Die Veronderstelling en Gemeenskaplike Dwaling

JurisdictionSouth Africa
Published date27 May 2019
Date27 May 2019
AuthorJuana Coetzee
Pages40-62
DIE VERONDERSTELLING EN
GEMEENSKAPLIKE DWALINGt
Juana Coetzee
BA LLM
Lektor, Universiteit Stellenbosch
1 Inleiding
In die geval van gemeenskaplike dwaling dwaal beide partye tot die
kontrak ten opsigte van dieselfde feit relevant tot die kontrak en
kontraksbesluit. In so 'n situasie ken elk die bedoeling van die ander en
aanvaar dit — daar bestaan dus volslae
consensus
tussen die partye.
1
Hul
dwaling oor hierdie fundamenteel onderliggende feit beInvloed die partye
egter in so 'n mate dat daar gesê kan word dat dit die onderliggende rede
of motief is waarmee hulle die ooreenkoms aangegaan het. Indien hulle
geweet het wat die ware toedrag van sake was, sou hulle nooit die
ooreenkoms gesluit het nie, aangesien geeneen van die partye se
kontraksoogmerk verwesenlik kan word nie.
Uit die regspraak blyk dit dat gevalle van gemeenskaplike dwaling deur
ons howe hanteer word as synde die effek te he dat die partye se
ooreenkoms nietig is. Die noodwendige vraag wat hier ontstaan, is
derhalwe hoe hierdie effek deur ons juriste verklaar word, veral in die hg
daarvan dat die partye tog per definisie
ad idem
is en daar dus nie sprake
van
dissensus
is soos by ander gevalle van wesenlike dwaling nie.
Volgens sommige skrywers, waaronder De Wet en Van Wyk,
2
Van der
Merwe en Van Huyssteen,
3
De Vos
4
en Bamford,
5
is gemeenskaplike
dwaling geen selfstandige kategorie van die dwalingsleerstuk nie. Hulle
verklaar die hantering van gemeenskaplike dwaling met verwysing na die
consensus
van die partye. In gevalle van 'n gemeenskaplike dwaling word
'n stilswyende veronderstelling in die kontrak ingelees; indien die
veronderstelling dan later blyk te gefaal het, was die kontrak
ab initio
nietig. Op hierdie wyse kan die partye dan 'n gemeenskaplike motief of
beweegrede in die terme van hul kontrak inbou met die gevolg dat 'n
dwaling in hierdie gemeenskaplike motief die kontrak sonder effek sal
laat.
t Hierdie artikel is 'n verwerking van hfst IV van skrywer se ongepubliseerde LLM-tesis
Die
Veronderstelling en Teleurgestelde Verwagtinge in die Suid-Afrikaanse Kontraktereg,
Stellenbosch
(1990).
LAWSA V Contract
(1993) par 143; Joubert
General Principles of the Law of Contract
(1987) 72; Kerr
The Principles of the Law of Contract
5e uitg (1998) 239; Palley "Comparative Study of Mistake" 1961
Rhodesia & Njasaland Law Journal
140 184-185.
2
Die Suid-Afrikaaanse Kontraktereg & Handelsreg I
5e uitg (1992) 155.
Van der Merwe, Van Huyssteen, Reinecke, Lubbe & Lotz
Contract: General Principles
(1993) 19.
4
"Solutio Indebiti en Eiendomsoorgang" 1976
TSAR
79 82.
Cf
Joubert
General Principles
78-79;
LAWSA V
par 144.
5
"Mistake and Contract" 1955
SALJ
282 284
et seq.
40
(2001) 12 Stell LR 40
© Juta and Company (Pty) Ltd
DIE VERONDERSTELLING
41
Volgens Hunt
6
is gemeenskaplike dwalingsgevalle moeilik onderskei-
baar van dwalings in beweegrede. Hier gaan dit egter nie om sogenaamde
eksterne beweegredes nie, maar wel om aannames aangaande feite
relevant tot die kontraksinhoud. Anders as die ander skrywers wil Hunt
nie met 'n stilswyende veronderstelling in sulke gevalle werk nie. So 'n
hantering rus vir hom sonder enige twyfel op 'n fiksie. Daarom stel by 'n
benadering voor wat op billikheidsoorwegings regshulp verleen in gevalle
waar nie een van die partye hul oogmerk met die kontrak kan bereik nie.
7
Dit blyk dus dat die aanwending van die veronderstelling ter verklaring
van die effek van gemeenskaplike dwaling op die ooreenkoms saamhang
met die praktiese relevansie van die regsfiguur as draer van kontraksmo
tief. Hierdie aanwending kan egter dikwels groot probleme skep
aangesien die veronderstelling in die kontrak "ingelees" moet word en
die kwessie dus ook saamhang met die toets vir stilswyende bedinge. Dit
blyk verder ook dat die veronderstelling as kontraksterm normaalweg
geassosieer word met gevalle waar partye onseker is oor 'n bepaalde
stand van sake en of hul kontraksmotief inderdaad verwesenlik gaan
word, terwyl dwalingsgevalle by uitstek gekenmerk word deur sekerheid
oor 'n bepaalde toedrag van sake.
8
Of hierdie kenmerke 'n rol speel by die
vraag na die effektiwiteit van die stilswyende veronderstellingskonstruk
sie in gevalle van gemeenskaplike dwaling sal ook in hierdie artikel
ondersoek word.
Ten einde die teoretiese haalbaarheid van so 'n konstruksie te evalueer,
is dit nodig om eers stil te staan by die veronderstelling as kontraksterm
en die regsfiguur in konteks te plaas binne die breëre algemene
benadering van ons reg teenoor die inhoud van die verbintenis.
2 Die veronderstelling as kontraksterm
Wanneer 'n ooreenkoms aangegaan word op die basis van 'n
veronderstelling word die verhouding tussen die kontrakspartye gereël
met verwysing na 'n gebeurtenis van die verlede of 'n toestand van die
hede, deur ooreen te kom dat die bestaan van hul kontrak afhanklik
gestel word van die waarheid al dan nie van die aanname wat hulle
gemaak het.
9
Die effek is dat daar of onmiddellik 'n verbintenis of
verbintenisse ontstaan wat geheel en al onvoorwaardelik is indien die
6
"Mistake in the Formation of Contract: The Case of the Careless Clerk" 1964
SALJ
153.
7
160-161 mvn McTurnan 1963
Canadian Bar Rev
4 52.
8 Van der Merwe et al
Contract
203; Lubbe "Onskuldige Wanvoorstelling" 1978
THRHR
388; Lubbe &
Murray
Farlam & Hathaway Contract: Cases, Materials and Commentary
3e uitg (1988) 446 vn 2.
9
De Wet & Van Wyk
Kontraktereg 1154
soos aangehaal in
Fourie v CDMO Homes (Pty) Ltd
1982 1 SA
21 (A) 27 en
Sonarep SA (Pty) Ltd v Motorcraft (Pty) Ltd
1981 1 SA 889 (N) 901, 902;
LAWSA V
par
200; Joubert
General Principles
178.
Contra:
sommige skrywers glo egter dat die veronderstelling ook
betrekking kan he op die toekoms — in hierdie verband sien Van der Merwe & Van Huyssteen "Hare's
Brickfields v Cape Town City Council" 1985
THRHR
469 471-472; De Vos
Verrykingsaanspreeklikheid
in die Suid-Afrikaanse Reg
3e uitg (1987) 11 vn 5 en 1976
TSAR
79 82.
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT