Drs De Beer & De Jager Radioleë v Die Padongelukkefonds

JudgeDu Plessis J, Pretorius J, Jooste AJ
Judgment Date16 April 2008
Citation2008 JDR 0373 (T)
Docket Number26801/2007, 26835/07, 26836/07, 26832/07, 26813/07, 28802/07, 26846/07, 26806/07, 26816/07, 26833/07, 26824/07, 26817/07, 26818/07, 26807/07, 26845/07, 26842/07, 26832/07, 26821/07, 26808/07, 26819/07, 26839/07, 26822/07, 26828/07, 26811/07, 26812/07, 26830/07, 26827/07, 26831/07, 26844/07, 26841/07, 26837/07, 26815/07, 26829/07, 26814/07, 26847/07, 26828/07, 26828/07, 26820/07, 26840/07, 26825/07, 26809/07, 26805/07, 26810/07, 26843/07, 26826/07, 26834/07
Hearing Date19 November 2007
CourtTransvaal Provincial Division

Du Plessis R:

[1] Ingevolge artikeI 17(5) van die Padongelukfondswet, 56 van 1996 kan onder meer mediese praktisyns wat die slagoffers van motorbotsings behandel het, die tersaaklike koste direk van die Padongelukkefonds ("die Fonds") eis. Die applikant in die 47 aansoeke wat tans voor ons dien, is 'n vennootskap wat as radioloë praktiseer. Nadat hulle aan 47 verskillende slagoffers mediese dienste gelewer het, het hulle in elkeen van die gevalle 'n eis ingevolge artikeI 17(5) teen die Fonds ingestel. In al 47 gevalle het die Fonds aanspreeklikheid erken en skriftelik onderneem om die betrokke mediese rekening te betaal op die 28ste van die maand wat volg op die

2008 JDR 0373 p2

Du Plessis R

maand waarin die Fonds 'n behoorlik getekende "ontslagvorm" ontvang. In elkeen van die gevalle het die Fonds die nodige ontslagvorm op 25 Januarie 2005 ontvang.

[2] Ten spyte van tallose mondelinge en skriftelike aanmanings oor 'n tydperk van meer as twee jaar, het die Fonds eenvoudig nie die verskuldigde bedrae betaal nie. Die applikant se prokureur het ten einde raad die 47 aansoeke opgestel. Elkeen van die aansoeke is op die Fonds se tersaaklike onderneming gebaseer en in wese is die regshulp wat aangevra word vonnis vir die bedrag wat die Fonds onderneem het om te betaal. Die applikant se prokureur het, in 'n finale poging om die Fonds sover te kry om sy onderneming gestand te doen, die aansoeke in konsepvorm aan die Fonds gestuur. Niks het gehelp nie: Die Fonds het eenvoudig nie betaal nie. Ons is tydens betoog meegedeel dat daar selfs werknemers van die Fonds was wat uitdruklik aan die prokureurs te kenne gegee het dat hulle nie die geld sal betaal nie en dat dreigemente van regstappe nie sal help nie.

[3] Uiteindelik het die applikant se prokureurs die 47 aansoeke in hierdie hof geloods. Die aansoeke het voor Bertelsmann R in die onbestrede mosiehof gekom. Die geleerde regter het vonnis teen die Fonds vir betaling van die kapitaalbedrae toegestaan maar hy het die kwessie van die koste na die volle hof van hierdie afdeling verwys. Dit is wat tans voor ons is.

[4] Ek gee kortliks die agtergrond tot die geleerde regter se besluit om die vraag oor die gepaste kostebevel na hierdie hof toe te verwys. Hierdie 47 aansoeke is maar net die spreekwoordelike ore van die seekoei. Ons is

2008 JDR 0373 p3

Du Plessis R

meegedeel dat daar letterlik honderde sulke aansoeke hangend is. Soortgelyke aansoeke verskyn trouens feitlik daagliks op die onbestrede...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT