Drs De Beer & De Jager Radioloë v Die Padongelukkefonds

JudgeDu Plessis J, Pretorius J, Jooste AJ
Judgment Date13 August 2008
Citation2008 JDR 1266 (T)
Docket Number26801/2007
Hearing Date19 November 2007
CourtTransvaal Provincial Division

Du Plessis R:

Met verwysing na die uitspraak en bevel wat op 16 April 2008 in hierdie aansoek gelewer is, het mnr Woodrow namens die applikant my daarop gewys dat daar nie met die koste van die verwysing van die sake na die volle hof gehandel is nie. Dit is klaarblyklik 'n oorsig.

Ingevolge Reël 42(1 )(b) van die Hofreëls het die hot die bevoegdheid om mero motu 'n klaarblyklike weglating uit 'n bevel reg te stel deur die bevel te wysig "tot aansuiwering van die weglating",

Die hof voor wie die sake aanvanklik gedien het, het uit eie beweging besluit om die sake na hierdie hot te verwys. In die omstandighede is dit billik dat die respondent, wat vir die koste van die aansoeke aanspreeklik is, ook die koste van die verwysing moet betaal. Dit is veral so in die lig van die respondent se optrede, of gebrek daaraan, wat tot die aansoeke aanleiding

2008 JDR 1266 p2

Du Plessis R

gegee het.

Nadat die sake na hierdie hof verwys is, het die applikante dit goedgedink om twee advokate aan te stel vir die argument voor hierdie hof. Na my oordeel was dit 'n redelike stap in die lig van die belang wat die verwysing vir die applikante ingehou het, was dit 'n redelike stap.

Ek het aan die applikant se prokureur opdrag gegee om die respondent in kennis te stel dat die hof van voorneme is om die bestaande bevel te wysig soos hieronder uiteengesit. Sodanige kennis is op (datum) aan die respondent gegee in die volgende terme: "Neem asb. Kennis dat die hof ingevolge reël 42(1)(b) van die hofreëls van voorneme is om die bevel wat op 14 April 2008 in bogemelde saak gemaak is te wysig om voorsiening te maak vir 'n klaarblyklik weglating uit die bevel. Die hof is van voorneme om die respondent te gelas om die koste van die verwysing van die aansoeke na die volle hof te betaal, insluitende die koste van twee advokate. Indien u enige beswaar teen die voorgenome wysiging het, moet u die applikant se prokureurs binne 14 dae vanaf datum hiervan dienooreenkomstig in kennis stel. Indien u nie op hierdie kennisgewing reageer nie, sal aanvaar word dat u geen beswaar teen die wysiging het nie". Die respondent het geen beswaar teen die wysiging geopper nie.

Gevolglik word die volgende bevel gemaak:

1.

Die volgende paragraaf 1 word in die bevel ingevoeg: "Die respondent word gelas om die koste van die verwysing

2008 JDR 1266 p3

Du Plessis R

van die aansoeke na hierdie hof te betaal, welke koste die koste van twee advokate sal insluit.

2.

Die bestaande bevel word vernader deur daaraan die nommer "2" toe te ken.

B. R. DU PLESSIS

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

Ek stem saam,

C. PRETORIUS

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

Ek stem saam,

JOOSTE

WAARNEMENDE REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

2008 JDR 1266 p4

Du Plessis R

Du Plessis R

[1]

Ingevolge artikel 17(5) van die Padongelukfondswet, 56 van 1996 kan ondermeer mediese praktisyns wat die slagoffers van motorbotsings behandel het, die ter saaklike koste direk van die Padongelukkefonds ("die Fonds") eis. Die applikant in die 47 aansoeke wat tans voor ons dien, is 'n vennootskap wat as radioloë praktiseer. Nadat hulle aan 47 verskillende slagoffers mediese dienste gelewer het, het hulle in elkeen van die gevalle...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT