Ebrahim v Pretoria Stadsraad

JurisdictionSouth Africa
JudgeEsselen R, Preiss R en Le Roux R
Judgment Date21 May 1980
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date21 May 1980
Citation1980 (4) SA 10 (T)

Esselen R:

Hierdie is 'n appèl teen die uitspraak van 'n enkele Regter in Kamerhof in hierdie Afdeling waarvolgens 'n uitsettingsbevel en koste op aansoek van die respondent teen die appellante verleen is. Die uitspraak is in 1979 (4) SA 193 (T) gerapporteer.

C Die appellante is 'n volwasse Indiërvrou wat te erf 903 voorheen bekend as 27 Straat 326 in die dorpsgebied Laudium, distrik Pretoria, woonagtig is. Sy is met ene Omar Hajee Fbrahim buite gemeenskap van goed getroud met uitsluiting van die maritale mag. Die appellante is 'n kleindogter van ene Hawa Noor-Mahomed (hierna die oorledene genoem). Op 26 Oktober 1967 het D die respondent, ingevolge die bepalings van die Behuisingswet 10 van 1957 en die Wet op die Ontwikkeling van Groepsgebiede 69 van 1955, 'n huurkontrak met die oorledene ten aansien van erf 903 aangegaan, welke erf vanaf 1 Maart 1967 aan laasgenoemde verhuur is.

Ingevolge klousule 1 van die ooreenkoms kan die kontrak deur enigeen van die partye met 30 dae skriftelike kennisgewing van opsegging beëindig E word. Ingevolge klousule 4 van die ooreenkoms word 'n opsie aan die oorledene verleen om die eiendom te koop en word voorsiening gemaak vir 'n skema waarvolgens 'n gedeelte van die huurgeld deur die respondent op 'n spesiale rekening tot krediet van die oorledene geplaas word, tot 'n bepaalde bedrag opgebou is. Die opsie mag binne een maand nadat die bepaalde bedrag tot krediet van die oorledene staan, uitgeoefen word. Die F uitoefening van die opsie en die gevolglike koop, is onderhewig aan die bepalings van die Behuisingswet en die regulasies wat daaronder afgekondig is. Volgens klousule 9 het die oorledene nie die reg om sy belange onder die ooreenkoms te sedeer of af te staan sonder die geskrewe en voorafverkreëtoestemming van die respondent nie. Dit word verder bepaal dat:

G '... the leased premises shall at all times during the currency hereof, be used only as a residence for the tenant, his spouse and his unmarried children or such other person or persons as the Council may, by written consent, permit.'

Dit kan hier genoem word dat dit gemeensaak is dat die appellante nie op enige stadium die nodige toestemming verkry het om die erf te bewoon nie. Afgesien van die bepalings wat die pligte van die oorledene en die regte H van die respondent omskryf, word dit bepaal deur klousule 26 van die ooreenkoms dat, by sluiting van die huurkontrak of by uitoefening van die opsie, die oorledene nie van enige ander woning wat vir bewoning geskik is, eienaar mag wees nie. Dit is gemeensaak dat die oorledene die eiendom ingevolge die huurkontrak tot en met sy dood op 5 Desember 1974 gehuur het. Dit word beweer deur ene Cassim Ebrahim Ismail (hierna Cassim genoem) dat hy die oorledene se seun (nie die broer is soos deur die Hof a quo bevind is nie), asook 'n oom van die appellante is. Daarbenewens word dit beweer dat hy as eksekuteur in die boedel van die

Esselen R

oorledene aangestel is en dat ingevolge die testament, hy sy enigste erfgenaam is. Die bewering word gemaak dat die boedel afgehandel is, hoewel geen likwidasie - en distribusierekening voorgelê is nie. Cassim A beweer verder dat hy al die regte ingevolge die huurkontrak geërf het. Die appellante grond haar okkupasiereg van die eiendom op die toestemming wat Cassim as huurder aan haar sou verleen het. Ter stawing van die aansoek om uitsetting beweer die respondent dat appellante in onwettige okkupasie daarvan is en maak staat onder andere op die feit dat die genoemde huurkontrak tussen die respondent en die oorledene met laasgenoemde se dood beëindig is.

B Dit is onnodig om na die betwiste feite te verwys en die Hof a quo het tereg bevind dat die aangeleentheid op die onbetwiste feite beslis kan word. Dit is namens die appellante betoog dat die Hof a quo fouteer het deur te bevind dat, ten spyte van die afwesigheid van 'n bewering dat die C respondent die eienaar van die betrokke erf is, 'n saak vir...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
  • Macadamia Finance Bpk en 'n Ander v De Wet en Andere NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...17.08 op 227; Wilken v Kohler 1913 AD 135 op 150; Tiopaizi v Bulawayo Municipality 1923 AD 317 op 326; Ebrahim v Pretoria Stadsraad 1980 (4) SA 10 (T) op 15B; Joubert (red) The Law of South Africa band 14 B para 39; Benade 'Verontagsaming van die Selfstandigheid van die Maatskappyregspersoo......
  • Bragge v Douglasdale Dairy (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd v Trustco Group International (Pty) Ltd and Others 2013 (6) SA 520 (SCA) ([2013] ZASCA 120): applied Ebrahim v Pretoria Stadsraad 1980 (4) SA 10 (T): Elastocrete (Pty) Ltd v Dickens 1953 (2) SA 644 (SR): dictum at 648H – 649C applied Estate F Kemp and Others v McDonald's Trustee 1915 AD......
  • Boompret Investments (Pty) Ltd and Another v Paardekraal Concession Store (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(Pty) Ltd v Senekal 1948 (3) SA 514 (A) at 520 - 1; Thomas v Guirguis 1953 (2) SA 36 (W) at 39D - 40A; Ebrahim v Pretoria Stadsraad 1980 (4) SA 10 (T) at 14A - R Zulman SC (with him B E Doctor) for the respondent referred to the following authorities: Pretoria Stadsraad v Ebrahim 1979 (4) S......
  • Radebe and Others v Eastern Transvaal Development Board
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die beëindiging van die huurkontrak nie, welke feit in elk geval 'n goeie skuldoorsaak sou daargestel het. Ebrahim v Pretoria Stadsraad 1980 (4) SA 10 (T). Pretoria Stadsraad v Ebrahim 1979 (4) SA 193 (T) I . Die skuldoorsaak waarop respondent staatgemaak het, hou dus logies in dat die huur......
  • Request a trial to view additional results
8 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT