Ex parte Die Likwidateurs van Trust Staal (Edms) Bpk (In Likwidasie)

JurisdictionSouth Africa
Citation1967 (3) SA 577 (O)

Ex parte Die Likwidateurs van Trust Staal (Edms) Bpk (In Likwidasie)
1967 (3) SA 577 (O)

1967 (3) SA p577


Citation

1967 (3) SA 577 (O)

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

Hofmeyr R

Heard

December 1, 1966; December 2, 1966; December 15, 1966; February 2, 1967; February 10, 1967

Judgment

February 20, 1967

Flynote : Sleutelwoorde A

Maatskappy — Ondersoeke kragtens arts. 155 en 180 ter van Wet 46 van 1926, soos gewysig — Wanneer gelas.

Headnote : Kopnota

Waar 'n likwidateur voldoende gronde vir die hou van 'n ondersoek kragtens artikel 155 van die Maatskappywet openbaar het, sal die Hof nie op versoek van 'n direkteur instede daarvan 'n ondersoek kragtens artikel 180 ter van die Maatskappywet gelas bloot teneinde die direkteur 'n geleentheid te gee om 'n stigma wat na bewering op sy naam sou rus te verwyder nie. Sulke ondersoeke is nie as sodanig direk gerig op die verkryging van enige regshulp nie maar, veral wat artikel 155 betref, eerder daarop gerig om aan likwidateurs noodsaaklike en betroubare inligting te verskaf sodat hulle op verantwoordelike en effektiewe stappe vir die suksesvolle likwidasie van die maatskappy kan besluit.

Flynote : Sleutelwoorde

Company — Enquiries under sec. 155 and sec. 180 ter of Act 46 of 1926, as amended — When ordered.

Headnote : Kopnota

Where a liquidator has shown sufficient grounds for the holding of an enquiry under section 155 of the Companies Act, the Court will not at the request of a director order an enquiry under section 180 ter of the Companies Act instead, merely in order to give the director an opportunity to remove an alleged stigma resting on his name. Such enquiries are not as such directly aimed at obtaining any legal relief but, particularly as far as section 155 is concerned, aimed rather at furnishing the liquidators with necessary and reliable information so as to enable them to decide upon responsible and effective measures for the successful liquidation of the company.

Case Information

Keerdatum van 'n bevel nisi. Die feite blyk uit die uitspraak. D H. J. O. van Heerden (bygestaan deur H. C. J. Flemming), namens die applikant: Die doel van die ondersoek is gerig op die beter likwidasie van die maatskappy en omvat om aan die likwidateur meer inligting te verskaf. MacDuff & Co. Ltd v Lawn en Andere, 1922 W.L.D. 66; Ex parte Brivik, 1950 (3) SA 790 op bl. 791B; Simmons v Gilbert Hamer & Co. Ltd., 1962 (2) SA 487 op bl. 493; R v Herholdt, 1956 (2) SA 717 op E bl. 719A en 719F; In re Gold Co., 12 Ch. D. 95; In re Greys Brewery Ltd., 25 Ch. D. 400; In re Imperial Continental Water Co., (1886) 33 Ch. D. 334; Palmer, Precedents in Company Law, 17de uitgawe, bl. 471. Deels weens die genoemde funksie van die ondersoek, is die ondersoek basies 'n private ondersoek waarby alle persone uitgesluit is: F Liquidators Platini's Cafe (Pty.) Ltd v Versamapoulos, 1942 W.L.D. 170 op bl. 171, 172; Ex parte Murray, 1960 (4) SA 553 op bl. 556A; Re Western of Canada Oil, Lands and Works Co., 6 Ch. D. 109; In re London and Northern Bank, 1902 (2) Ch. D. 73. 'n Ondervraagde is egter geregtig om verteenwoordig te word deur 'n regsverteenwoordiger maar alleen ten einde deur 'n soort herverhoor 'sy antwoorde op te helder.' Re Cambian G Mining Co., 20 Ch. D. 376; Re Beacon Loading Armoury Co., 1867 L.R. 4 Eq. 453; Rawlins and McNaughten, Law and Practice in relation to Companies, bl. 347.

1967 (3) SA p578

J. Browde, namens G. H. Langler & Kie. Bpk.

M. T. Steyn, S.C., namens D. J. Strauss.

C. E. L. Beck, S.C., namens J. R. Roderick, C. G. S. Nel, Dr. G. W. Snyman en F. J. C. Cronje.

Cur adv. vult. A

Postea (20 Februarie).

Judgment

Hofmeyr, R.:

Dit is die keerdatum van 'n bevel nisi wat die direkteure B van Trust Staal (Edms.) Bpk. en vier ander persone oproep om redes aan te voer -

'(a)

waarom 'n ondersoek nie kragtens die bepalings van art. 155 van die Maatskappywet, 1926 (Wet 46 van 1926) soos gewysig, gehou sal word nie op 'n datum, plek en wyse soos deur hierdie Hof bepaal;

(b)

alternatiewelik, waarom hierdie Hof nie 'n kommissaris, synde C. St. John Thompson, 'n gewese Weesheer van die Hooggeregshof van C Suid - Afrika, ingevolge art. 194 van genoemde Wet moet aanstel met magtiging om die ondersoek kragtens die bepalings van art. 155 van genoemde Wet te hou nie, op 'n datum, plek en wyse soos deur hierdie Hof bepaal;

(c)

waarom hierdie Hof nie dagvaardings teen bedoelde persone moet uitreik om hulle teenwoordigheid by so 'n ondersoek te verseker nie;

(d)

waarom hierdie Hof nie van sodanige persone moet eis dat hulle enige boeke en papiere wat op Trust Staal (Edms.) Bpk. (in likwidasie) betrekking het en wat in hulle bewaring is of waaroor D hulle beskik, by so 'n ondersoek moet oorlê of inhandig nie;

(e)

waarom die applikante nie deur hulle regsverteenwoordigers gemagtig sal word om die ondersoek te behartig nie;

(f)

waarom die kostes van hierdie aansoek nie uit die fondse van die gemelde maatskappy betaal moet word nie; en

(g)

waarom sodanige bevel ten aansien van die kostes van die ondersoek as wat hierdie Hof of die kommissaris mag goedvind, nie gemaak sal word nie.'

E Hierdie bevel is aan al die gemelde persone behalwe aan sekere mnr. F C. van der Linde beteken en die bevele hierin gegee het dus nie betrekking op die gemelde...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT