Die Nuwe Lex Mercatoria

JurisdictionSouth Africa
Pages247-271
Citation(2011) 22 Stell LR 247
Published date16 August 2019
Date16 August 2019
AuthorElizabeth Snyman-Van Deventer
247
DIE NUWE LEX MERCATORIA
Elizabeth Snyman-Van Deventer
BIuris LLB LLM LLM LLD
Professor, Universiteit van die Vrystaat
1 Inleiding
Volgens Flanagan kan slegs twee feite aangaande die mode rne lex mercatoria
nie betwis word n ie. Eerstens is dit dat die begr ip in 1964 opnuut deu r Bert hold
Goldman bekendgestel is1 en tweedens dat die bestaa n daar va n sedertdien
bevraagteken word.2 Die vraag wat derhalwe beantwoord moet word, is of
die internasionale handel ta ns inderdaad deur wat as die nuwe of moderne lex
mercatoria3 bekend staan, b eheer word.
In hierdie art ikel word gepoog om ’n oorsig t e gee oor hierdie debat en
die verskillende perspektiewe of benaderings te stel oor die vraag of die
internasionale handel van d ie een-en-twintigste eeu steeds tot nasionale reg
beperk is en of daar ’n st el eie, unieke reëls ontstaan het wat oor nasionale
grense heen strek en wat ’n eie internasionale regstelsel daar stel. Verder word
1 PM Flanagan “Demy thologising the Law Merchant: T he Impropriet y of the Lex Merc atoria as a Choi ce
of Law” (2004) 9 Int ernational and Compar ative Corp orate LR 29 7 297; JH Dalhuisen “ Legal Order s
and their Manifestatio n: The Opera tion of the Int ernational C ommercial and Financial Leg al Order and
its L ex Merca toria” (2006) 24 Berkele y J Int’l L 129 129 Maar selfs hierdie stelling word ook deur
sommiges n ader gekwalif iseer, naaml ik dat Goldma n die term le x mercatoria op nuut gebruik het, maar
dat Schmitthoff as die skepper van d ie moder ne int ernasionale handelsre g of lex mercatoria beskou
word Sien byvoorbeeld M Wethmar-Lemmer “The Developme nt of the Modern Lex Mercator ia: A
Historical Perspective” (20 05) 11 Fundamina 183 183 H ierdie verskil kan in hoofs aak toegesk ryf word
aan die oortuigi nge van d ie kontinent ale (of in ho ofsaak Fran se) skrywer s teenoor die van d ie Engelse
skrywer s Eersgenoemd e beskou Goldman a s (een van) die eers te voorstaande rs van die lex mercatoria,
terwyl laasgenoemde S chmitthoff a s die skepper van die nuwe lex mercatori a beskou IF Turley “‘Lex’
mercatoria : quo va dis?” (1999) TSA R 454 455; NE Hatzimi hail “The Many Lives - and Faces - of Lex
Mercatoria: History as Genealogy in Internation al Busi ness Law” (2008) 71 Law & Contemp Probs
169 174, wie Schm itthoff en Goldman bes kryf as die twee vernaamste skeppers (of vaders) van d ie lex
mercatoria Vir ’n volledige krit iese be spreking van die sieninge van Goldman en Sc hmitthoff sien
Hatzimi hail (2008) Law & Contemp P robs 174-189; Tu rley (1999) TSAR 455-463
2 Byvoorbeeld MJ Musti ll & SC Boyd Commercial Arbi tration (1989) 81 stel dit dat
“[i]ndee d we dou bt whether a lex me rcatoria even exists, in the sense of an i nternational comm ercial law
divorced from a ny State law: or at least, th at it exists in any sens e useful for the solvin g of commercial
disputes ”
3 Flanagan (2004) Internation al an d Com parative Corporate LR 297 CR D rahozal “Contract ing O ut
of Nation al Law: An Em pirical Look at the New Law Merchant” (2005) 80 Notre Dame LR 523 524
wys daarop dat dit ook “trans national law”, “transnat ional commercial law”, “general princi ples of
internat ional trade law”, “new law me rchant” asook “inter national law of co ntracts” genoem word
B Nicholas “Force Majeu re and Frustration” (1979) 27 Am J Comp L 231 231 noem dit “internat ional
common law of commerce” A Goldsta ijn “The New Law Merchant Reconsidere d” (1973) Fests chrift
Schmitthof f 171 <w ww tran s-lex o rg/112500> (be soek 03-03-2010) verwys na “l aw of internationa l
trade” en om skryf dit as volg:
“The expre ssion th e ‘Law of Internation al Trade’ may be defined as the b ody of rules govern ing
commercial r elationships of a priva te nature involvi ng different count ries ”
Dalhuisen (2006) Berkeley J Int’l L 132 ver wys n a globali sasie en die gepaardgaa nde bewegi ng van
goedere, dienste en geld wat ’n nuwe “interna tional commercial and financi al orde r” to t gevolg het
waarvan die reg die lex mercatoria of die reg van die handelaars is In Afrikaan s kan d it waarsk ynlik
“intern asionale handelsreg ” genoem word
(2011) 22 Stell LR 247
© Juta and Company (Pty) Ltd
gepoog om die lex mercatoria te de nieer. Daar sal ook ’n bondige historiese
oorsig gegee word ten einde die verskillende argu mente en benader ings oor
die bestaan alda n nie van die lex mercatoria in perspekt ief te pla as.4
2 Denisie
Die lex mercatoria word as ’n stel algemene beginsels en gebrui ke omsk ryf
wat spontaan 5 binne die raamwerk van die internasionale reg nagevolg word
sonder verwysing na ’n spesieke nasionale regstelsel.6 Dit word ook omskryf
as ’n enkele onaf hanklike regstelsel wat deur die ha ndelsgeme enskap geskep
is.7 ’n Verdere omsk rywing is dat die gebruike van die handelsgemeen skap al
die algemene begi nsels van die reg saa mvoeg om die begi nsel van kommersiële
selfbesk ikking daar te stel.8 Dit word ook kort weg as die algemene beginsels
van internasionale ha ndel omskryf.9
Tetley besk ryf die lex mercatoria as ’n ius commune10 waar die iu s commune
die reg is wat gemeen is aan ’n hele jur isdiksie of meer as e en jurisdiksie en
uit breë, algemene beginsels bestaan wat gewoonlik eers ongesk rewe is, maa r
gewoonlik later gekodisee r word.11
Die lex mercatoria word verder ook omskryf as ’n stelsel wat oor nasionale
grense heen volgens die handelsgebruike e n -gewoontes die inter nasionale
handel reguleer.12 Dit word ook beskou as die verskynsel van eenvormige
reëls wat die eenvormige beho ef tes van internasionale handel en ekonom iese
samewerking dien.13 Hoewel die lex me rcatoria die begin sels van billikheid
4 Daar sal nie gepoog word om enigsi ns of b reedvoerig bepaa lde debatte of argume nte te bespreek
nie, byvoo rbeeld ten a ansien van d ie privaatr eg afsonderli k van ’n nasion ale reg; die moontlike
wedersydse u itsluiting van di e United Nations Con vention on the Inte rnational Sale of Goods en
die UNI DROIT Principles of Inter national Comm ercial Contra cts en die i nvloed daar van op die
bestaanb aarheid van die lex mercatoria; en die rol van arbitr asie en d ie i nvloed van nasionale reg
daarop
5 Dalhuisen (2006) Ber keley J Int’l L 132
6 B Goldman “ The Applicable Law: Gener al Principle s of Law: The Lex Me rcatoria” in JDM Lew (red)
Contempora ry Pr oblems in Int ernational Arbitrat ion (1986) 116; Fla nagan (2004) In ternational and
Comparativ e Corporate LR 297 D ie definisie va n Goldman word a angehaal in I Mustill “The New Lex
Mercatoria: T he First Twenty-One Years” in M Bos & I Brow nlie (reds) Liber Amicorum fo r the Rt. Hon.
Lord Wilber force, PC, CMG, OBE, QC (1987) 149 151; asook M Douglas “T he Lex Mercat oria and the
Culture of Tra nsnational Indu stry” (2005) 13 U Miami I nt’l & Comp LR 368 370 Sien ook KS Weinb erg
“Equity in Inte rnational Arbit ration: How Fair is ‘Fair’? A S tudy of Lex Mercatoria and Ami able
Composition” (1994) 12 Boston Un iversity LJ 227 229
7 BM Cremades & SL Plehn “The New Lex Mercatoria and the Ha rmonization of the Laws in Inte rnational
Commercial Transac tions” (1984) 2 BU L Rev 317 324; Mustil l “The New Lex Me rcatoria” in Lib er
Amicorum 151
8 Mustill “The New Lex Me rcatoria” in Liber Am icorum 151
9 S Güçer “Lex Merca toria in Interna tional Ar bitration” (2009) 1 A nkara B Rev 30 31 volg ook hierdie
benaderi ng en stel dit as volg:
“The term lex me rcatoria is a modern expre ssion of the ius commune In ot her words lex m ercatoria,
ius commune a nd law merchant have t he same meaning ”
10 Weinberg (1994) Boston Unive rsity LJ 228
11 W Tetley “The Gener al Maritime Law – t he Lex Maritima” (1994) 20 SJ ILC 105 108
12 Flanagan (2004) Inter national an d Comparat ive Corpora te LR 298; s ien ook HJ Berman “The Law of
Internat ional Commercial Transa ctions (Lex Mercatoria)” (1988) 2 Emory J Int’l Disp Resol 235 237 Sien
in hierdie verband ook F Rödl “Pr ivate Law Beyond the Democratic Orde r? On the Legitimator y Problem
of Private Law ‘Beyon d the State’” (2008) 56 Am J Comp L 743 743-767
13 Mustill “T he New Lex Mercatoria” i n Liber Amicorum 151; Douglas (20 05) U Miami Int’l Comp L R 373
248 STELL LR 2011 2
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT