Ericsen v Germie Motors (Edms) Bpk

JurisdictionSouth Africa
JudgeRabie HR, Hoexter AR, Botha AR, Boshoff AR en Nicholas Wn AR
Judgment Date29 May 1986
Hearing Date06 May 1986
CourtAppellate Division

Botha AR:

Die appellant D kom in hoër beroep teen 'n uitspraak van FRIEDMAN R in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop, waarvolgens vonnis ten gunste van die respondent teen die appellant toegestaan is vir die betaling van skadevergoeding ten bedrae van R7 900, met koste. Die uitspraak is gerapporteer in 1985 (2) SA 389 onder die opskrif E Germie Motors (Pty) Ltd v Ericksen. Die korrekte spelling van die naam van die appellant, die verweerder in die Hof a quo, is Ericsen. Ek sal hieronder na hom by name verwys, wanneer ek die getuienis en die feite behandel; maar waar dit gaan om sy posisie in die gedingvoering as sodanig, sal ek hom die verweerder noem. Na die respondent sal ek F deurgaans verwys as die eiser.

'n Opsomming van die bewerings in die pleitstukke kom voor in die gerapporteerde uitspraak van die Verhoorregter, op 389H - 390G. Vir die doeleindes van my uitspraak, met die oog op wat later gaan volg, is dit egter noodsaaklik om gedeeltes van die inhoud van die pleitstukke self aan te haal. Paragrawe 3 tot 8 van die eiser se besonderhede van eis, soos dit uiteindelik, na talle wysigings, daar uitgesien het, lui soos G volg:

"3.

Gedurende Desember 1978 het die verweerder 'n 1978 model Mercedes-Benz 250 voertuig aan die eiser verkoop in terme van 'n mondelinge ooreenkoms teen 'n koopprys van R7 900.

4.

Voormelde koopprys is ten volle deur die eiser aan die verweerder H betaal, en die verweerder het die genoemde voertuig aan die eiser gelewer.

5.

Ten tye van gemelde koopooreenkoms het die verweerder aan die eiser voorgehou dat hy regtens die voertuig aan die eiser kon verkoop, terwyl die verweerder geweet het dat dit 'n gesteelde voertuig was en dat hy derhalwe nie regtens die voertuig aan die I eiser kon verkoop nie.

6.

Uit hoofde van die voorgaande het die verweerder 'n bedrieglike wanvoorstelling aan die eiser gemaak, deur welke voorstelling die eiser beweeg is tot die sluiting van genoemde ooreenkoms.

6A.

In die alternatief tot die voorgaande, en slegs indien dit nie bewys word dat verweerder geweet het dat dit 'n gesteelde J voertuig was nie, voer eiser aan:

Botha AR

(1)

A dat verweerder, met die bedoeling om eiser (soos verteenwoordig deur Jacobus Basson Nell) tot sluiting van die ooreenkoms te beweeg, nalatiglik aan eiser voorgehou het dat verweerder regtens namens 'n derde gemagtig was om die gemelde voertuig aan eiser te verkoop;

(2)

B dat verweerder nalatig was deurdat hy versuim het om enige, alternatiewelik genoegsame, stappe te neem ten einde vas te stel of hy of die derde party regtens bevoeg was om gemelde voertuig aan eiser te verkoop terwyl daar 'n regsplig op verweerder gerus het om sodanige stappe te neem;

(3)

C dat voormelde voorstelling vals was, deurdat gemelde voertuig 'n gesteelde voertuig was, en dat verweerder gevolglik nie regtens bevoeg was om gemelde voertuig aan eiser te verkoop nie;

(4)

dat voormelde voorstelling wesenlik was en dat eiser daardeur tot sluiting van die ooreenkoms beweeg is.

6B.

In die verdere alternatief tot paras 5, 6 en 6A hierbo voer eiser aan: D

(1)

dat verweerder uitdruklik, alternatiewelik stilswyend, aan eiser gewaarborg het dat hy regtens gemagtig was om gemelde voertuig namens 'n derde aan eiser te verkoop;

(2)

E dat eiser, verteenwoordig soos voormeld, deur gemelde waarborg tot sluiting van die ooreenkoms beweeg is;

(3)

dat verweerder in werklikheid nie regtens gemagtig was om gemelde voertuig aan eiser te verkoop nie, aangesien dit 'n F gesteelde voertuig was en verweerder se prinsipaal nie bevoeg was om daaroor te beskik nie;

(4)

dat verweerder se prinsipaal, uit hoofde van die voorgaande, nie die ooreenkoms kan ratifiseer nie;

(5)

dat verweerder, uit hoofde van die voorgaande, teenoor eiser aanspreeklik is vir terugbetalng van R7 900.

7. 7.1

Nadat eiser lewering van die gemelde voertuig ontvang het, het eiser die voertuig op 11 Januarie 1979 aan ene adv Hennie La Cock verkoop, welke transaksie deur Boland Bank gefinansier is.

7.2

Gedurende Januarie 1979, en na sluiting van voormelde H transaksie, het Santamversekeringsmaatskappy Bpk wat opgetree het namens die werklike eienaar van die gemelde voertuig, besit daarvan opgeëis in die hande van gemelde La Cock.

7.3

Op of ongeveer 30 Januarie 1979 het eiser die koopsom plus I rente aan Boland Bank terugbetaal, soos wat eiser in die omstandighede regtens verplig was om te doen.

8.

Uit hoofde van voorgaande het die eiser skade gely in die bedrag van R7 900, vir welke bedrag verweerder aanspreeklik is."

Die eiser het van tyd tot tyd op versoek van die verweerder nadere besonderhede verstrek. Ek hoef nie daarna te verwys nie, maar ek noem dit ter verduideliking van die feit dat daar in die verweerder se verweerskrif, waaruit ek nou gaan aanhaal, verwysings voorkom na J besonderhede van datums, plekke en ander aangeleenthede wat nie verskyn in die

Botha AR

A besonderhede van eis self nie; dit slaan op inligting wat by wyse van nadere besonderhede verstrek is. Paragrawe 3 tot 9 van die verweerskrif, soos uiteindelik gewysig, lui soos volg:

"3.

Ad para 3 of plaintiff's particulars of claim:

B The allegations made in this paragraph are denied.

4.

Ad para 4 of plaintiff's particulars of claim:

(1)

Defendant admits that on or about 29 December 1978 he delivered to the said Nell, who represented plaintiff, a 1978 model Mercedes-Benz 250 motor car and received from the said C Nell, acting as aforesaid, the sum of R7 900 in cash.

(2)

Save as aforesaid, the allegations made in this paragraph are denied.

5.

Ad para 5 of plaintiff's particulars of claim (as amended):

(1)

Defendant admits that on or about 28 December 1978, and at or D near Blouberg Strand, he informed the said Nell, who represented plaintiff, that defendant had been duly authorised by a third party to act on the latter's behalf for the purpose of selling the said motor car.

(2)

Defendant has no knowledge as to who was the lawful owner of E the said motor car on the said date, does not admit that it was one C Pollatscher, trading as Marina Fashions, as alleged by plaintiff, and puts plaintiff to the proof of its allegation to this effect.

(3)

Save as aforesaid, the allegations made in this paragraph are F denied.

6.

Ad para 6 of plaintiff's particulars of claim:

The allegations made in this paragraph are denied.

7.

Ad para 6A:

(a)

Defendant admits that he informed the said Nell that he had G been duly authorised by a third party to act on the latter's behalf for the purpose of selling the said motor car and that some time subsequent to the transaction defendant discovered that the said motor car was in fact stolen.

(b)

Save as aforementioned, each and every allegation of fact and H conclusion of law in this paragraph contained is denied.

8.

Ad para 6B:

(a)

Defendant admits that he informed the said Nell that he had been duly authorised by a third party to act on the latter's behalf for the purpose of selling the said motor car and that I some time subsequent to the transaction defendant discovered that the said motor car was in fact stolen.

(b)

Save as aforementioned, each and every allegation of fact and conclusion of law in this paragraph contained, is denied.

9.

Ad paras 7 (as to be amended) and 8 of plaintiff's particulars of claim:

Save for denying that he is liable to plaintiff as alleged or at J all,

Botha AR

A defendant has no knowledge of the allegations made in these paragraphs, admits none of them, and puts plaintiff to the proof thereof."

Kort voor die aanvang van die verhoor het die partye se regsverteenwoordigers ooreengekom, soos opgeteken in 'n dokument onder B die opskrif "Notule in terme van Reël 37",

"... dat die volgende feite erken word:

1.

Dat die betrokke Mercedes-Benz-motorvoertuig wat op 29 Desember 1978 deur verweerder aan eiser gelewer is, in daardie stadium 'n gesteelde voertuig was.

2.

Dat die wettige eienaar van gemelde voertuig op gemelde datum C Marina Fashions (Edms) Bpk was."

Oor die verkoop van die betrokke voertuig is daar getuienis afgelê deur Nell (die verteenwoordiger van die eiser), Ericsen (die verweerder) en ene Fargher (die vlieg in die salf). Fargher het die voertuig aan Ericsen gelewer om te verkoop. Fargher het geweet dat dit 'n gesteelde voertuig was. Hy is namens die eiser as 'n getuie geroep om te getuig, D soos hy gedoen het, dat hy aan Ericsen meegedeel het dat die voertuig wat hy aan hom gelewer het, 'n gesteelde voertuig was. Sy getuienis in hierdie opsig, wat deur Ericsen betwis is, is deur die Verhoorregter verwerp (op 391G). Voor hierdie Hof is daar tereg nie namens die eiser betoog dat die Verhoorregter in hierdie verband gefouteer het nie. E Fargher was klaarblyklik 'n ongeloofwaardige getuie en sy getuienis kan verder buite beskouing gelaat word. Dit staan dus vas, volgens die getuienis, dat Ericsen onbewus was van die feit dat die voertuig wat hy aan Nell te koop aangebied het, 'n gesteelde voertuig was.

F Die omstandighede waaronder Ericsen die voertuig van Fargher verkry het en dit toe aan Nell verkoop het, soos dit blyk uit Ericsen en Nell se getuienis, word opgesom in die Verhoorregter se uitspraak, op 390H - 391E, en ek ag dit onnodig om dit hier te herhaal. Dit sal wel later nodig wees om enkele aspekte van die getuienis soos opgesom deur die Verhoorregter van naderby te beskou. Wat ek egter in hierdie stadium wil G weergee, omdat dit nie in die Verhoorregter se uitspraak behandel word nie, en omdat dit later in hierdie uitspraak ter sprake sal wees, is die strekking van Nell en Ericsen se getuienis oor wat laasgenoemde aan eersgenoemde sou gesê het aangaande sy magtiging om die voertuig te verkoop "namens 'n derde", soos...

To continue reading

Request your trial
10 practice notes
  • Bayer South Africa (Pty) Ltd v Frost
    • South Africa
    • Invalid date
    ...486G-H; Lillicrap, Wassenaar and Partners v Pilkington Brothers (SA) (Pty) Ltd 1985 (1) SA 475 (A); Ericsen v Germie Motors (Edms) Bpk 1986 (4) SA 67 (A) at 91E-G. As to the legal liability of a distributor, see Mackeurtan Sale of Goods in South Africa 5th ed at 162-3; Holmdene Brick Works ......
  • Absa Bank Ltd v Lombard Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 90 (SCA): referred toCommissioner for Inland Revenue v Visser 1959 (1) SA 452 (A): referred toEricsen v Germie Motors (Edms) Bpk 1986 (4) SA 67 (A): referred toFirst National Bank of Southern Africa Ltd v East Coast Design CC and Others2000 (4) SA 137 (D): referred toFirst National B......
  • Bayer South Africa (Pty) Ltd and Another v Viljoen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(Pty) Ltd 1985 (1) SA 475 (A); Kern Trust (Edms) Bpk v Hurter 1981 (3) SA 607 (C) at 614E - 616G; Ericsen v Germie Motors (Edms) Bpk 1986 (4) SA 67 (A) J 1990 (2) SA p649 at 91F; Boberg The Law of Delict vol 1 (Juta, 1984) at 62 - 3; Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk A 1979 ......
  • Van der Merwe v Meades
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(4) SA 340 (A) op 348D - H; Kern Trust v Hurter (Edms) Bpk 1981 (3) SA 607 (K) op 609H - 616G; Ericsen v Germie Motors (Edms) Bpk D 1986 (4) SA 67 (A) op 91E - F. Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A) op H J Lacock namens die respondent het na die volgende ge......
  • Request a trial to view additional results
9 cases

1 books & journal articles
10 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT