Die Opskorting van Omgewingsgedinge in Insolvensie

JurisdictionSouth Africa
Date16 August 2019
AuthorAL Stander
Pages511-535
Published date16 August 2019
511
DIE OPSKORTING VAN OMGEWINGSGEDINGE
IN INSOLVENSIE
AL Stander
BJuris LLB LLM LLD
Professor, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom Kampus
1 Inleiding
“During the 1930s, it was said that Germany’s situation was serious but not hopeless whereas
Austria’s situation was hopeless but not serious. The present treatment of environmental obligations
in bankruptcy is serious and hopeless. It is not possible to treat all claims equitably and to give
environmental claims special preference. It is not possible to give debtors a fresh start and make them
pay for cleanups. The goals of bankruptcy conict with the goals of environmental law, in particular,
CERCLA.”1
Die doelwit van die omgewingsreg is, breedweg geformulee r, die
voorkoming en beperking van sk ade aan die omgewing, die on middellike
opruimi ng, remediëring en herstel van skade aan die omgewing, die vergoeding
van daardie skade e n om die verpligting vir die betali ng van opruimingskoste
toe te skry f aan diegene wat vir die probleem vera ntwoordelik is.2 Tans poog
omgewingswette om dekades va n onbeperk te en ongereguleerde besoedeling
te remedieer veral deur s treng en ingr ypende opru imingsverplig tinge in te
stel en aanspreek likheid teen verskeie b reë kategorieë van par tye op te lê.
Die insolvensiereg, aan d ie ander k ant, is ontwerp vir die voordeel va n al die
skuldeisers van die in solvent en om hulle in hierdie situasie te besker m deur
onder andere die maksim alisering van d ie opbrengs van die bates van die
insolvente boedel en die gelyke behandeling van die sk uldeisers ooreenkomstig
die voorgeskrewe voorkeurorde.3 Daarbenewens is die insolvensiereg ook
ontwerp om ná af handeling van die li kwidasieproses d ie insolvent die
geleentheid te bied om weer van vooraf ’n vars beg in te maak deur al sy
skulde te delg – hom van al sy skulde te ont hef, vry te stel en te ontslaa n.4
Dit is baie duidelik dat die do elwitte van die insolvensiereg en die doelwitte
van d ie omgewingsreg in hierdie opsig i n konik met mekaar kan wees en
1 IM Hillinger & MG Hilli nger “Environment al Affairs in Bank ruptcy” (2004) 12 Am Bankr Inst L Re v 331
331
2 Natuurli k is da ar ook die oogmerk om te verseker d at byvoorb eeld gevaarli ke afval behoorlik hanteer
en bedry f word, die oogme rk om vryw illige opru imings te b evorder, die oogme rk om vroegt ydige
rapporte ring van geva arlike stor tings en ui tlatings aa n te moedig, om to ekomstige beso edeling te voor kom
en te beperk, ensovoor ts, maar ’n volledige bespreking van die doel van die omgewings reg is nie die fokus
van hierdie ond ersoek nie Sien daarvoor by voorbeeld J Thornton & S Bec kwith Environmental Law 2
uitg (2004); M Kidd Environmental Law (200 8); P Sands Principles of International Environmental Law
2 uitg (2003); J Glazewski Environme ntal Law in South Africa 2 uitg (2005); DM Dr iesen & RW Adler
Environmental Law: A Conceptual and Pragmatic Approach (2007); D Bodansky, J Brunnee & E Hey
The Oxford Han dbook of Internat ional Environmen tal Law (2006)
3 Sien a 84-102 van die Ins olvensiewet 24 van 1936
4 Discharge Rehabilitasie het die effek dat sekwest rasie beëindig word Al die insolvent se sku lde wat voor
die sekwest rasie invorderbaar wa s of waarvan die oorsa ak voor die sekwestra sie ontstaan het en nie u it
enige bedrog a an sy kant ontsta an het nie, word gedelg (sien a 129(1) van die Insolvensiewet)
(2014) 25 Stell LR 511
© Juta and Company (Pty) Ltd
die spanning t ussen hierdie twee f undamentele aspek te is diepliggend.5
Universeel sukkel litigante, howe en wetgewers om die spa nning tuss en die
beleide onderliggend aan die insolvensiereg en -wette en die omgewi ngsreg en
-wette te versoen en waarskynli k sal hierdie spa nning gedurende ’n t ydperk
van groot omgewings- en ekonomiese on stabiliteit toeneem.6 Dit is veral die
insolvensiereg se beginsels oor die outomat iese opskorting van hangend e
gedinge, die gelyke behandeling van sku ldeisers,7 en die delging van alle
skulde8 wat voor sekwest rasie/likw idasie ontstaan het, wat onde rsoek moet
word in die lig van hul effek op omgewingsverplig tinge.9 Die omgewingsreg
plaas aanspreekli kheid op byna elke persoon wat op ’n perseel bedrywig is en
daardie aan spreeklik heid bly totdat die perseel wat aan die omgewi ngskade
blootgestel is, op die koste van die aanspre eklikes opgeruim is. Likwida sie of
sekwestrasie (met u iteindelike rehabilitasie daarna), aan die ander kant, dien
om aanspreekli kheid op te hef. Watter regi me sal uiteindelik die botoon voer
in ’n situasie waar hierdie twee teen mekaar te sta an kom? Moet die openbare
beleid in omgewingswette bevorder word of moet die verligting wat deu r die
insolvensiereg gebied word, bevorder word?10
’n Kort oorsig oor die opskor ting van regsgedinge in die i nsolvensiereg,
as die kern van die teen strydige standpu nte, menings en oor tuigings in
die genoemde sfeer wat by elk van hierdie velde van toepas sing is, dien as
beginpunt om uiteindelik te kan be oordeel of daar ’n goue middeweg te vinde
is tussen die meni ng wat die insolvensiereg as deurslaggewend beskou en die
mening wat die handhaw ing van omgewingswette voorstaan.
2 Die opskorting van hangende regsg edinge
’n Algemene begi nsel in die insolvensiereg is dat die insolvent bevoeg
is om na die sek westra sie van sy boedel ’n aksie vir wa nadministrasie teen
sy kurator in te s tel en dat hy die bevoegdheid behou om enige regsgeding
rakende enige aangeleentheid wat nié die insolvente boedel raak nie, in te st el
of te verdedig. Dit is onder andere goed wat deur artikel 23(6) tot (10) va n
die Insolvensiewet van die insolvente boedel uitgesluit word. Die insolvent
se verskyningsb evoegdheid wat alle ander aangeleenthede11 betr ef, word
drasties deur sekwestrasie (of likw idasie, afhangende va n die geval) geraak.
Kragtens artikel 20(1)(b) van die Insolvensiewet word alle ander prose dures
5 Sien ook die bespr eking van hie rdie aspek in J T Losch “Ban kruptcy v E nvironmen tal Obligation s:
Clash of the Tita ns” (1991) 52 La L Rev 137 145; DE Rdzanek “ Environmenta l Law: Discharge of RCRA
Injunctive Cla ims in Bankr uptcy: Seventh Ci rcuit’s Decision in United S tates v Apex Oil Co I nc” (2010)
6 Seventh Circ uit Rev 163 172; Hillinger & Hilli nger (2004) Am Bankr In st L Rev 331, 333, 391
6 Rdzanek (2010) Seventh Ci rcuit Rev 173
7 In die sin soos d it in die insolvensier eg bedoel word
8 Discharge Dit kan ook as onthef fing/ontslag /vrystellin g beskryf word
9 In ander jur isdiksies is da ar ook die leerst uk van die verwer ping van beswaren de bates
10 Sien ook die gesag in v n 5 hierbo Met die risiko van herhaling is hierdie kompeterende beleide die
volgende: Die insolvensieprosedure poog om die insolvent ’n vars begin te gee en om aan kompeterende
skuldeiser s ’n billike en ord elike ad ministra sie van die insolvente boedel te vers eker In teenstel ling
hiermee po og die omgewingsreg in die a lgemeen om openbare vei ligheid, gesondheid e n die omgewing
te beskerm on danks die eie bela nge van die skuldena ar en sy skuldeise rs
11 Wat dus wel die insolven te boedel raak of ten op sigte van goed wat deel va n die insolvente boedel vo rm,
tensy dit deu r wetgewing uitgeslu it word
512 STELL LR 2014 3
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT