Die Staat v Manganye; Die Staat v Tambula; Die Staat v Pretorius

JurisdictionSouth Africa
Citation1962 (4) SA 361 (T)

Die Staat v Manganye;
Die Staat v Tambula;
Die Staat v Pretorius
1962 (4) SA 361 (T)

1962 (4) SA p361


Citation

1962 (4) SA 361 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Boshoff R en Steyn R

Heard

June 11, 1962

Judgment

September 5, 1961

Flynote : Sleutelwoorde

B Strafproses — Vonnis — Gevangenisstraf ter voorkoming van misdaad — Beskuldigdes het minder as een jaar van so 'n vorige vonnis uitgedien — Landdroste nie bevoeg om so 'n vonnis weer op te lê nie — Wet 56 van 1955, art. 334 quat (3) (d) — Ook nie bevoeg om beskuldigdes tot gewoontemisdadigers te verklaar nie — Keuse wat hulle het.

Headnote : Kopnota

C Aldrie van die beskuldigdes was vir 'n tweede keer tot gevangenisstraf ter voorkoming van misdaad gevonnis terwyl hulle besig was om so 'n vonnis uit te dien, welke vonnis in elke geval opgelê was nadat die misdaad gepleeg was ten opsigte waarvan dié strafsoort dus vir 'n tweede keer opgelê was. Op hersiening het dit geblyk dat die beskuldigdes minder as een jaar van hulle vorige vonnisse uitgedien het.

D Beslis, daar gevangenisstraf ter voorkoming van misdaad as gelyk aan gevangenisstraf vir 'n tydperk van vyf jaar beskou moet word, dat die landdroste dus nie bevoegd was, kragtens onder-artikel (3) (d) van artikel 334 quat van Wet 56 van 1955, om gevangenisstraf ter voorkoming van misdaad op te lê nie.

Beslis, verder, dat die landdroste ook nie, onder die omstandighede van die onderhawige sake, bevoeg was om die beskuldigdes tot gewoontemisdadigers te verklaar nie.

Beslis, verder, indien die landdroste sou besluit om self die sake af te E handel, dat hulle beperk was tot hulle gewone jurisdiksie, en dat dit wenslik sou wees dat die straf wat opgelê word, met die gevangenisstraf ter voorkoming van misdaad, sou saamloop.

Beslis, verder, indien die landdroste van oordeel is dat 'n swaarder straf opgelê moet word, dat hulle bevoeg is om die verhoor in 'n voorlopige ondersoek te omskep.

Flynote : Sleutelwoorde

F Criminal procedure — Sentence — Imprisonment for the prevention of crime — Accused having served less than one year of a previous such sentence — Not competent for magistrates again to impose such a sentence — Act 56 of 1955, sec. 334 quat (3) (d) — Also not competent for them to declare the accused habitual criminals — Choices before magistrates.

Headnote : Kopnota

All three of the accused had been sentenced to imprisonment for the G prevention of crime while they were in the process of serving such a sentence, which sentence in each case had been imposed after the offence had been committed in respect of which this class of punishment was thus imposed for a second time. On review, it appeared that the accused had served less than one year of their previous sentences.

Held, as imprisonment for the prevention of crime was regarded as equivalent to imprisonment for a period of five years, that it was therefore not competent for the magistrates under sub-section (3) (d) of H section 334 quat of Act 56 of 1955, to impose imprisonment for the prevention of crime.

Held, further, also, that the magistrates, in the circumstances of the present cases, were not competent to declare the accused to be habitual criminals.

Held, further, should the magistrates decide to deal with the cases themselves, that they were limited to their ordinary jurisdiction, and that it would be desirable that the punishment imposed should run concurrently with the imprisonment for prevention of crime.

Held, further, should the magistrates be of the opinion that a heavier punishment should be imposed, that it was competent for them to convert the trial into a preparatory examination.

1962 (4) SA p362

Case Information

Argument op hersiening.

R.K.R. Zeiss, namens die beskuldigde in die eerste saak, op versoek van die Hof.

I.W.B. de Villiers, namens die beskuldigdes in die tweede en derde sake, op versoek van die Hof. A

G.H. Beale, namens die Staat.

Cur adv vult.

Postea (September 5). B

Judgment

Boshoff, R.:

In hierdie drie sake is dieselfde regsvraag in verband met die straf wat opgelê is, ter sprake en die Hof het gerieflikheidshalwe toegelaat dat hulle saam bepleit word.

C Die beskuldigde Robert Manganye is op 9 Maart 1962 skuldigbevind aan 'n misdryf van huisbraak met die opset om te steel en diefstal wat op 11 Junie 1961 gepleeg is, en nadat vorige skuldigbevindings deur hom erken is, deur 'n hof van 'n streekafdeling, kragtens die bepalings van art. 334 quat (2) van die Strafproseswet 56 van 1955, soos gewysig, D veroordeel tot gevangenisstraf ter voorkoming van misdaad. Dit blyk dat die beskuldigde op 13 Oktober 1961, dit wil sê, nadat die misdryf van 11 Junie 1961 gepleeg is, maar voordat hy skuldigbevind is en daarvoor gestraf is, veroordeel was tot gevangenisstraf ter voorkoming van misdaad en dat hy dus ongeveer vyf maande van hierdie straf uitgedien gehad het toe 'n soortgelyke straf op 9 Maart 1962 weer opgelê is.

E Die beskuldigde Amos Tambula is op 15 Maart 1962 skuldigbevind aan vier misdrywe van huisbraak met die opset om te steel wat onderskeidelik op 3 Junie 1961, 15 Junie 1961, 26 Julie 1961 en 29 Oktober 1961 gepleeg is, en nadat vorige skuldigbevindings deur hom erken is, deur 'n hof van F 'n streekafdeling, kragtens die bepalings van art. 334 quat (2) ook veroordeel tot gevangenisstraf ter voorkoming van misdaad. In sy geval blyk dit dat hy reeds op 20 Desember 1961 veroordeel was tot gevangenisstraf ter voorkoming van misdaad en dat hy dus ongeveer drie maande van hierdie straf uitgedien gehad het toe 'n soortgelyke straf op 15 Maart 1962 weer opgelê is.

G Die beskuldigde...

To continue reading

Request your trial
3 practice notes
  • S v Bantom
    • South Africa
    • Invalid date
    ...a quo verhoor het, het ook so gehandel, na aanleiding van wat gesê is in Vos se saak (kyk S. v Manganye; S. v Tambula; S. v Pretorius, 1962 (4) SA 361 (T) te bl. 362H - 363A). Toe die verrigtinge in Bantom se saak onder die aandag van die hooflanddros van die Kaap gekom het, het hy (soos re......
  • S v Mothae (2)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die verrigtinge van die streeklanddros gedra het nie. Op hierdie grond is die landdrossaak dus G ook te onderskei van S v Manganye, 1962 (4) SA 361 (T), waar alle vorige skuldigbevindings deur die beskuldigdes voor die landdros erken is. 1965 (2) SA p129 Erasmus R Die beskuldigde het in die......
  • S v Van Wyk and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...conflict with the decision in R v Vos, supra, and this view was approved by BOSHOFF and STEYN, JJ., in this Division in S v Manganye, 1962 (4) SA 361 (T). E I am not yet convinced that my view is wrong, but as will appear hereafter the dispute is, in my opinion, academic. In Vos' case, supr......
3 cases
  • S v Bantom
    • South Africa
    • Invalid date
    ...a quo verhoor het, het ook so gehandel, na aanleiding van wat gesê is in Vos se saak (kyk S. v Manganye; S. v Tambula; S. v Pretorius, 1962 (4) SA 361 (T) te bl. 362H - 363A). Toe die verrigtinge in Bantom se saak onder die aandag van die hooflanddros van die Kaap gekom het, het hy (soos re......
  • S v Mothae (2)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die verrigtinge van die streeklanddros gedra het nie. Op hierdie grond is die landdrossaak dus G ook te onderskei van S v Manganye, 1962 (4) SA 361 (T), waar alle vorige skuldigbevindings deur die beskuldigdes voor die landdros erken is. 1965 (2) SA p129 Erasmus R Die beskuldigde het in die......
  • S v Van Wyk and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...conflict with the decision in R v Vos, supra, and this view was approved by BOSHOFF and STEYN, JJ., in this Division in S v Manganye, 1962 (4) SA 361 (T). E I am not yet convinced that my view is wrong, but as will appear hereafter the dispute is, in my opinion, academic. In Vos' case, supr......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT