Die reg op 'n billike verhoor in die konteks van lokvalbetrapping en die uitsluiting van ongrondwetlik verkreë getuienis

JurisdictionSouth Africa
Date24 May 2019
Citation(2001) 14 SACJ 38
AuthorBC Naude
Pages38-59
Published date24 May 2019
Die reg op 'n billike verhoor
in die konteks van lokvalbetrapping
en die uitsluiting van ongrondwetlik
verkreë getuienis
B C NAUDE*
Inleiding
In hierdie artikel word die inhoud van die reg op 'n billike verhoor, spesifiek
wat lokvalbetrapping en a 35(5) van die Grondwet
1
betref, oorweeg. Daar
word uitgegaan van die standpunt dat die reg op 'n billike verhoor ingevolge
a 35(3) van die Grondwet die beginsels van substantiewe billikheid insluit.
Hiervolgens word die billikheid van die verhoor beoordeel volgens die
billikheid van die vervolging. So 'n standpunt beteken dat die Engelsregtelike
'abuse of process' remedie in die Suid-Afrikaanse reg toepassing behoort te
vind. Dit is egter nodig om die inhoud van 'n substantiewe billike verhoor te
onderskei van die betekenis van 'n billike verhoor wanneer die uitsluiting
van ongrondwetlik verkree getuienis ingevolge a 35(5) oorweeg word. In die
bespreking wat volg word daar gepoog om 'n onderskeid met verwysing na
lokvalbetrapping aan die hand te doen en om aan te toon waarom die reg op
'n billike verhoor ingevolge a 35(5) byna nooit by lokvalbetrapping ter
sprake behoort te kom nie, maar die reg op 'n substantiewe billike verhoor
wel. Ooreenkomstig hierdie standpunt word die reg op 'n substantiewe
billike verhoor, spesifiek wat lokvalbetrapping betref, oorweeg aan die hand
van enkele ander jurisdiksies waar raakpunte in hierdie verband gevind kan
word.
Die reg op 'n substantiewe billike verhoor
Steytler
2
spreek die mening uit dat die reg op 'n billike verhoor in terme van
a 35(3) van die Grondwet wyer strek as die blote verloop van 'n verhoor
ingevolge grondwetlik voorgeskrewe reels en prosedures. Dit omvat ook 'n
* B Iuris LLB (Unisa),
Lektor in Straf- en Prosesreg, Universtiteit van Suid Afrika.
1
Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996.
2
N Steytler
Constitutional Criminal Procedure
(1998) 216.
38
(2001) 14 SACJ 38
© Juta and Company (Pty) Ltd
Die reg op 'n billike verhoor in die konteks van lokvalbetrapping
39
oordeel of die blote instel van 'n vervolging billik was al dan nie,
3
ongeag die
billikheid van die daaropvolgende verhoor. Hiervolgens word die billikheid
van die verhoor beoordeel volgens die billikheid van die vervolging. In
hierdie verband verwys by na 'substantive fairness'. Ter stawing van sy
argument verwys Steytler
4
onder meer na
Scagell v Attorney-General of the
Western Cape
5
waarin regter O'Regan namens die meerderheid van die hof,
en met verwysing na die beginsel van substantiewe billikheid in
S v Zuma,
verklaar het dat:
'The constitutional complaint lies in requiring innocent persons, against whom
there is no evidence suggestive of criminal conduct at all, to come to court to
defend themselves. The fact that it may be relatively easy for such an accused to do
so does not deprive the provision of its sting. Even if an accused person is
acquitted, there can be no doubt that the fact of standing trial itself has serious
implications for an accused. It may cause damage to the dignity and reputation of
the accused. It will require the accused to be present at court which may be time-
consuming and inconvenient and, if the accused appoints a legal representative, it
may give rise to considerable expense. All these implications would of course be
legitimate if the charge is based on facts which suggest criminality, but in terms of
section 6(3) such a requirement is effectively dispensed with by the legislature.'
Steytler wys daarop dat onbillikheid van die betrokke bepaling wat in die
saak aangeveg is, bestaan het uit die feit dat daar misbruik gemaak is van die
strafproses deurdat dit voorsiening gemaak het vir die instel van 'n
vervolging sonder enige bewys van misdadigheid. Volgens hom kom die
aangehaalde dictum neer op 'n toepassing van die Engelsregtelike 'abuse of
process' remedie. Hiervolgens beskik 'n strafhof oor die inherente diskresion
re bevoegdheid om 'n misbruik van sy eie prosesse to voorkom.
6
Die konsep van substantiewe billikheid in terme van a 35(3) van die
Grondwet hou verband met regshandhawingsprosedures en nie met die
substansie van die strafreg nie. Dit kom neer op 'n prosessuele verweer in
teenstelling met 'n verontskuldigende verweer, sons dit in die substantiewe
strafreg verstaan word.
7
Substantiewe billikheid fokus op owerheidsoptrede
3
Vgl
S v Zuma
1995 (4) BCLR 401 (KH) in para 16;
S v Ntuli
1996 (1) BCLR 141 (KH) in para
1;
Key v Attorney-General Cape of Good Hope Provincial Division
1996 (6) BCLR 788 (KH) in
para 12.
4
Steytler op cit (n 2) 217.
5
1996 (11) BCLR 1446 (KH) in para 18.
6
Sien die bespreking direk hiema.
Steytler op cit (n 2) 219 verduidelik: Where a prosecution is based on a violation of the
Constitution, or the very institution of the prosecution itself constitutes such a violation, the
result may be a substantively unfair trial where, in the clearest of cases, the staying of the
prosecution would be the appropriate remedy.' Vgl ook E Colvin
Principles of Criminal Law
2
uitg (1991) 272.
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT