Ex parte Minister van Justisie: In re S v Wagner

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn HR, Rumpff AR, Holmes AR, Williamson AR en Trollip Wn AR
Judgment Date28 September 1965
Citation1965 (4) SA 507 (A)
Hearing Date02 September 1965
CourtAppellate Division

Rumpff, A.R.:

Ene Wagner is in 1961 in 'n streekhof te Parys weens C handel in ongeslypte diamante skuldig bevind aan 'n oortreding van art. 2 van Hoofstuk 119 van die 'Wetboek van den Oranjevrystaat'. Twee Bantoekonstabels wat as lokvinke opgetree het, het teen hom getuienis afgelê. Elkeen het onder kruisverhoor erken dat hy 'n paar dae voor die verhoor 'n skriftelike verklaring oorgelees het wat hy kort na die D lokval aan 'n sersant Joubert gegee het, toe die feite nog vars in sy geheue was. Beide het erken dat hulle die verklarings oorgegaan het om hul geheue te verfris. Die advokaat van die beskuldigde het daarop insae gevra van die verklarings met die oog op verdere kruisverhoor. Klaarblyklik was die verklarings in die besit van die aanklaer. Die aanklaer het beswaar gemaak en die streekhof het bevind dat die verdediging nie op insae van die verklarings geregtig was nie. Op appèl E het die Oranje-Vrystaatse Hooggeregshof (hieronder genoem die Hof a quo) beslis dat die aanklaer afstand gedoen het van die privilege wat die getuieverklarings beskerm het, dat die verdediging geregtig was om die verklarings te sien, dat die landdros dus gefouteer het en dat weens die omstandighede van die geval die appèl moes slaag (sien S v Wagner, F 1962 (4) SA 699 (O)). Die Minister het kragtens art. 385 van die Strafproseswet, 1955, die korrektheid van die beslissing van die Hof a quo aan hierdie Hof voorgelê en laat beredeneer met die volgende vraag:

G 'Is die beslissing van die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof in die S v Wagner juis dat die beskuldigde en/of sy regsverteenwoordiger 'n reg besit van insae tot skriftelike getuieverklarings van die Staatsgetuies in geval waar die Staatsgetuies voor die verhoor hul geheue verfris het uit sodanige verklarings.'

Mnr. van Rhyn, wat betoog het dat die uitspraak verkeerd is, het hom in H die eerste plek verlaat op die beslissing van hierdie Hof in R v Steyn, 1954 (1) SA 324, waarvolgens verklarings wat deur getuies opgestel is met die doel dat die inhoud daarvan as getuienis in 'n geding afgelê sal word, as geprivilegieerd beskou moet word. Hy het verder betoog dat 'n getuie nie toegelaat word om 'n getuieverklaring wat hy aan sy regsverteenwoordiger gedoen het as 'n dokument aan te wend ter opfrissing van sy geheue in die hof nie en dat die dokumente waarna verwys word deur die skrywers wat in die uitspraak van die Hof a quo aangehaal is en ook in die beslissings wat daarin aangehaal word,

Rumpff AR

dokumente is wat wel toelaatbaar is vir gebruik in die hof ter geheueopfrissing.

Mnr. Steyn wat die korrektheid van die beslissing ondersteun het, het aangevoer dat Staatsgetuies in die algemeen voldoende beskerming geniet A deur die bevoorregting geskep ten opsigte van beriggewers en van feite waarvan die publikasie belet word weens oorwegings van openbare beleid en openbare belang en dat die bestaansreg van bevoorregting vir stukke in die Staatsaanklaer se brevet behoort te eindig wanneer die Staatsgetuie geroep word en hy die inhoud van sy getuieverklaring in getuienis gegee het en wanneer hy voor die aflê van getuienis die B verklaring gebruik het om sy geheue te verfris. Hy het ook aangevoer dat wanneer 'n Staatsgetuie voor verhoor sy geheue uit 'n bevoorregte dokument verfris het, die dokument beskikbaar gestel moet word wanneer die getuie geen onafhanklike herinnering van die feite het nie en ook wanneer hy wel 'n onafhanklike herinnering het.

C Na my mening is die beslissing van die Hof a quo nie volgens ons geldende bewysreg nie, en derhalwe verkeerd.

Dis wenslik om die feite van die saak as uitgangspunt te neem. Die aanklaer het nie versoek nie dat die twee getuies, terwyl hulle getuienis vir die Staat aflê, toegelaat moet word om hul geheues te verfris aan die hand van 'n dokument wat kort na die voorval opgestel is D nie, en wat van so 'n aard is dat hulle dit as geheueopknapper in die hof kan gebruik. Indien dit wel sou gebeur het, is dit duidelik, dink ek, dat die dokumente ter beskikking van die verdediging sou moes gestel gewees het. Wat gebeur het, is dat elkeen van die getuies onder kruisverhoor erken het dat hy sy eie getuieverklaring 'n paar dae voor die verhoor oorgelees het met die doel om sy geheue te verfris, en E daardeur onthou het. Wat hulle anders nie sou onthou het nie. Wat die posisie sou wees, of behoort te wees, indien hulle sou erken het dat hulle geen onafhanklike herinnering van die gebeure het nie en dat die getuienis wat hulle in die hof afgelê het alleen 'n weergawe is van hul herinnering van wat hulle in die verslae gelees het, is nie nodig om F tans te beslis nie. Wat dus wel plaasgevind het, is dat die getuies 'n weergawe gegee het van hul herinnering van die...

To continue reading

Request your trial
66 practice notes
  • Venmop 275 (Pty) Ltd and Another v Cleverlad Projects (Pty) Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 581 applied Epstein v Christodoulou and Another 1982 (3) SA 347 (W): referred to Ex parte Minister van Justisie: In re S v Wagner 1965 (4) SA 507 (A): referred Foize Africa (Pty) Ltd v Foize Beheer BV and Others 2013 (3) SA 91 (SCA): referred to F Gcabashe v Nene 1975 (3) SA 912 (D): ref......
  • Shabalala and Others v Attorney-General, Transvaal, and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Minister of Home Affairs (Bermuda) v Fisher [1980] AC 319 (PC) ([1979] 3 All ER 21) Minister van Justisie, Ex parte: In re S v Wagner 1965 (4) SA 507 (A) Mwandingi v Minister of Defence, Namibia 1991 (1) SA 851 (Nm) F Nortje and Another v Attorney-General, Cape, and Another 1995 (2) SA 460 ......
  • S v Motaung and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to rely upon a witness' statement, see S v Fourie en 'n Ander 1972 (1) SA 341 (T); Ex parte Minister of Justice: In re S v Wagner 1965 (4) SA 507 (A); S v Alexander 1965 (2) SA 796 (A). As to sentence, see S v Mothibe 1977 (3) SA 823 (A); S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A); R v Dhlumayo 1948 (2)......
  • S v Majavu
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Steyn 1954 (1) SA 324 (A) at 335A; S v B and Another I 1980 (2) SA 946 (A) at 952D-H; Ex parte Minister van Justisie: In re S v Wagner 1965 (4) SA 507 (A) at 515A; S v Mavela 1990 (1) SACR 582 (A) at 590h-j; Jonas v Minister of Law and Order 1993 (2) SACR 692 (E) at 694g-695c; S v Schreuder......
  • Request a trial to view additional results
65 cases

1 books & journal articles
  • Legal Privilege Under s 42A of the Tax Administration Act Analysed
    • South Africa
    • Business Tax and Company Law Quarterly No. 12-1, March 2021
    • 1 March 2021
    ...that meets the threshold test stated in s 223(3)(b)(i), (ii) and (iii). 61 Ex parte Minister van Justisie: In re S v Wagner 1965 4 SA 507 (A) 514. 62 Bogoshi op cit note 42 on p 20 above at 793A. 63 A Company op cit note 9 on p 15 above at para 30. 64 A Company op cit note 9 on p 15 above a......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT