Die ontwikkeling van die aksie van afhanklikes

JurisdictionSouth Africa
Pages158-167
AuthorTrynie Davel
Citation2000 Acta Juridica 158
Published date29 May 2019
Date29 May 2019
Die ontwikkeling van die aksie van afhanklikes
2000 Acta Juridica 158
Trynie Davel *
Universiteit van Pretoria
I Inleiding
'n Aansienlike gedeelte van prof Robert Feenstra se navorsing het gewentel om die
afhanklikes se aksie, synde die skadeverg oedingseis van die oorledene se afhankl ikes as
gevolg van di e verlies van hul onderhoud of van die broodwinner se dienste as gevolg
van sy dood. 1 Dit is ook ons gemeenskaplike belangstelling in hierdie deliksaksie wat
ons paaie laat kruis het en daarom is dit gepas om hierdie geleentheid aan te gryp om
baie kortliks i ets te oor die enorme bydrae van prof Feenstra op hierdie gebied van
die deliktereg en dan, met huidige ontwikkelinge inaggenome, 'n kort toekomsblik te
gee. Boberg het meer as dertig jaar gelede beweer: 2
'The law's proper approach to that hybrid hereditas of South African law, the dependants'
action . . . has always excited interest and provoked controversy among jurists.'
II Terugblik
Wanneer die regshistoriese ontwikkeling van di e afhanklikes se aksie nagevors word, is
die bydrae wat 'n man soos Robert Feenstra gelewer het in di e ontsluiting van die bronne
wat vir baie, maar veral vir ons hier in Suid-Afrika, andersins ontoeganklik sou wees,
fenomenaal. Dit is 'n bekende feit dat die afhanklikes se aksie ni e Romeinsregteli k van
oorsprong is nie. 3 Daar word algemeen aanvaar dat die aksie van die afhanklikes
ontwikkel het ui t die weergeldinstelling in die Germaan se gewoontereg. 4 Dit was tydens
die Middeleeue dat daar na 'n Romeinsregtelike basis vir hierdie aksie gesoek i s. Sonder
vrees vir teenspraak kan verklaar word dat Robert Fe enstra se arbeid as regshistorikus
die ontwikkeling van geleerde reg in die Middeleeue en daarna
* BA LLB LLD (Pret), Professor in Privaatreg, Direkteur van die Sentrum vir Kinderreg, Universiteit van Pretoria.
2000 Acta Juridica 159
met soveel noukeurigheid nagevors en beskryf het, dat aangetoon kon word dat die
Glossatore in meer as een opsig 'n vaste basis geskep het vir di e teoreë in verband met
siviele aanspreeklikheid in geval van doodslag. 5 Eersten s is die lex Aquilia geïnterpreteer
as sou dit die geval van die doodslag van 'n filius familias dek. 6 Tweedens is D 9.2.7.4 in
stryd met die R omeinse reg ook op die pater familias van toepassing gemaak. 7 Derdens
is die geval van verwondering wat in D 9.2.13 pr behandel word, met die geval van
doodslag gelykgestel. 8
Hoewel die skool van Orleans die ontwikkeling wat die Glossatore teweeggebri ng het
nie verder geëksploiteer het ni e, het hierdi e uitb ouing van die Romeinsregtelike tekste
1 Met 'dood' in die verband, word onregmatige skuldige doodslag veronderstel.
2 The Apportionment of Damages Amendment Act 58 of 1971 (1971) 19.
3 Jameson's Minors v CSAR 1908 TS 575 op 584; Legal Insurance Co Ltd v Botes 1963 (1) SA 608 (A) op 614;
T Davel Die dood van 'n broodwinner as skadevergoedingsoorsaak (Ongepubliseerde LLD proefskrif UP 1984).
4 Jameson's Minors v CSAR (n 3) 575 op 584; SANTAM v Fondo 1960 (2) SA 467(A) 471; R Feenstra 'Over de
oorsprong van twee omstreden paragrafen uit de Inleidinge van Hugo de Groot (III.33.2 en III.34.2)' Acta
juridica (1958) 27 op 28; Davel (n 3) 32 en 68.
5 Feenstra 'L'actio legis Aquiliae utilis en cas d'homicide chez les Glossateurs' in Spruit (red) Maior Viginti
Quinque Annis (1979) 57.
6 Davel (n 3) 77, 79 en 85.
7 Davel (n 3) 79 en 83-5.
8 Davel (n 3) 85 en 91.
2000 Acta Juridica 158
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT