Dreyer v James

JudgeWoudstra AJ
Judgment Date11 August 2006
Citation2006 JDR 0607 (T)
Docket Number2005/38527
Hearing Date11 August 2006
CourtTransvaal Provincial Division

Woudstra WnR:

Die applikante en die eerste, tweede, derde en vierde respondente was gedurende die jare 2002 tot 2004 in 'n gesamentlike onderneming om prospekteerregte te bekom in die Mpumalanga Provinsie. Die sake-verhouding tussen die partye het egter skipbreuk gely en het die partye besluit om elkeen hul eie wee te volg. Om hierdie skeiding te boekstaaf het die

2006 JDR 0607 p2

Woudstra WnR

partye op die 12de Junie 2003 'n skrtftelike ontbindingsooreenkoms gesluit. Die applikante is in die kontrak na verwys as "the First Group" en die eerste, tweede, derde en vierde respondente as "the Second Group".

In die gemelde ooreenkoms is daar "n sogenaamde "non-disclosure and noncircumvention" klousule wat as volg lees:

"The Second Group and/or Scarlett Ribbon and/or successor in title and/or family members and/or relation undertakes not to circumvent First Group with regards to sourcing the farm Uitval, Perdekop, De Grootteboom, Doringkop and Mapochsgrond. Such Properties will be sourced by the First Group. This agreement will be binding on the Directors and future Directors of Scarlett."

Scariett Ribbon Properties 3 Ltd is die maatskappy wat genoem is in die gemelde ooreenkoms en wat sekere eiendomme verkry het met die oog daarop om minerale en/of prospekteerregte te bekom. Die maatskappy se naam is verander na NKWE Platinum en is gevoeg as die vyfde respondent hoewel geen regshulp daarteen gevra word nie. Die sewende respondent is Little Swift Investments 391 [Edms] Beperk. Die eerste en tweede respondente is direkteure van hierdie maatskappy. Die agtste respondent is die Streeksbestuurder van die Departement van Minerale en Energiesake, Mpumalanga distrik.

2006 JDR 0607 p3

Woudstra WnR

Op of ongeveer die 4de November 2005 het die eerste applikant tydens 'n besoek aan die kantoor van die agtste respondent In kennisgewing opgemerk waaruit dit blyk dat die sewende respondent aansoek doen om prospekteer-regte op die plaas bekend as Mapochsgronde. Die eerste applikant het vasgestel dat die eerste en tweede respondente inderdaad direkteure was van die sewende respondent en voer aan dat die sewende respondent klaarblyklik gestig is met die oog om prospekteerregte op die betrokke plaas te bekom. Die eerste applickant het daarna 'n skrywe gerig aan die prokureur van die betrokke respondente met die versoek dat die aansoek by die kantoor van die agtste respondent teruggetrek word aangesien dit 'n verbreking van die gemelde klousule in die ooreenkoms is. Die respondente het egter nie aan hierdie versoek voldoen nie. Die applikante voer aan dat die eerste en tweede respondente tesame met die derde en vierde respondente die bepalings van die skriftelike kontrak verbreek het...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT