12; ibid. n. 14) in woorde wat ek as volg vertaal: Benewens die openbare straf kan die een eggenoot teen die ander weens egbreuk 'n burgerlike geding

Van den Heever JA

instel waarin hy vorder skeiding van bed met verlof om te hertrou;, verbeurdverklaring teen die skuldige, party van douarie, skenkings vanweë die huwelik en alle voordele wat die skuldige eggenoot andersins sou geniet het vanweë die huweliksvoorwaardes of gemeenskap van goedere. . . . Hierdie regsvordering gaan te niet met die dood van een of ander van die eggende voor litiskontestasie en die erfgename van eiser kan dit nie instel nie. Die rede is dat die vordering vindictam spirans is vanweë die injurie deur adulterie aangedaan en is derhalwe nòg aktief nòg passief vererflik voor litiskontestasie. Sover Van Leeuwen. Hieruit blyk wel 'n mate van gelykstelling wat verder gaan as die romeinsregtelike begrip. Die skrywer huldig die gelykstelling van die Kanoniekereg wat in die 18de Artikels van die Politieke Ordonnansie geresipieer is - maar deurgaans is hy begaan oor die regte slegs van eggenote inter se en nie oor hulle vorderinge teenoor derdes nie.

So het ook Art. 18 van die Politieke Ordonnansie telkens en telkens weer 'n verkeerde uitleg te beurt geval. Hy gee nie voor om nuwe regsvorderinge in te stel nie maar om bestaande regsmiddels te behou. Die oogmerk van die voorbehoudsbepaling is duidelik: om te voorkom dat van die feit, dat die wetgewer nou nuwe strawwe voorskryf vorderbaar deur die openbare gesag, afgelei word dat die wetgewer beoog om bestaande pene, wat die een eggenoot totnogtoe op die ander kon verhaal, op te hef. Die voorbehoudsbepaling lui:

,,Ende dat onvermindert alsulcken recht als de geoffenseerde partye, 't zy man ofte vrouwe, jegens den overspeelder competeert, soo tot scheydinge van Houwelycke als andersints naer rechten."

...

To continue reading

Request your trial
16 practice notes
  • De v RH
    • South Africa
    • Invalid date
    ...I Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman NO 1997 (4) SA 302 (SCA) ([1997] 3 All SA 391): referred to Foulds v Smith 1950 (1) SA 1 (A): overruled 2015 (5) SA p84 Fourie and Another v Minister of Home Affairs and Others 2005 (3) SA 429 (SCA) (2005 (3) BCLR 241; [2005] 1 All ......
  • Ramsay v Minister van Polisie en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1922 TPD 142; Sliom v Wallach's Printing & Publishing Co 1925 TPD 650; Wade & Co v Union Government 1938 CPD at 86 - 7; Foulds v Smith 1950 (1) SA 1; Smit v Meyerton Outfitters 1971 (3) SA 137; Donono v Minister of Prisons 1973 (4) SA 259; Act 51 of 1977 ss 46, 331; Act 7 of 1958 s 31; Gunt......
  • RH v DE
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Security and Others 2012 (1) SA 536 (CC) (2012 (3) BCLR 244; [2011] ZACC 37): dictum in paras [117] – [124] applied Foulds v Smith 1950 (1) SA 1 (A): Green v Fitzgerald and Others 1914 AD 88: considered Groundland v Groundland and Alger 1923 WLD 217: dictum at 219 applied D Le Roux v De......
  • De v RH
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 19 June 2015
    ...the Supreme Court of Appeal was made in the instant matter (RH v DE 2014 (6) SA 436 (SCA) ([2014] ZASCA 133) (RH)). See Foulds v Smith 1950 (1) SA 1 (A) (Foulds); Bruwer v Joubert 1966 (3) SA 334 (A) (Bruwer) at 337; and Wiese v Moolman 2009 (3) SA 122 (T) ([2008] ZAGPHC 246) [3] RH above n......
  • Request a trial to view additional results
16 cases

16 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT