Ebrahim v Minister of the Interior

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff CJ, Wessels JA, Jansen JA, Rabie JA and Joubert AJA
Judgment Date30 November 1976
Hearing Date24 September 1976
CourtAppellate Division
Date30 November 1976

Rumpff, C.J.:

Die appellant kom in hoër beroep, by ooreenkoms direk na hierdie Hof, teen 'n bevinding van Regter VAN HEERDEN, in Durban, dat hy nie geregtig is op 'n bevel dat hy nie sy Suid-Afrikaanse burgerskap kragtens die bepalings van Wet 44 van 1949 verloor het nie. Die uitspraak van die Hof a quo verskyn in Ebrahim v Minister of the Interior, 1976 (1)

Rumpff CJ

S.A. 878 (D). In sy aansoek voor die Hof a quo het appellant beweer dat hy in 1930 in Durban gebore is en dat hy kragtens die bepalings van Wet 46 van 1927 Unieburger was en kragtens die bepalings van Wet 44 van 1949 'n Suid-Afrikaanse burger geword het. Tot 1952 het hy in sy ouerlike huis in Durban A gewoon. Daarna het hy seeman geword, vanaf 1952 tot 1971, met drie onderbrekings. Van 1954 tot 1957 het hy in Durban gewoon, van 1957 tot 1959 het hy in Londen gewoon en van 1959 tot 1960 het hy weer in Durban gewoon. Sy reise as seeman het hy soos volg aangedui: van 1952 tot 1953 op 'n Suid-Afrikaanse kusvaarder tussen Durban en Kaapstad, van 1953 tot 1954 op 'n Britse boot in verskillende dele van die wêreld, van 1956 tot B 1957 op 'n Britse boot tussen Suid-Afrikaanse en Australiese hawens, gedurende 1960 op twee Britse bote tussen Britse, Australiese en Suid-Afrikaanse hawens en van 1961 tot 1971 opverskillende Britse bote van die Union Castle Steamship Co. Ltd. tussen Britse en Suid-Afrikaanse hawens. In 1964 is appellant in Suid-Afrika getroud en sy vrou en vier kinders leef in Durban in die huis van appellant by 'n winkel, wat hy in 1963 van sy vader gekoop het. 'n Pikante faset van appellant se lewensverhaal is dat hy in 1971 'n bedrag van £221 094 in 'n sg. "football pool" in Engeland gewen het. Van hierdie bedrag is £200 000 nog in Engeland belê. Appellant beweer dat hy nooit in Engeland woonagtig was nie maar dat hy altyd permanent D woonagtig en gedomisilieer in die Republiek van Suid-Afrika was. Geen probleem sou ontstaan het nie as appellant nie op 5 Junie 1958 'n vorm met behulp van 'n prokureur in Engeland voltooi het nie waarvolgens hy aansoek doen om geregistreer te word as Britse burger. Appellant beweer dat hy dit gedoen het om makliker werk as seeman te verkry. In hierdie aansoek, E waarvan 'n afskrif voor die Hof is, het hy o.a. beweer dat hy in Suid-Afrika gebore is, en dat sy vader in Indië gebore is. Hy het ook die volgende beweer:

"I am ordinarily resident in United Kingdom and have been so ordinarily resident during the past twelve months as follows:"

Gevraagde besonderhede oor o.a. adresse het hy oënskynlik nie ingevul nie. Aan die einde van die aansoek verskyn die F volgende:

"I, (full name) Ismail Ebrahim do solemnly and sinoerely declare that the foregoing particulars.. 'illegible'... true, and I make the solemn declaration conscientiously believing the same to be true".

Na sy handtekening is daar die volgende:

"Made and subscribed this 5th day of June, 1958

Made and resubscribed this 10th day of February, 1961."

Appellant het verduidelik dat hy na voltooiing van die aansoek G in 1958 van besluit verander en die aansoek terug gehou het. In 1961 het hy egter besluit om met die aansoek voort te gaan omdat hy gehoor het dat Suid-Afrika uit die Britse Gemenebes sou of kon tree en dit vir hom as vreemdeling in die Verenigde Koninkryk moeilik of onmoontlik sou wees om werk te kry. Onder H die aansoekvorm verskyn die volgende:

"The above-named applicant has been registered as a citizen of the United Kingdom and Colonies. Declaration duly attested on the original application form held by the Home Office".

Dan volg 'n handtekening as "illegible" aangegee en die datum "29th March, 1961". In 'n beëdigde verklaring van die Britse Vise-konsul in Durban word o.a. gesê in verband met appellant se aansoek vorm:

"The endorsement at the foot of the second page of the said annexure, recording on 29 March 1961 that the said Ismail Ebrahim had been registered as a citizen of the

Rumpff CJ

United Kingdom and Colonies, means that:

(a)

he was registered as a citizen of the United Kingdom and Colonies on 29 March 1961

(b)

he therefore acquired citizenship of the United Kingdom and Colonies on 29 March 1961."

A Wat betref hierdie datum, nl. 29 Maart 1961, beweer appellant dat hy op die "Durban Castle" was, 'n boot wat op reis was tussen hawens van die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika en dat hy op daardie dag fisies in die hawe van Port Elizabeth was. Hierin word hy gestaaf deur die verklaring van die hawekaptein B van Port Elizabeth wat verklaar dat volgens sy registers die "Durban Castle" in die hawe van Port Elizabeth was vanaf 6.35 vm. op 29 Maart 1961 tot 6.40 nm. op 30 Maart 1961.

Respondent het beweer dat, nieteenstaande hierdie feit, art. 15 van Wet 44 van 1949, soos dit was voor 'n wysiging in 1961', van toepassing is, en dat appellant sy burgerskap verbeur het. C Hierdie houding het aanleiding gegee tot die aansoek van appellant in die Hof a quo wat respondent gelyk gegee het. Art. 15 van Wet 44 van 1949 het ten tyde van appellant se registrasie as Britse burger bepaal:

"15. 'n Suid-Afrikaanse burger wat, terwyl hy buite die Unie is en nie 'n minderjarige is nie, die burgerskap of nasionaliteit van 'n ander land dan die Unie deur een of ander vrywillige en formele handeling, behalwe 'n huwelik, verkry, hou daarop op om D 'n Suid-Afrikaanse burger te wees."

Die Engelse teks het gelui:

"A South African citizen who whilst outside the Union, and not being a minor, by some voluntary and formal act, other than marriage, acquires the citizenship or nationality of a country other than the Union, shall thereupon cease to be a South African citizen."

E Hierdie artikel is later in 1961 vervang deur 'n artikel met meer uitgebreide bepalings maar die wesenlike inhoud van die oorspronklike art. 15 is daarin behou.

Die Hof a quo het o.a. beslis dat

"in the context in which it is here used, 'acquires' does not denote the actual granting of citizenship but something F positive on the part of the person to whom citizenship is granted".

Ook het die Hof a die volgende bevind:

"I have accordingly, on the facts of this case and indeed as the applicant himself solemnly declared in his application, come to the conclusion that he was ordinarily resident in the United Kingdom for the requisite period which entitled him to United Kingdom citizenship by registration and that being so resident he 'acquired', within the meaning of that word in sec. G 15, such citizenship whilst he was outside the Union of South Africa. It follows, in my view, that he thereby lost his South African citizenship and that the application must fail."

Die betoog namens die appellant in hierdie Hof is 'n heel eenvoudige betoog, en daar is nie gesteun op wat in die Hof a quo aangevoer is omtrent die grammatikale konstruksie van art. H 15 nie. Die woorde van art. 15 is duidelik, so word aangevoer: die appellant was op 29 Maart 1961 toe die aansoek om Britse burgerskap goedgekeur is, in die hawe van Port Elizabeth, en derhalwe nie "buite die Unie" en gevolglik is art. 15 nie op appellant van toepassing nie. 'n Simplistiese benadering van art. 15 sou ongetwyfeld die appellant gelyk moet gee, maar daar is m.i. iets wat skort met so 'n benadering. Dit kon beswaarlik die bedoeling van die Wetgewer gewees het dat 'n persoon, wat buite die Unie geleef het en wat vrywillig en formeel aansoek doen om burgerskap van 'n ander land, nie sy burgerskap sou verbeur nie indien so 'n persoon toevallig vir een dag

Rumpff CJ

in die Unie was en daarna weer die Unie verlaat het en dit sou blyk dat die sertifikaat van sy nuwe burgerskap die datum dra van die dag waarop 50 'n persoon toevallig in die Unie was.

Gestel 'n Suid-Afrikaanse burger het die Unie permanent verlaat en besluit om in Engeland te gaan woon. Daar doen hy, na A verloop van tyd, aansoek om Britse burgerskap en terwyl hy daarna vir 'n week in Johannesburg is om sy sake finaal af te handel, word sy sertifikaat in Engeland geteken. Hy gaan terug en kom weer na 'n jaar na die Unie op besoek. Indien art. 15 letterlik vertolk word, sou Suid-Afrika kon aanvoer dat die persoon nie sy burgerskap verloor het nie en hom gelas om bv. B verpligte militêre diens te doen. Die vraag ontstaan of dit ooit die bedoeling kon gewees het dat die man nie sy Suid-Afrikaanse burgerskap verloor nie maar in sulke fratsomstandighede onderhewig sou wees aan alle voorregte en verpligtinge wat op 'n Suid-Afrikaanse burger mag rus?

Aan die ander kant sou 'n Suid-Afrikaanse burger wat Britse burgerskap wil verkry en nie sy burgerskap van die Republiek C wil verloor nie, in Engeland kon gaan woon en daar aansoek doen om burgerskap deur registrasie, en na sy aansoek aldaar tydelik terugkom na die Republiek, om sodoende te sorg dat hy nie buite die Republiek is wanneer sy sertifikaat in Engeland geteken word nie. 'n Letterlike vertolking van art. 15 sou hom toelaat om dit te doen howel dit m.i. duidelik die werklike D bedoeling van die Wetgewer was om Suid-Afrikaanse burgerskap te ontneem aan persone wat die burgerskap van ander lande aanvaar.

Die voorbeelde hier genoem, trouens die feite van die onderhawige saak self, toon aan dat 'n letterlike toepassing van art. 15 tot onsekere toestande lei en wel op 'n gebied, nl. E burgerskap, waarop 'n mens kan verwag dat die Wetgewer 'n redelike mate van sekerheid wil stel. Dit wil my voorkom of sulke onsekerhede, wat sal afhang van blote toevallighede, onbestaanbaar is met die bedoeling van die Wetgewer. Wet 44 van 1949, soos gewysig, handel oor Suid-Afrikaanse burgerskap en wat hierdie onderwerp betref, kan aanvaar word dat enige F beskaafde staat wetgewing het wat handel oor die verkryging en verlies van burgerskap. Die besondere uitdrukking in art. 15 "terwyl hy buite die Unie is" het sy ontstaan waarskynlik te danke aan die bepalings van 'n Britse Wet, "The Naturalization Act, 1870", wat destyds die Engelse reg...

To continue reading

Request your trial
98 practice notes
  • S v Toms; S v Bruce
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Lewis en 'n Ander 1985 (4) SA 26 (T); Du Plessis v Joubert 1968 (1) SA 585 (A) at 594 - 5; Ebrahim v Minister of I the Interior 1977 (1) SA 665 (A) at 678; Pick 'n Pay Retailers (Pty) Ltd v Minister of Mineral and Energy Affairs 1987 (2) SA 865 (A) at 876; Summit Industrial Corporation ......
  • Manyasha v Minister of Law and Order
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Development Board v H Revision Court, Durban Central, and Another 1971 (1) SA 557 (N) at 565; Ebrahim v Minister of the Interior 1977 (1) SA 665 (A) at 677; Stellenbosch Farmers' Winery Ltd v Distillers Corporation (SA) Ltd 1962 (1) SA 458 (A) at 476; Volschenck v Volschenk 1946 TPD 486 at ......
  • Adampol (Pty) Ltd v Administrator, Transvaal
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Cohen's Trustees 1909 TS 811 at 813 - 14, Shenker v The Master and Another 1936 AD 136 at 142; Ebrahim v Minister of the Interior 1977 (1) SA 665 (A) at 678A - D It becomes necessary to construe the wording of s 95A(1) in its ordinary meaning and to have regard to its words in the light o......
  • Protective Mining & Industrial Equipment Systems (Pty) Ltd (Formerly Hampo Systems (Pty) Ltd) v Audiolens (Cape) (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to ascertain from the language employed the intention which the G Legislature meant to express. See Ebrahim v Minister of the Interior 1977 (1) SA 665 (A) at 677 - 8 and authorities there cited. In ascertaining this intention, regard is to be had both to the language of the enactment and to......
  • Request a trial to view additional results
95 cases
  • S v Toms; S v Bruce
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Lewis en 'n Ander 1985 (4) SA 26 (T); Du Plessis v Joubert 1968 (1) SA 585 (A) at 594 - 5; Ebrahim v Minister of I the Interior 1977 (1) SA 665 (A) at 678; Pick 'n Pay Retailers (Pty) Ltd v Minister of Mineral and Energy Affairs 1987 (2) SA 865 (A) at 876; Summit Industrial Corporation ......
  • Manyasha v Minister of Law and Order
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Development Board v H Revision Court, Durban Central, and Another 1971 (1) SA 557 (N) at 565; Ebrahim v Minister of the Interior 1977 (1) SA 665 (A) at 677; Stellenbosch Farmers' Winery Ltd v Distillers Corporation (SA) Ltd 1962 (1) SA 458 (A) at 476; Volschenck v Volschenk 1946 TPD 486 at ......
  • Adampol (Pty) Ltd v Administrator, Transvaal
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Cohen's Trustees 1909 TS 811 at 813 - 14, Shenker v The Master and Another 1936 AD 136 at 142; Ebrahim v Minister of the Interior 1977 (1) SA 665 (A) at 678A - D It becomes necessary to construe the wording of s 95A(1) in its ordinary meaning and to have regard to its words in the light o......
  • Protective Mining & Industrial Equipment Systems (Pty) Ltd (Formerly Hampo Systems (Pty) Ltd) v Audiolens (Cape) (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to ascertain from the language employed the intention which the G Legislature meant to express. See Ebrahim v Minister of the Interior 1977 (1) SA 665 (A) at 677 - 8 and authorities there cited. In ascertaining this intention, regard is to be had both to the language of the enactment and to......
  • Request a trial to view additional results
3 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT