Flemming v Kommissaris van Binnelandse Inkomste

JurisdictionSouth Africa
Citation1995 (1) SA 574 (A)

Flemming v Kommissaris van Binnelandse Inkomste
1995 (1) SA 574 (A)

1995 (1) SA p574


Citation

1995 (1) SA 574 (A)

Case No

748/92

Court

Appèlafdeling

Judge

Joubert AR, Botha AR, Smalberger AR, Harms AR, Nicholas Wn AR

Heard

September 13, 1994

Judgment

September 30, 1994

Flynote : Sleutelwoorde

G Inkomste — Inkomstebelasting — Aftrekkings — Onkoste aangegaan aan herstel van eiendom wat vir bedryfsdoeleindes geokkupeer word of ten opsigte waarvan inkomste ontvang kan word — Inkomstebelastingwet 58 van 1962, art 11(d) — Aftrekkings van onkoste waarvoor art 11(d) voorsiening maak, word H in drie kategorieë verdeel — Kategorieë uiteengesit — Onkoste aangegaan om nuwe boorgat op plaas te sink en windpomp op te rig omdat voorsiening van water uit bestaande boorgat verminder het en onvoldoende was — Aanspraak gemaak op aftrekking kragtens art 11(d) op grond daarvan dat onkoste I aangegaan is aan herstel van eiendom soos bedoel in artikel — Artikel 11(d) nie regstreeks gemoeid met onkoste wat vir herstel van verdienvermoë van eiendom aangegaan is nie, maar het betrekking op onkoste wat aan herstel van eiendom self bestee is — Geen getuienis dat iets met bestaande J boorgat self verkeerd gegaan het wat vervanging daarvan genoodsaak het

1995 (1) SA p575

A nie — Onkoste nie aangegaan vir herstel van boorgat as ondergeskikte en onafskeidelike deel van plaas nie — Onkoste bestee vir verbetering van watervoorsiening wat niks met 'repairs of property' te doen het nie — Sodanige onkoste volkome irrelevant vir doeleindes van art 11(d) van Wet.

Headnote : Kopnota

Die aftrekkings van onkoste waarvoor art 11(d) van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 voorsiening maak, kan in drie kategorieë verdeel word:

B 1. Die eerste kategorie slaan op onkoste wat gedurende die jaar van aanslag werklik aan 'repairs of property' wat vir bedryfsdoeleindes geokkupeer word of ten opsigte waarvan inkomste ontvang kan word, bestee is. Die woord 'property' ('eiendom' in die Afrikaanse teks) is blykbaar grond en geboue soos uit die konteks blyk deur die gebruikmaking van die werkwoord 'occupied' ('geokkupeer word' in die Afrikaanse teks).

C 2. Die tweede kategorie verwys na onkoste wat gedurende die jaar van aanslag werklik aangegaan is om hout wat deel van bedoelde eiendom ('such property') uitmaak deur behandeling te beskerm teen aanvalle deur kewers. Hier verwys 'bedoelde eiendom' ('such property') terug na 'property' ('eiendom') soos aangewend in die eerste kategorie, dit is na grond en geboue wat vir bedryfsdoeleindes geokkupeer word of ten opsigte waarvan inkomste ontvang word.

D 3. Die derde kategorie het betrekking op onkoste wat bestee is aan die 'repair' ('herstel') van masjinerie ensovoorts wat die belastingpligtige gedurende die jaar van aanslag vir doeleindes van sy bedryf gebruik het. Prima facie verwys 'masjinerie, gereedskap, werktuie en ander artikels' na roerende voorwerpe. (Op 580I-581D.)

Die appellante, die vruggebruikster van 'n sekere plaas, het op 'n sekere bedrag kragtens art 11(d) van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 as 'n E aftrekking van haar belasbare inkomste vir die jaar van aanslag geëindig 28 Februarie 1990 aanspraak gemaak. Die aftrekking waarop sy aanspraak gemaak het was die onkoste wat sy aangegaan het om 'n boorgat te sink en 'n windpomp op te rig op die plaas. Dit het geblyk dat die voorsiening van water uit die bestaande boorgat en windpomp algaande verminder het en onvoldoende was vir die veeboerdery wat M (wat die plaas van die appellante gehuur het) op die plaas uitgeoefen het. Die respondent het die aftrekking nie toegelaat nie en die appellante se appèl na 'n Inkomstebelasting Spesiale Hof het misluk. In verdere hoër beroep na die F Appèlafdeling het die Hof opgemerk dat die eerste kategorie van onkoste hierbo vermeld ter sprake was (Op 581F/G.) Namens die appellante is betoog (1) dat die plaas 'n kapitaalstruktuur is en dat die grondliggende beginsel tot art 11(d) is dat 'n belastingpligtige geregtig sou wees om die verdienvermoë van 'n kapitaalstruktuur in stand te hou tot die mate wat dit gehad het toe dit oorspronklik deur die belastingpligtige verkry is; en (2) dat die bestaande boorgat en windpomp op die plaas as 'n ondergeskikte deel van die plaas beskou moes word en dat 'herstel van G eiendom' ('repairs of property') in art 11(d) ook die vervanging van 'n ondergeskikte deel van die eiendom wat onklaar geraak het, ingesluit het.

Beslis, ten aansien van (1), dat hierdie betoog uit die oog verloor het dat art 11(d) nie regstreeks gemoeid was met onkoste wat vir die herstel van die verdienvermoë van 'n eiendom deur 'n belastingpligtige aangegaan is nie: art 11(d) het betrekking gehad op onkoste wat aan die herstel van H die eiendom self bestee is. (Op 583E/F-F.)

Beslis, verder, ten aansien van (2), dat die probleem met hierdie betoog was dat dit nie op die feite van die saak pas nie: dit is nie deur die appellante bewys dat die bestaande boorgat of die windpomp daarop onklaar geraak het nie; en daar was geen toelaatbare of aanvaarbare getuienis dat daar iets met die boorgat self verkeerd gegaan het wat die vervanging I daarvan genoodsaak het nie. (Op 584B/C en C/D.)

Beslis, verder, dat volgens die aangevoerde getuienis dit aanvaar moes word, omdat die teendeel nie bewys is nie, dat die beskikbaarheid van water uit die bestaande boorgat verminder het bloot as gevolg van die feit dat daar ondergronds op daardie plek minder water beskikbaar was: op daardie grondslag kon die nuwe boorgat nie as 'n herstel deur vervanging van die eerste een beskou word nie, maar was dit 'n aanvulling van die J plaas se watervoorraad. (Op 584D-E.)

1995 (1) SA p576

A Beslis, verder, dat die bedrag van die onkoste nie deur die appellante as onkoste vir die herstel van die bestaande boorgat as 'n ondergeskikte en onafskeidelike deel van die plaas bestee is nie: sy het hierdie bedrag aan die tweede (ongeslaagde) en derde boorgate met 'n nuwe windpomp bestee en nie 'on repairs of property' soos art 11(d) vir 'n aftrekking vereis nie; sy het dit bestee vir die verbetering van watervoorsiening wat niks met 'repairs of property' te doen het nie en derhalwe volkome irrelevant vir doeleindes van art 11(d) was. (Op 584H/I-I/J.) Appèl afgewys. B

Flynote : Sleutelwoorde

Revenue — Income tax — Deductions — Expenditure incurred on repairs of property occupied for purposes of trade or in respect of which income is C receivable — Income Tax Act 58 of 1962, s 11(d) — Deductions of expenses provided for in s 11(d) divided into three categories — Such categories set out — Expenditure incurred in sinking new borehole on farm and erecting windmill as supply of water from existing borehole had decreased and was inadequate — Deduction claimed in terms of s 11(d) on ground that expenditure incurred on repairs of property as intended in section — Section 11(d) not directly concerned with expenditure incurred on repair of earning capacity of property but refers to expenditure incurred on D repairs of property itself — No evidence that anything went wrong with borehole itself necessitating replacement thereof — Expenditure not incurred on repair of borehole as subordinate and inseparable part of farm — Expenditure incurred on improving water supply which had nothing to do with 'repairs of property' — Such expenditure entirely irrelevant for purposes of s 11(d) of Act.

Headnote : Kopnota

E The deductions of expenditure for which provision is made in s 11(d) of the Income Tax Act 58 of 1962 can be divided into three categories:

1. The first category refers to expenditure actually incurred during the year of assessment on 'repairs of property' occupied for the purposes of trade or in respect of which income is receivable. As appears from the context by the use of the verb 'occupied' ('geokkupeer word' in the Afrikaans text), the word 'property' ('eiendom' in the Afrikaans text) is apparently land and buildings.

F 2. The second category refers to expenditure actually incurred during the year of assessment on treatment against attack by beetles of any timber forming part of 'such property' ('bedoelde eiendom' in the Afrikaans text). 'Such property' ('bedoelde eiendom') here refers back to 'property' ('eiendom') as applied in the first category, that is to land and buildings occupied for the purposes of trade or in respect of which income is received.

G 3. The third category concerns expenditure incurred for the 'repair' ('herstel') of machinery etc which the taxpayer employed during the year of assessment for the purposes of his trade. 'Machinery, implements, utensils and other articles' refer prima facie to movable objects. (At 580I-581D.)

The appellant, the usufructuary of a certain farm, had claimed a certain amount as a deduction from her taxable income in terms of s 11(d) of the Income Tax Act 58 of 1962 for the year of assessment ended 28 February H 1990. The deduction which she claimed was the expenditure which she had incurred in order to sink a borehole and erect a windmill on the farm. It appeared that the supply of water from the existing borehole had gradually decreased and was inadequate for the cattle farming which M (who had leased the farm from the appellant) operated on the farm. The respondent disallowed the deduction and the appellant's appeal to an Income Tax Special Court failed. In a further appeal to the Appellate Division, the Court remarked that the appeal concerned the first category of expenditure I referred to above. (At 581F/G.) It was contended on the appellant's behalf (1) that the farm was a capital structure and that the fundamental principle of s 11(d) was that a taxpayer should be entitled to maintain the earning capacity of the capital structure in the condition it was when it was originally acquired by the taxpayer; and (2) that the existing...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
1 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT