Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Wet R, Smuts R en Van Heerden R
Judgment Date16 August 1979
CourtOrange Free State Provincial Division

De Wet R:

D Die feite wat van topassing is in hierdie appèl is volledig uiteengesit in die uitspraak van my Kollega VAN HEERDEN. EK ag dit derhalwe onnodig om weer 'n uiteensetting van gemelde feite te gee. EK stem saam met my Kollega VAN HEERDEN dat die eerste appellant se appèl afgewys moet word vir die redes deur hom verstrek. Ten opsigte van die betoog in limine dat tweede appellant se appèl nie deur hierdie Hof E aangehoor kon word nie maar dat gemelde appèl slegs gerig kon gewees het na die Appèlafdeling, stem ek saam met my Kollega VAN HEERDEN se bevinding en die redes deur hom verstrek dat tweede appellant se appèl inderdaad deur hierdie Hof aangehoor kon word, Aangesien ek egter van mening is dat tweede appellant se appèl teen die opheffing en vernietiging van die F voorlopige bevel van sekwestrasie deur die Hof a quo nie behoort te slaag nie en dat hierdie Hof die aansoek nie mero motu moet verwys vir die aanhoor van mondelinge getuienis nie, verstrek ek my redes vir sodanige bevinding.

In sy aansoek om voorlopige sekwestrasie van respondente het tweede appellant slegs gesteun op 'n beweerde daad van insolvensie ingevolge art G 8 (g) van die Insolvensiewet 24 van 1936 soos gewysig, dws dat respondente aan tweede appellant skriftelik kennis gegee het dat sy nie in staat is om haar skulde te betaal nie. Dit is gemene saak dat ene Nel, die krediet - kontrolebestuurder van tweede appellant, die brief waarop gesteun word as 'n beweerde daad van insolvensie self opgestel het, dit H laat uittik het en voorgelê het aan respondente vir ondertekening deur haar en dit inderdaad deur laasgenoemde onderteken is. Die verweer wat

De Wet R

opgewerp word deur respondente is dat gemelde brief deur haar onderteken is omdat Nel haar meegedeel het dat gemelde brief by die kantoor van tweede appellant ingehandig moes word sodat hy kon verduidelik waarop die A tjek ten bedrae van R2 721,91 wat betaalbaar was aan tweede appellant deur respondente gedishonoreer is en dat hy bewys wou gehad het dat sy rente van 1,75 per sent per maand sal betaal. Haar opponerende verklaring gaan as volg voort:

"Ek het dit so aanvaar en die dokument op 'n briefhoof van applikant is B geteken. Dit was nooit my bedoeling om 'n daad van insolvensie te pleeg nie en ek wil dit uitdruklik stel dat indien die brief gekonstrueer kan word as 'n daad van insolvensie, dan het mnr Nel dit op 'n bedrieglike wyse en onder valse voorwendsels by my gekry.

Gemelde brief waarop tweede appellant steun as 'n daad van insolvensie lees soos volg:

C "Met betrekking tot my uitstaande rekening aan u verskuldig moet ek tot my spyt u meedeel dat ek nie in staat is om dit nou te betaal nie maar uitstel word gevra teen betaling van rente teen 1,75 per sent per maand."

Gemelde Nel het die sekwestrasie - aansoek namens tweede appellant geloods.

In sy repliserende verklaring namens tweede appellant het Nel nie die D omstandighede waaronder gemelde brief onderteken is soos beweer deur respondente ontken nie. Hy beweer egter dat hy slegs onderhandelinge aangeknoop het met respondente se eggenoot en verklaar onder andere:

"Mnr Tzerefos het my meegedeel dat hy nie in staat is om te betaal nie. Dit is so dat ek vir mnr Tzerefos gesê het dat ek aan my maatskappy sal moet verduidelik waarom ek nie betaling van hom kan verkry nie. Dit is ook so dat ek hom versoek het om my skriftelik in kennis te stel dat hy nie in E staat is om te betaal nie en om skriftelik uitstel te vra, sodat ek dit kan voorlê aan my werkgewer.

Ek ontken ten sterkste dat ek ooit gesê het dat die brief onder andere gebruik sal word om te bewys dat respondente rente teen 1,75 per sent per maand sal betaal. Dit sou onsinnig wees om sodanige bewys aan my werkgewer voor te lê aangesien die Koringragulasie in elk geval gebiedend en bindend op my werkgewer is.

F Ek het hoegenaamd geen beloftes aan mnr Tzerefos en/of respondente gemaak nie. Ek het hoegenaamd geen ooreenkoms wat betrekking het op uitstel van betaling van enige bedrag met hulle aangegaan nie."

Die brief waarop gesteun word as 'n daad van insolvensie is onderteken op 28 Februarie 1978 en op 1 Maart 1978, die volgende dag, is Nel deur die G direksie van tweede appellant gemagtig om die sekwestrasie - aansoek teen respondente te loods. Na my mening dui die waarskynlikhede in hierdie aansoek baie sterk daarop dat die brief waarop gesteun word as 'n daad van insolvensie as gevolg van 'n opsetlike wanvoorstelling deur Nel van die respondente verkry is. Die optrede van Nel kom vir my uiters verdag en laakbaar voor. Dit is duidelik dat Nel nie 'n junior beampte van tweede H appellant is nie, maar inderdaad 'n baie verantwoordelike pos beklee tot so 'n mate dat die sekwestrasie - aansoek van tweede appellant deur hom namens tweede appellant geloods is. Die vraag ontstaan met watter doel Nel vanaf Hennenman na Villiers gegaan het. Volgens die feite wat gemene saak is asook die omringende omstandighede dui die waarskynlikhede na my mening baie sterk daarop dat hy na Villiers gegaan het om 'n daad van insolvensie van respondente te bekom sodat tweede appellant die sekwestrasie - aansoek teen respondente aanhangig kon maak. Dit is gemene saak dat daar sprake was van uitstel

De Wet R

van betaling van die geld wat deur respondente aan tweede appellant verskuldig was. Nel, as 'n verantwoordelike beampte, kon respondente se A versoek om uitstel mondelings verkry het en kon sodanige versoek oorgedra het aan sy maatskappy. Die vraag ontstaan waarom hy 'n skriftelike versoek om uitstel benodig het. Indien die brief slegs 'n uitstel van betaling aangevra het mag dit miskien 'n aanduiding wees dat Nel bona fide opgetree het. Die vraag ontstaan egter waarom Nel in die brief wat deur homself B opgestel is die woorde ingevoeg het "dat ek nie in staat is om dit nou te betaal nie". Die enigste gevolgtrekking waartoe sodanige optrede my dwing is dat hy gemelde woorde ingevoeg het omdat hy bewus daarvan was dat hy daarop sou kon steun as 'n daad van insolvensie. Die dag nadat hy gemelde brief bekom het is hy gemagtig deur tweede appellant om die sekwestrasie - verrigtinge teen respondente te loods.

C Die afleiding dat die gewraakte brief slegs verkry is om met behulp daarvan die sekwestrasie - aansoek teen respondente te loods, word versterk deur die feit dat daar geen verduideliking verstrek word deur Nel of deur tweede appellant waaarom daar op 1 Maart 1978, die dag nadat D gemelde brief bekom is, besluit is om die sekwestrasie - verrigtinge aanhangig te maak. Geen verduideliking word verstrek waarom respondente se versoek om uitstel nie oorweeg is nie of indien dit oorweeg is waarom besluit is om haar versoek om uitstel af te wys en voort te gaan met die aansoek om die sekwestrasie van haar boedel. In die afwesigheid van sidanige verduideliking kan ek tot geen ander gevolgtrekking kom as dat E Nel deur 'n opsetlike wanvoorstelling aan respondente te kenne gegee het dat uitstel om betaling by tweede appellant aangevra sou word terwyl hy bewus daarvan was dat daar geen spraka sou wees van uitstel nie, maar dat hy slegs gemelde brief wou bekom ten einde die sekwestrasie - verrigtinge aanhangig te maak. Die waarskynlikhede dui na my mening sterk daarop dat F Nel respondente opsetlik mislei het deur voor te gee dat tweede appellant 'n versoek om uitstel sou oorweeg ten einde haar te oorreed om gemelde brief te onderteken terwyl hy bewus daarvan was dat daar geen sprake sou wees van enige uitstel nie en dat hy gemelde brief slegs wou bekom ten einde voort te gaan met die sekwestrasie - aansoek teen respondente. G Tweede appellant het nie aansoek gedoen dat mondelinge getuienis van Nel moet aangehoor word ten einde die waarskynlikhede wat dui op uiters laakbare optrede van hom uit die weg te ruim nie.

Na my mening behoort hierdie Hof nie, in die afwesigheid van 'n aansoek van tweede appellant dat die mondelinge getuienis van Nel aangehoor moet H word, mero motu te gelas dat sy mondelinge getuienis aangehoor moet word nie. In 'n bestrede sekwestrasie - aansoek behoort die Hof na my mening nie ligtelik mero motu te gelas dat mondelinge getuienis aangehoor moet word nie indien geen aansoek gedoen is vir die aanhoor van sodanige getuienis deur enige van die party nie. Ek wil my met eerbied vereenselwig met die volgende opmerking van GREENBERG R in die saak van Tomkin (Pty) Ltd v Bauer 1931 TPD 292, wat ook 'n bestrede sekwestrasie - aansoek was, te 294 van gemelde gewysed:

"If the party against whom the balance of probabilities lies is not prepared to claim that viva voce evidence will disturb the balance, it seems to me that this attitude goes a long way towards entitling the Court to say that such evidence will

De Wet R

not have that effect. If the Court takes it upon itself to order that evidence be heard in the face of such an attitude the absurdity might arise that the Court would refuse to grant an order on disputed facts when one of the parties never intends to face the ordeal of giving viva voce A evidence and being cross-examined. Where the parties genuinely contend that oral evidence may disturb the balance of probabilities, then the Court no doubt should make an order accordingly, but not when this attitude is not taken up by the party against whom the balance of probabilities lies."

(Vgl ook Momooden v Attard 1933 TPD 281 te 285.)

Ex parte- aansoeke moet na my mening met die grootste mate van goeie trou geloods word en 'n korrekte weergawe van al die wesenlike feite waarop in sodanige aansoeke gesteun word moet uiteengesit word. Applikante in sodanige aansoeke moet die Hof in hul vertroue neem en geen wesenlike feite waarop gesteun word verswyg nie. Die weerhouding van sodanige feite C is laakbaar (vgl Godlonton NO v Ryan Scholtz & Co (Pty) Ltd 1978 (4) SA 84 (OK) te 87A - F). In die onderhawige geval is die aansoek geloods as 'n ex parte-...

To continue reading

Request your trial
20 practice notes
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd v Kuhn 1977 (3) SA 482 (N): applied Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T): referred to Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979 (4) SA 819 (O): referred Ex parte Bloy 1984 (2) SA 410 (D): referred to Ex parte Hodgert 1955 (1) SA 371 (D): referred to D Fose v Minister of Safety a......
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Kuhn 1977 (3) SA 482 (N): applied I Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T): referred to Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979 (4) SA 819 (O): referred to Ex parte Bloy 1984 (2) SA 410 (D): referred to Ex parte Hodgert 1955 (1) SA 371 (D): referred to Fose v Minister of Safety an......
  • Louw v WP Koöperasie Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Industries v Vorster 1953 (2) SA 691 (O); Optima Fertilizers (Pty) Ltd v Turner 1968 (4) SA 29 (D); Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979 (4) SA 819 (O); Corner Shop (Pty) Ltd v Moodley 1950 (4) SA 55 (W); Prudential Shippers SA Ltd v Tempest Clothing Co Ltd 1976 (2) SA 856 (W) D ; Mars Th......
  • Nahrungsmittel GmbH v Otto
    • South Africa
    • Invalid date
    ...South C African Law of Jurisdiction (1937) at 122. As to whether leave to appeal was necessary, see Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979 (4) SA 819 (O) at 827 in fine, 830H-831H; Amod v Kahn 1947 (2) SA 432 (N); Fourie v Drakensberg Koöperasie Bpk 1988 (3) SA 466 (A) at 478; Sirioupoulos ......
  • Request a trial to view additional results
20 cases
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd v Kuhn 1977 (3) SA 482 (N): applied Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T): referred to Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979 (4) SA 819 (O): referred Ex parte Bloy 1984 (2) SA 410 (D): referred to Ex parte Hodgert 1955 (1) SA 371 (D): referred to D Fose v Minister of Safety a......
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Kuhn 1977 (3) SA 482 (N): applied I Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T): referred to Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979 (4) SA 819 (O): referred to Ex parte Bloy 1984 (2) SA 410 (D): referred to Ex parte Hodgert 1955 (1) SA 371 (D): referred to Fose v Minister of Safety an......
  • Louw v WP Koöperasie Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Industries v Vorster 1953 (2) SA 691 (O); Optima Fertilizers (Pty) Ltd v Turner 1968 (4) SA 29 (D); Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979 (4) SA 819 (O); Corner Shop (Pty) Ltd v Moodley 1950 (4) SA 55 (W); Prudential Shippers SA Ltd v Tempest Clothing Co Ltd 1976 (2) SA 856 (W) D ; Mars Th......
  • Nahrungsmittel GmbH v Otto
    • South Africa
    • Invalid date
    ...South C African Law of Jurisdiction (1937) at 122. As to whether leave to appeal was necessary, see Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979 (4) SA 819 (O) at 827 in fine, 830H-831H; Amod v Kahn 1947 (2) SA 432 (N); Fourie v Drakensberg Koöperasie Bpk 1988 (3) SA 466 (A) at 478; Sirioupoulos ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT