Die Meester v Meyer en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeMargo R, Davidson R en Franklin R
Judgment Date20 December 1974
CourtTransvaal Provincial Division

Margo, R:

Hierdie is 'n aansoek deur die Meester om, onder meer,

(1)

'n verklarende bevel ten opsigte van die vertolking van die testament van wyle Andries Cornelis Strydom;

(2)

D 'n bevel dat die eerste respondent uit sy amp as eksekuteur testamentêr van die boedel verwyder word, wat hom onbevoeg verklaar om administrateur te wees van enige trust deur die testateur in sy testament geskep; en

(3)

'n bevel wat elkeen van die lede van die tweede E respondent, 'n prokureursfirma wat uit 17 vennote bestaan, onbevoeg verklaar om eksekuteur van genoemde boedel of administrateur van enige genoemde trust te wees.

Die derde respondente, die weduwee van die testateur, doen aansoek om dieselfde regshulp, behalwe dat haar vertolking van F die testament verskil van dié van die Meester.

Die vierde respondente is Tesse Strydom, meerderjarige dogter van die huwelik tussen die testateur en die derde respondente. Die vyfde respondente is hulle drie minderjarige kinders.

Die testament is deur die testateur op 13 April 1973 verly. Die G relevante gedeeltes daarvan lui soos volg:

"2. Aanstelling eksekuteur.

Ek stel hiermee aan as eksekuteur van my boedel, Michael Meyer, van die prokureursfirma Dyason...

(a)

...............

(b)

Indien my eksekuteur te sterwe kom moet Christoffel Hermanus Neveling van die gemelde prokureursfirma H aangestel word om die pos te vul... Indien hy ook te sterwe kom moet Gerhardus Hugo van die gemelde prokureursfirma aangestel word om die pos te vul...

(c)

My eksekuteur mag na goeddunke boedelbates verkoop.

3. Aanstelling erfgename.

Ek stel hiermee aan as erfgename van my gehele boedel en bates, niks uitgesluit nie in gelyke dele my kinders tesame met my eggenote Jean Bessie Strydom.

Margo R

4. Algemene bepalings.

Nieteenstaande enige strydige voorwaarde hierin is die volgende algemene voorwaardes van toepassing op die bemakings aan begunstigde ingevolge hiervan:

...................................................................

(d)

Indien enige van my gemelde erfgename nie hulle erfenis aanvaar nie, of te sterwe kom voor my, dog A wettige afstammelinge nalaat, sal die erfenis wat sodanige erfgenaam ingevolge hiervan toekom toeval tot sy of haar wettige afstammelinge per stake.

Indien twee of meer van ons kinders nie hulle erfenisse aanvaar nie of te sterwe kom voor my maar (wettige) afstammelinge nalaat, sal die erfenis wat ons kinders ingevolge hiervan toegekom het gelykop per capita deur die kinders van ons vooroorlede kinders geërf word.

B ...............................................................

6. Trust van bates.

(a)

Die erfenis wat toekom aan my kinders en my eggenote (hieringenoem die begunstigde(s) word nie aan die begunstigde(s) oorhandig nie maar word aan die hierinvermelde administrateur bemaak wat dit ten behoewe van die begunstigde(s)) word nie aan die begunstigde(s) oorhandig nie maar word aan die voorwaardes hierin en in die bylaag hiertoe genoem, C Trust van Bates' wat deel vorm van hierdie testament.

(b)

Aanstelling van administrateur.

(i)

Ek stel hiermee aan as administrateur van die trust in (a) hierbo geskep: Michael Meyer van die prokureursfirma Dyason,...(hieringenoem die administrateur).

(ii)

Indien my administrateur te sterwe kom moet Christoffel Hermanus Neveling van die gemelde prokureursfirma aangestel D word om die pos te vul..., en by sy afsterwe Gerhardus Hugo van dieselfde prokureursfirma.

7. Regswerk.

Alle regswerk en aktevervaardiging verbonde aan die bereddering van hierdie boedel, of die uitvoering van trust deur my administrateurs, moet deur prokureurs Dyason... gedoen word teen die gewone vergoeding."

E Daar is geen para. 5 in die testament nie.

Die relevante bepalings van die bylaag lui soos volg:

"Trust van Bates.

Die hierna vermelde klousules sal van toepassing wees op die trust geskep in die testament waarby dit as bylaag aangeheg word, en sal deel vorm van die testament, asof daarby ingelyf.

A.

F Vestiging.

Al die bates van die trust, roerend en onroerend (hierin genoem die trustkapitaal) sal vestig in die administrateur.

B.

Doel.

Die doel van die trust:

(a)

om die trustkapitaal behoue te laat bly;

(b)

om die trustkapitaal produktief aan te wend ten einde dit te vergroot; en

(c)

G om die inkomste en die kapitaal tot voordeel van die begunstigde(s) aan te wend soos hierin later uiteengesit.

C.

Aanwending (of uitbetaling) van bates tot voordeel van begunstigdes.

Onderhewig altyd aan die bepaling dat die trustkapitaal of die inkomste daaruit gebruik moet word tot voordeel van een of meer van die begunstigdes, soos hierin omskryf, word dit in die H absolute diskresie van die administrateur gelaat om die wyse van aanwending te bepaal. Sonder om die administrateur te beperk en sonder om aan die algemeenheid van sy magte afbreuk te doen word as volg aan die hand gedoen:

(a)

Die administrateur moet, net soos die testateur/testatrise dit sou gedoen het as hulle nog in die lewe was, uit die trustfondse voorsien vir die onderhoud, opvoeding en opleiding van die begunstigde(s).

(b)

Die trustkapitaal of die inkomste daarop hoef nie eweredig aangewend of later eweredig verdeel te word onder die begunstigdes nie, maar mag in die absolute diskresie van die administrateur aangewend word tot voordeel van slegs een of sommige van hulle en mag by beëindiging deur die

Margo R

administrateur toegeken word in geheel aan een begunstigde of anders in sodanige verhouding as die administrateur mag besluit.

(c)

By beëindiging van die trust sal die administrateur bepaal op welke voorwaardes en op welke wyse die trust bates verdeel sal word en aan welke begunstigde(s) welke bates A toegeken sal word en vir die doel mag hy bates te gelde maak.

(d)

Die administrateur mag, indien hy dit wenslik ag, voor beëindiging van die trust in sy geheel, toekennings of voorskotte uit die trustkapitaal maak aan een of meer van die begunstigdes.

D.

..............

E.

..............

F.

B ..............

G.

..............

H.

Beëindiging van trust.

Dit word in die diskresie van die administrateur gelaat om te besluit wanneer die trust beëindig moet word.

I.

Voortsetting van trust.

Indien 'n begunstigde te sterwe kom voor beëindiging van die C trust, sal die begunstigde se afstammelinge en by ontstentenis aan afstammelinge, sy erfgename in die plek en stede van die afgestorwe begunstigde tree as begunstigdes."

Die testateur is op 15 Julie 1973 oorlede, en op 15 Augustus 1973 is 'n eksekuteursbrief deur die Meester aan die eerste respondent uitgereik. Die eerste respondent het toe sy firma, D die tweede respondent, aangestel om die boedel te beredder.

Wat daartoe gelei het dat die Meester die aansoek om vertolking van die testament gelanseer het was die eerste en tweede respondente se sienswyse dat die enigste erfgenaam onder die testament die administrateur was. Op 20 September 1973 het die E tweede respondent in 'n brief aan die Meester, in verband met die verkoping van 'n sekere voertuig deur die eksekuteur as volg geskryf:

"Aangeheg vind asseblief toestemming van die trustee in die testament, aangesien daar geen verdere erfgename is nie."

Daarna, in twee briewe aan die Meester, gedateer 2 Oktober en 3 November 1973 onderskeidelik, in verband met 'n publieke F veiling van sekere vaste eiendomme in die boedel, het die tweede respondent dieselfde standpunt ingeneem. In sy brief van 3 November 1973 verklaar die tweede respondent:

"Ons gee u hiermee die versekering dat alle belanghebbende persone in kennis gestel was van die datum, tyd en plek van die veiling en geen beswaar daarteen gemaak is nie;... Die belanghebbendes is die administrateur en trust wie ook die eksekuteur is..."

G Die Meester het hierdie vertolking van die testament in twyfel getrek. In 'n brief gedateer 5 Desember 1973 aan die tweede respondent het die Meester die mening uitgespreek dat paras. 3 en 4 van die testament die dominante beskikking bevat en dat die weduwee en kinders van die testateur erfgename per capita is. Die eksekuteur se kommentaar op hierdie stelling is H versoek, asook besonderhede van die omstandighede waaronder die testament en bylaag opgestel is.

Op 14 Januarie 1974 het die tweede respondent as volg aan die Meester geskryf:

"... Die eksekuteur meen dat para. 6 van die testament... saamgelees moet word met klousules 3 en 4 van die testament en ook dan as dominante klousule beskou moet word. Ingevolge hierdie klousule word 'n trust van die bates geskep en die eksekuteur het opdrag om nie die bates te oorhandig aan die begunstigdes nie, naamlik die oorledene se kinders en eggenote nie, maar dat die bates bemaak word aan die administrateurs wat dit ten behoewe van die begunstigdes in trust moet

Margo R

ontvang. Die eksekuteur meen gevolglik dat 'n trust van bates wel geskep is en dat die vrou en die kinders nie erfgename per capita is nie."

Die tweede respondent het ook, in antwoord op 'n versoek deur die Meester, 'n verklaring van mnr. J. Lubbe, 'n senior leerklerk in die firma, aan die Meester voorgelê. Luidens A daardie verklaring het die firma 'n instruksievel opgestel wat gebruik is wanneer 'n testament vir 'n kliënt voorberei is. Die instruksievel verwys na 'n standaard vorm van testament. Para. 16 van die instruksievel, onder die opskrif "Skepping van trust", lui soos volg, o. m.:

"Nota: 1. Spesiale, Trust van bates' bylae is beskikbaar en kan net so aangeheg word by die testament..."

Dit is 'n verwysing na 'n standaard vorm van bylaag. Dit skyn B uit die stukke dat in die huidige geval die tweede respondent se konsep testamentvorm verander is. Klaarblyklik is die inhoud daarvan opgestel of geadapteer om aan die spesifieke vereistes van die testateur te voldoen. Maar die "Trust van bates" - vorm is onveranderd...

To continue reading

Request your trial
32 practice notes
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 1989 (1) SA 618 (SWA): applied Credex Finance (Pty) Ltd v Kuhn 1977 (3) SA 482 (N): applied I Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T): referred to Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979 (4) SA 819 (O): referred to Ex parte Bloy 1984 (2) SA 410 (D): referred to Ex parte Ho......
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 1989 (1) SA 618 (SWA): applied C Credex Finance (Pty) Ltd v Kuhn 1977 (3) SA 482 (N): applied Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T): referred Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979 (4) SA 819 (O): referred to Ex parte Bloy 1984 (2) SA 410 (D): referred to Ex parte Hodge......
  • Fey NO and Whiteford NO v Serfontein and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...936 (C) at 938F-939B; Cornelissen NO v Universal Caravan Sales (Pty) Ltd 1971 (3) SA 158 (A) C at 170B-D; Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T) at 16E-17F; Liassou v Pretoria City Council 1979 (3) SA 217 (T) at 219E-H; Jordaan v Richter en 'n Ander 1979 (3) SA 1213 (O); Gilbert v ......
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • North Gauteng High Court, Pretoria
    • 11 Octubre 2010
    ...NO v Scott 1980 (3) SA 988 (O). [26] Blou v Lampert and Chipkin, NNO and Others 1972 (2) SA 501 (T); Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T); H Merks & Co (Pty) Ltd v The B-M Group (Pty) Ltd and Another 1996 (2) SA 225 (A); Napier v Tsaperas 1995 (2) SA 665 (A); and Waar v Louw 1977......
  • Request a trial to view additional results
32 cases
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 1989 (1) SA 618 (SWA): applied Credex Finance (Pty) Ltd v Kuhn 1977 (3) SA 482 (N): applied I Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T): referred to Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979 (4) SA 819 (O): referred to Ex parte Bloy 1984 (2) SA 410 (D): referred to Ex parte Ho......
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 1989 (1) SA 618 (SWA): applied C Credex Finance (Pty) Ltd v Kuhn 1977 (3) SA 482 (N): applied Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T): referred Du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979 (4) SA 819 (O): referred to Ex parte Bloy 1984 (2) SA 410 (D): referred to Ex parte Hodge......
  • Fey NO and Whiteford NO v Serfontein and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...936 (C) at 938F-939B; Cornelissen NO v Universal Caravan Sales (Pty) Ltd 1971 (3) SA 158 (A) C at 170B-D; Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T) at 16E-17F; Liassou v Pretoria City Council 1979 (3) SA 217 (T) at 219E-H; Jordaan v Richter en 'n Ander 1979 (3) SA 1213 (O); Gilbert v ......
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • North Gauteng High Court, Pretoria
    • 11 Octubre 2010
    ...NO v Scott 1980 (3) SA 988 (O). [26] Blou v Lampert and Chipkin, NNO and Others 1972 (2) SA 501 (T); Die Meester v Meyer en Andere 1975 (2) SA 1 (T); H Merks & Co (Pty) Ltd v The B-M Group (Pty) Ltd and Another 1996 (2) SA 225 (A); Napier v Tsaperas 1995 (2) SA 665 (A); and Waar v Louw 1977......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT