Ex parte Satbel (Edms) Bpk: In re Meyer en Andere v Satbel (Edms) Bpk

JurisdictionSouth Africa
JudgeCoetzee R
Judgment Date03 July 1984
Citation1984 (4) SA 347 (W)
CourtWitwatersrand Local Division

Coetzee R:

Kragtens art 311 (1) van die Maatskappywet 61 van 1973 is 'n Hofbevel uitgereik dat 'n vergadering van 'n klas van lede van die applikant gehou word om 'n reëlingskema te oorweeg. Die vergadering is gehou. Die vereiste persentasie stemme ten gunste van die skema is uitgebring. Tans is die F goedkeuring daarvan in terme van art 311 (2) te berde. Dit word aangeveg deur vier van hierdie aandeelhouers wat op die vergadering deur ene Meyer verteenwoordig was. Hy is self een van hulle. Ek verwys na hulle as die Meyergroep.

Die reëlingskema is eenvoudig. Dit behels die oorname van die G aandele, deur een van die beherende meerderheidsaandeelhouers, van die minderheidsaandeelhouers. Die aangebode prys is R6 per aandeel.

Coetzee R

A Satbel doen sake in die bedryf van bioskope en verwante aktiwiteite. Sy uitgereikte aandelekapitaal is R11 341 772, verdeel in dieselfde aantal gewone aandele van R1 elk. Daar is slegs een klas aandeel. Federale Volksbeleggings Bpk (FVB) hou 35,2 van hierdie aandele en twee ander versekeringsmaatskappye B 33,95 en 30,25 respektiewelik. Een van hulle, Sanlam, beheer FVB. Die balans van 0,6 (67 841 aandele) word gehou deur 15 aandeelhouers. Dit is hierdie aandele wat FVB wil bekom. Die wesenlike dele van die skema lui as volg:

"Die doel van die skema

2.

Die doel van die skema is om Federale, Sanlam en Anglo, of maatskappye waarin hulle direk of indirek 'n belang het, as die enigste aandeelhouers van Satbel daar te stel.

Die skema

3.1

Federale stel voor dat -

3.1.1

elk van die skema-aandele omskep word in 'n aflosbare voorkeuraandeel van R1 onmiddellik aflosbaar deur Satbel teen 'n premie van R5;

3.1.2

Federale of sy genomineerde inskryf vir 67 841 gewone aandele van R1 elk in Satbel teen E 'n premie van R5 per aandeel en dat Satbel, ingevolge art 98 (2) van die Wet, daardie aandele aan Federale of sy genomineerde toewys en uitreik;

3.1.3

Satbel die aflosbare voorkeuraandele van R1 elk wat deur die skema-aandeelhouers gehou word, teen 'n premie van R5 per aandeel uit die opbrengs van die nuwe uitreiking van aandele ingevolge 3.1.2, aflos,

F onderworpe aan die bepalings en voorwaardes in hierdie reëlingskema uiteengesit.

3.2

Die skema-aandeelhouers sal geregtig wees om te deel in die dividend wat op 31 Maart 1984 verklaar sal word.

Vergadering van skema-aandeelhouers

4.1

Die skema sal aan die skema-aandeelhouers vir oorweging en goedkeuring voorgelê word op 'n vergadering wat vir daardie doel deur 'n Hofbevel belê is.

4.2

Sanlam en Anglo, wie se aandele in Satbel nie deur die skema geraak word nie, het tot die skema toegestem."

"Skema-aandeelhouers" word gedefinieer in para 1.5 as "die aandeelhouers van Satbel, met die uitsondering van Federale, Sanlam en Anglo, of enige maatskappy waarin Federale, Sanlam of Anglo 'n direkte of indirekte belang as 'n aandeelhouer het"; dit wil sê die 15 minderheidsaandeelhouers.

Die voorsitter se verslag toon aan dat hy sewe skemalede se I volmagte gehou het, welke lede 59 774 aandele in totaal gehou het en ten gunste van die skema gestem het. Die Meyergroep het 7 957 aandele gehou en daarteen gestem. Vier aandeelhouers het nie van hulle laat hoor nie. 'n Meerderheid van meer as drie-kwart van die stemme wat uitgebring kon word, het dus vir die skema gestem, 88,25 om presies te wees.

Coetzee R

Mnr Neser, namens die Meyergroep, se besware val in die A volgende kategorieë.

1.

Die wyse waarop die vergadering gehou is, besonderlik:

(a)

die partydigheid van die voorsitter; en

(b)

die gebrek om behoorlike of voldoende inligting op Meyer se vrae te verskaf.

2.

Die ontoereikendheid van die inligting in die verduidelikende verklaring wat nodig was om 'n behoorlike waardebepaling van die aandele te doen.

3.

Die skema is nie "in the interests of the company as a whole" soos geverg in Ex parte J R Starck & Co (Pty) Ltd 1983 (3) SA 41 (W) nie.

4.

Die Meyergroep is 'n klas van hulle eie en 'n aparte vergadering moes vir hulle belê en behoort te gehou gewees het.

5.

Die skema is nie 'n "reëling tussen die maatskappy en 'n klas van sy lede" soos beoog in art 311 nie. Dit D behoort te ressorteer onder arts 314 - 320.

Vervolgens behandel ek die besware in bogenoemde volgorde.

Die vergadering

Die Hof het beveel dat 'n vergadering van "skemalede" gehou word ten einde die skema te oorweeg en, indien goedgevind, dit te aanvaar. Twee sulke lede was teenwoordig, Meyer en die voorsitter in 'n verteenwoordigende hoedanigheid, met sy sewe E volmagte. Mens sou dink dat die stemmery op 'n vergadering van twee persone kwalik 'n minuut sou neem. Die vergadering het egter sowat vier en 'n half uur geduur. Die verrigtinge is opgeneem en 'n transkripsie daarvan is by die voorsitter se verslag aangeheg. Dit beslaan 127 bladsye. Sy verslag dui aan dat hy agt ander persone uitgenooi het om teenwoordig te wees - vier direkteure van die applikant, die F maatskappysekretaris, twee prokureurs van die applikant (lede van dieselfde firma as hy) en 'n lid van die applikant se ouditeursfirma.

Die transkripsie toon aan dat met die intrapslag reeds die vonke begin spat het. Dit was Meyer versus die res. Hierdie nege. Ek kry die duidelike indruk dat dit Meyer se oogmerk was G om slegs 'n herrie op te skop. Miskien om materiaal vir gebruik op die huidige stadium te vervaardig. Miskien om maar net druk uit te oefen. Per slot van sake vanaf die begin af het beide van hul geweet dat die voorsitter volmag het namens 88, slegs om daarvoor te stem en nie om daaroor te debatteer nie. Meyer was hoegenaamd nie geïnteresseerd om hom ooit by daardie meerderheid aan te sluit of te laat oortuig nie. Die H verrigtinge behoort 'n blote formaliteit van stemtellery te gewees het. Waarom die voorsitter onder hierdie omstandighede al hierdie ander persone uitgenooi het en toegelaat het by die vergadering, weet nugter. Hy het mos geweet dat hy hierdie volmagte hou en nie anders durf stem nie.

Dit is telkemale reeds benadruk dat hierdie statutêre I vergaderings nie maatskappyvergaderings is of selfs vergelykbaar met maatskappyvergaderings is nie. Dit is hoegenaamd nie 'n geval waar soos op maatskappyvergaderings, 'n aandeelhouer geregtig is om inligting betreffende sy maatskappy van die voorsitter bygestaan deur die amptenare te bekom nie. Verre daarvandaan. Hierdie vergaderings is van klasse

Coetzee R

A van persone met soortgelyke belange wat deur die Hofbevel geïdentifiseer word. Dit word belê om 'n stemresultaat ten opsigte van die besondere reëlingskema te verkry nadat hulle 'n geleentheid gehad het om dit onder mekaar op gebruiklike wyse, op die vergadering, te bespreek. Daar kan hulle dit vermag deur hulle medevergaderingsgangers toe te spreek, hulle standpunte B te stel en mekaar na een of ander kant toe te probeer beweeg en oorreed. Die voorsitter is daar om, benewens sy ander pligte, op konvensionele wyse soos deur die vergaderingsreg bepaal, orde te hou en te sorg dat aan iedere lid om aldus binne redelike perke op te tree, reg geskied. Die Hofbevel wat die uitsluitlike bestaansbron van die vergadering is, behels C niks meer as dit nie.

Lank voor hierdie stadium moes die belanghebbendes reeds al die tersaaklike inligting bekom het waarop hulle opinies en besluite rasioneel gebaseer kon word. Die vergadering is te laat hiervoor. Dis algemene kennis dat 'n klein persentasie hierdie vergaderings ooit bywoon. Die oorgrote meerderheid D gebruik gewoonlik die volmagvorms wat deel uitmaak van die dokumentasie wat hulle ontvang van die voorsitter. Hierdie vorms dui aan hoe die gevolmagtigde moet stem. Dit is op hierdie stadium, wanneer hierdie vorms voltooi mag word dat die betrokke persone die gevraagde inligting moet besit. Wat later E op die vergadering uitkom is vir hulle irrelevant. Die kalf is dan reeds in die put.

Hierdie oorwegings, wat klaarblyklik nog altyd deur die Wetgewer besef is, dui op die uiterste belangrikheid van die verduidelikende verklaring in terme van art 312, wat die kennisgewing moet vergesel. Hierdie verklaring moet "al die relevante inligting", in die woorde van die Wetgewer, bevat. F Gaan hy mank hieraan, kan hy nie later by die vergadering gesond gedokter word nie. Dit verhinder natuurlik nie 'n voorsitter om enige verdere inligting, waaroor hy mag beskik en vir wat dit mag werd wees, daar beskikbaar te maak nie. Dis in sy diskresie. Daar kan byvoorbeeld gevalle wees waar uiteraard, gesien die samestelling van die vergadering uit die oogpunt van G die getalle van stemme fisiek teenwoordig daar, nog verdere inligting ter aanvulling van die verduidelikende verklaring verstrek kan word. Op die veronderstelling natuurlik dat dit wat reeds daarin verskyn, objektief gesproke, voldoende is.

Die belangrikheid van die verduidelikende verklaring spreek helder uit die uitspraak van TROLLIP R in Du Preez and Another H v Garber: In re Boerebank Bpk 1963 (1) SA 806 (W) wat 'n locus classicus geword het. Kyk veral op 825E - 828E. Onder andere word die feit dat van volmagte gebruik gemaak word beklemtoon op 828A - C:

"The predominating majority of them would not be experienced or astute commercial or business men or women; and it was obvious that most of them, being scattered all over the country, would I be unable to attend the meeting in person, but many would use proxies to represent them. In fact only 55, representing R276 410, attended the meeting of concurrent creditors in person, and 907, representing R1 382 130, by proxy. Moreover, the arrangement was an unusual one. In all those circumstances, I think that the effect of the arrangement relating to the above-mentioned aspects, should have been carefully explained to them in the documents. The optimism expressed in those documents about the arrangement, without at the same time drawing attention to

Coetzee R

its possible aforementioned demerits or...

To continue reading

Request your trial
12 practice notes
  • Re-Acquisition by a Company of Own Issued Shares under Sections 48 and 114(1) of the Companies Act 71 of 2008: A Critical Assessment through Capprec
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , October 2022
    • 24 October 2022
    ...Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1994 (2) SA 265 (A) at 290A; Ex Parte Satbel (Edms)Bpk: In re Meyer & andere v SATBEL (Edms) Bpk 1984 (4) SA 347 (W) at 359; Ex Parte NatalCoal Expropriation Co Ltd 1985 (4) SA 279 (W) at 285; Ex Parte Suiderland DevelopmentCorporation: Ex Parte Kaap-Kun......
  • Ex parte Millman and Others NNO: In re Multi-Bou (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and the registration by him thereof. (For a contrary view, see Ex parte Satbel (Edms) Bpk: In re Meyer en Andere v Satbel (Edms) Bpk 1984 (4) SA 347 (W), and in England Re NFU Development Trust Ltd [1973] 1 All ER 135 (Ch).) The weight of authority appears, B however, to be against limiting......
  • Ex parte Nbsa Centre Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Coetzee DJP, the difficulty in this matter arose from the different approaches adopted, on the one hand, in Ex parte Satbel (Edms) Bpk 1984 (4) SA 347 (W) and Ex parte Natal Coal Exploration Co Ltd 1985 (4) SA 279 (W) and, on the other hand, Ex parte Suiderland Development Corporation ; J E......
  • Meeg Bank Ltd v Nkonki
    • South Africa
    • Eastern Cape Division
    • 6 November 2009
    ...and the registration by him thereof. (For a contrary view, see Ex parte Satbel (Edms) Bpk; In re Meyer en Andere v Satbel (Edms) Bpk 1984 (4) SA 347 (W), and in England Re NFU Development Trust Ltd [1973] 1 All ER 135 (Ch). The weight of authority appears, however, to be against limiting th......
  • Request a trial to view additional results
11 cases
  • Ex parte Millman and Others NNO: In re Multi-Bou (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and the registration by him thereof. (For a contrary view, see Ex parte Satbel (Edms) Bpk: In re Meyer en Andere v Satbel (Edms) Bpk 1984 (4) SA 347 (W), and in England Re NFU Development Trust Ltd [1973] 1 All ER 135 (Ch).) The weight of authority appears, B however, to be against limiting......
  • Ex parte Nbsa Centre Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Coetzee DJP, the difficulty in this matter arose from the different approaches adopted, on the one hand, in Ex parte Satbel (Edms) Bpk 1984 (4) SA 347 (W) and Ex parte Natal Coal Exploration Co Ltd 1985 (4) SA 279 (W) and, on the other hand, Ex parte Suiderland Development Corporation ; J E......
  • Meeg Bank Ltd v Nkonki
    • South Africa
    • Eastern Cape Division
    • 6 November 2009
    ...and the registration by him thereof. (For a contrary view, see Ex parte Satbel (Edms) Bpk; In re Meyer en Andere v Satbel (Edms) Bpk 1984 (4) SA 347 (W), and in England Re NFU Development Trust Ltd [1973] 1 All ER 135 (Ch). The weight of authority appears, however, to be against limiting th......
  • Ex parte Suiderland Development Corporation Ex Parte Kaap-Kunene Beleggings Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of rights as members of the company. 1986 (2) SA p443 Ex parte Satbel (Edms) Bpk: In re Meyer en Andere v Satbel A (Edms) Bpk 1984 (4) SA 347 (W) and Ex parte Natal Coal Exploration Co Ltd 1985 (4) SA 279 (W) not approved and not Case Information Applications for orders authorising the call......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT