Du Plessis NO v Oosthuizen en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa

Du Plessis NO v Oosthuizen en 'n Ander
1999 (2) SA 191 (O)

1999 (2) SA p191


Citation

1999 (2) SA 191 (O)

Case No

39/97

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

Cillié R, Olivier Wn R, Matsepe Wn R

Heard

October 20, 1997

Judgment

November 20, 1997

Counsel

JGA Kruger namens die appellant
B Pretorius namens die respondente

Flynote : Sleutelwoorde

Beslote korporasie — Bestuur van — Persoonlike aanspreeklikheid vir skulde van beslote korporasie kragtens art 64 van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 — Persoon wat wetend party is tot roekelose en bedrieglike bedryf I van beslote korporasie persoonlik verantwoordelik vir skulde of verpligtinge van beslote korporasie — Toets van toepassing standaard van redelike besigheidspersoon met kennis en ervaring van respondente — Blote oordeelsfoute nie genoeg nie — Respondente nooit lede van beslote korporasie nie, bloot skuldeisers vir groot somme geld — Respondente het geen beheer oor bestuur en aktiwiteite van beslote korporasie uitgeoefen nie — J

1999 (2) SA p192

Nóg lening van geld aan besigheid om dit in staat te stel om besigheid voort te sit nóg bywoning van inligtingsvergaderings positiewe stap in A bestuur van besigheid — Met inagname van respondente se posisies en beperkte ervaring as sakemanne kon dit nie van hulle verwag word om op hul hoede te wees vir aanduidings van ander se roekelose bestuur van beslote korporasie nie — Respondente nie aanspreeklik ingevolge art 64 van Wet nie. B

Insolvensie — Die insolvent — Vernietigbare vervreemdings en voorkeure — Insolvensiewet 24 van 1936, arts 29 en 30 — Betaling van skulde in gewone loop van besigheid — Wat uitmaak — Betaling van bedrae verskuldig aan respondente het in dieselfde manier gebeur as met ander skulde van beslote korporasie — Verdere groot bedrae aan respondente C verskuldig nie betaal nie — Geen aanduiding van voorkeur nie — Betalings het in gewone loop van besigheid plaasgevind — Feit dat skuldenaar op tydstip van betaling van insolvente toestand bewus was het nie beteken dat betaling nie in gewone loop van besigheid plaasgevind het nie — Vraag is of bedoeling of motief van insolvent was om deur die vervreemding gelyke of behoorlike verdeling van sy bates te versteur — As skuldenaar op tydstip van D vervreemding sekwestrasie bedink het, word by afwesigheid van uitsonderlike omstandighede aangeneem dat hy natuurlike gevolge van sy handeling beoog het — Op feite, geen bewys dat insolvent voorkeur aan respondent bo ander krediteure verleen het nie.

Insolvensie — Ondervraging kragtens art 65 van Insolvensiewet 24 van 1936 — Oorkonde van getuienis gelewer — E Toelaatbaarheid van in latere verrigtinge bespreek — Gesag bepaal dat getuienis toelaatbaar is in geregtelike stappe teen persoon wat sulke getuienis gelewer het en nie dat dit tegelykertyd bewys is van feite wat getuienis openbaar nie — Gewig wat aan getuienis geheg moet word bespreek — Ondervraging in casu gefundeer op foutiewe F uitgangspunt dat respondente lede van insolvente beslote korporasie was — Respondente het nooit rol gespeel in bestuur of beheer van beslote korporasie nie — Feit dat respondente nie by latere verrigtinge getuienis afgelê het nie lei nie tot negatiewe afleiding teen hulle nie.

Headnote : Kopnota

Die eerste respondent se wyle vader en die tweede respondent het elk 'n aansienlike bedrag geld aan die beslote G korporasie H Meule BK, wat besigheid gedoen het as 'n meule, geleen. Toe die beslote korporasie finansiële probleme begin ondervind het, is 'n skema ontwerp om dit weer in bedryf te kry. In terme van hierdie skema het die respondente weereens 'n bedrag geld beskikbaar gestel wat as kapitaal gebruik sou word om die aankoopprys H van mielies by boere te betaal. Die opbrengs van die verkoop van die gemaalde mielies sou gebruik word om die kapitale bedrag konstant te hou asook om die beslote korporasie se skuldeisers te betaal. Die respondente was naas die bank en die Mielieraad die beslote korporasie se grootste skuldeisers en hulle was boonop ook twee van die boere wat mielies op 'n kontantbasis aan die meule verkoop het. Hierdie skema het nie geslaag nie. Die I appellant, die likwidateur van H Meule BK (in likwidasie), het 'n gekombineerde aksie teen die respondente ingestel vir die betaling van sekere somme geld ingevolge die bepalings van art 64 van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 en arts 29 en 30 van die Insolvensiewet 24 van 1936. Dit is namens die respondente betoog dat hulle net krediteure van die beslote korporasie was en nie, soos deur die appellant betoog is, partye was tot die roekelose en bedrieglike dryf van die besigheid van die beslote korporasie wat uiteindelik tot dié se likwidasie gely het nie, alhoewel J

1999 (2) SA p193

hulle groot somme geld in die beslote korporasie gestort het en van die beslote korporasie se inligtingsvergaderings A bygewoon het. Dit is verder betoog dat die respondente nie voorkeur geniet het met die betaling van bedrae wat aan hulle verskuldig was nie omdat die betaling van daardie bedrae bloot in die gewone loop van besigheid plaasgevind het as gevolg van die lewering van mielies. Die eis is deur die Hof a quo van die hand gewys en die appellant het appél teen daardie bevinding aangeteken. Die respondente het nie in die Hof a quo getuig nie maar B het wel tydens die insolvensie-ondervraging kragtens art 65 van die Insolvensiewet getuig. Die toelaatbaarheid van die oorkonde van die respondente se getuienis in die insolvensie-ondervraging in die aksie is dus ook deur die Hof bespreek.

Beslis, dat volgens die gesag het die statutêre voorskrifte met betrekking tot ondervragings in verband met C maatskappye in likwidasie en insolvensies in wese bepaal dat die getuienis wat in die betrokke ondervragings afgelê is, toelaatbaar is in geregtelike stappe teen die persoon wat sulke getuienis gelewer het en nie dat dit tegelykertyd bewys is van die feite wat die getuienis openbaar nie. Met betrekking tot die vraag van wat die gewig behoort te wees wat aan die getuienis geheg moes word, moes die getuienis in sy volle totaliteit oorweeg word omdat die Hof nie verplig is om gelyke waardes aan elke deel van die verklaring wat gemaak is te gee nie. Die D oortuigingskrag van elke gedeelte, gemeet aan die geloofwaardigheid daarvan, moet teenoor mekaar opgeweeg word en daar moet aan die gedeeltes wat die verklaarder begunstig soveel gewig geheg word as wat die Hof oordeel dit verdien. (Op 206D—F.)

Beslis, verder, dat as daar in geheel na die getuienis wat tydens die insolvensie-ondervraging in casu gelewer is E gekyk word, het dit in die eerste plek geblyk dat die ondervraging gefundeer was op die foutiewe uitgangspunt dat die respondente lede van die beslote korporasie was en in die tweede plek dat die getuienis steun aan die argument gebied het dat die respondente nooit deel gehad het aan die bestuur of beheer van die beslote korporasie nie, maar slegs op stadiums finansiering aangebied het. Daar kon gevolglik nie noodwendig 'n negatiewe afleiding gemaak F word uit die feit dat die respondente verkies het om nie getuienis in die Hof a quo af te lê nie. (Op 208H/I—209A.)

Beslis, verder, dat die statutêre beginsel was dat iemand wat wetend 'n party tot die roekelose of bedrieglike bedryf van die besigheid van 'n beslote korporasie was of is, persoonlik vir die skulde of verpligtinge van sulke beslote korporasie aanspreeklik was. Die appellant het die bewyslas gehad om te bewys dat die respondente as G sulks opgetree het. Die gesag het aangetoon dat die toets wat in die omstandighede gebruik moes word dié van die standaard van die redelike besigheidspersoon was met die kennis en ervaring van die respondente. Die begrip 'wetens' het op optrede met volle kennis van die feite gedui, terwyl 'roekeloos' growwe nalatigheid sonder gevolgbewuste onverskilligheid aangedui het. Blote oordeelsfoute moes van aanmerking uitgesluit word. (Op H 199E—E/F, H—H/I, 201A/B—B/C, D—D/E en 202D.)

Beslis, verder, dat in die omstandighede van die saak dit te betwyfel was of dit van die respondente verwag kon word om op hul hoede te wees vir aanduidings dat die beslote korporasie deur ander persone roekeloos bestuur is, gesien hulle posisie en beperkte ervaring as sakemanne. Dit was gemenesaak dat die respondente nooit op enige I stadium lede van die beslote korporasie was nie óf direkteure was van die maatskappy wat die skema wat die beslote korporasie finansieel sou help voorgestel het nie. Die geld wat in die be- slote korporasie gestort is het dus geen ledebelang vir die respondente bekom nie en hulle het effektief geen beheer oor die bestuur of die aktiwiteite van die beslote korporasie uitgeoefen nie. Om bloot 'n lening aan 'n besigheid te maak om dit in staat te stel om sy besigheid voort te sit of om J

1999 (2) SA p194

inligtingsvergaderings by te woon kon nie op sigself as 'n positiewe stap in die bestuur van daardie besigheid A beskou word nie. Die Hof a quo se bevinding dat daar nie bewys is dat die respondente deelgeneem het aan die bestuur van die betrokke beslote korporasie nie was gevolglik reg en die respondente kon dus nie ingevolge die bepalings van art 64(1) van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 aanspreeklik gehou word nie. (Op 202E, 203F/G—G, 204B, C—C/D, 207B—B/C, D—E en 209H/I—I/J.) B

Beslis, verder, dat die betaling van die bedrae aan die respondente verskuldig op presies dieselfde manier behandel is as ander skulde van die beslote korporasie. Die eerste aansienlike voorskot sowel as die bedrag wat later betaal is in terme van die skema is egter nooit aan die respondente terugbetaal nie. Indien hierdie bedrae ten volle betaal C sou wees en nie die bedrae wat aan die bank of die Mielieraad verskuldig was nie, sou daar sprake van voorkeur kon gewees het. In die omstandighede het die...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Manyasha v Minister of Law and Order
    • South Africa
    • Invalid date
    ...that has lapsed. (Written consent in the majority of cases is an unlikely prospect, but there may be instances where it would suit a J 1999 (2) SA p191 Smalberger defendant to give consent in order to dispose of a matter.) In my view, the magistrate was empowered in terms of A Rule 60(5) to......
  • Bibliography
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2008-42, January 2008
    • 1 January 2008
    ...(4) SA 123 (T).Michael v Caroline’s Frozen Yoghurt Parlour (PTY) LTD at 1999 (1) SA 624 (W).Du Plessis NO v Oosthuizen en ’n Ander 1999 (2) SA 191 (O). Stafford t/a Natal Agricultural Co v Lions River Saw Mills (PTY) LTD 1999 (2) SA 1077 (N). Durity Omega (Pty) Ltd v Gauteng Civils CC and O......
1 cases
  • Manyasha v Minister of Law and Order
    • South Africa
    • Invalid date
    ...that has lapsed. (Written consent in the majority of cases is an unlikely prospect, but there may be instances where it would suit a J 1999 (2) SA p191 Smalberger defendant to give consent in order to dispose of a matter.) In my view, the magistrate was empowered in terms of A Rule 60(5) to......
1 books & journal articles
  • Bibliography
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2008-42, January 2008
    • 1 January 2008
    ...(4) SA 123 (T).Michael v Caroline’s Frozen Yoghurt Parlour (PTY) LTD at 1999 (1) SA 624 (W).Du Plessis NO v Oosthuizen en ’n Ander 1999 (2) SA 191 (O). Stafford t/a Natal Agricultural Co v Lions River Saw Mills (PTY) LTD 1999 (2) SA 1077 (N). Durity Omega (Pty) Ltd v Gauteng Civils CC and O......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT