Die kapitaal van 'n beslote korporasie en die beskerming van skuldeisers

JurisdictionSouth Africa
AuthorJT Pretorius
Date25 May 2019
Pages1-17
Published date25 May 2019
Die Kapitaal van 'n
Beslote Korporasie en die
Beskerming van Skuldeisers
JT PRETORIUS*
Universiteit van Suid-Afrika
1 Inleiding
Die kapitaal van 'n onderneming is normaalweg daardie fondse of
eiendom wat deur die lede, oprigters of aandeelhouers in die onderneming
bele word, gewoonlik met die oogmerk om daarmee besigheid te bedryf
en wins te maak.
1
Hierdie wins kan aan die einde van 'n vasgestelde of
ooreengekome tydperk aan die kapitaalverskaffers uitbetaal word, of dit
kan in die onderneming behou word. Indien die wins in die onderneming
behou word, word die 'kapitaal' of eienaarsbelang dienooreenkomstig
vermeerder. Gesien vanuit die oogpunt van die belegger of lid, beteken
kapitaal in hierdie sin die netto waarde van die onderneming, naamlik die
verskil tussen die onderneming se bates en laste.
2
Hierdie verhouding
verteenwoordig die risiko van die 'eienaar' en wel tot die omvang wat die
laste die bates oorskry.
In die geval van 'n onderneming wat met afsonderlike regspersoonlik
heid beklee word, het die begrip kapitaal 'n ander betekenis as bloot die
netto waarde van die onderneming. Gesien vanuit die oogpunt van die
onderneming as sodanig, beteken 'kapitaal' die opgehoopte beskikkings-
mag oor al die goedere of dienste wat gebruik kan word om 'n
geldopbrengs in die ruilverkeer te verkry, met ander woorde, die
somtotaal van die bydraes van die lede, oprigters of aandeelhouers,
* Bluris (Pret) LLB (Natal) LLM (Cape Town) LLM (London) LLD (RAU). Professor in die
Departement Handelsreg, Regsfakulteit, Universiteit van Suid-Afrika.
Vergelyk in die algemeen Petrus Albertus Delport
Die Verkryging van Kapitaal in die Suid-
Afrikaanse Maatskappyereg met Spesfieke Verwysing na die Aanbod van Aandele aan die Publiek
(ongepubliseerde LLD-proefskrif, Universiteit van Pretoria (1986)) 10ff. Kyk egter HS Cilliers,
ML Benade, JJ Henning, JJ du Plessis & PA Delport
Korporatiewe Reg
(1992) 2 uitg op 215n1. By
die vennootskapskontrak kan die bydraes van die vennote bestaan uit geld, roerende of
onroerende goedere (of bloot die gebruik daarvan), regte soos vorderingsregte of saaklike regte,
asook uit arbeid, kennis of vernuf, of enige kombinasie van die voorafgaande (kyk JJ Henning &
HJ Delport 'Partnership' in: WA Joubert (red)
The Law of South Africa vol
XIX par 370;
De Wet
& Yeats Die Suid-Afrikaanse Kontraktereg en Handelsreg
(1978) 4 uitg deur JC de Wet & AH van
Wyk op 385). By die vennootskapskontrak word daar verder 'n onderskeid getref tussen die
kapitaal van die vennootskap (synde die bydraes van die vennote) en die totale bates van die
vennootskap. Die kapitaal van die vennootskap maak bloot deel uit van die bates van die vennootskap
indien die bydraes van die vennote nog in esse is (Henning & Delport ibid). Hierdie betekenis van
'kapitaal' word deur die gemeenregtelike beginsels van die vennootskapsreg gereel. Kyk verder in
hierdie verband B Beinart 'Capital in Partnership' 1961
Acta Juridica
118.
Delport op cit noot 1 op 10-11. Volgens die formule Bates = Eienaarsbelang + Laste, kan
die eienaarsbelang (netto waarde) bepaal word as die Bates — Laste. Die eienaarsbelang is dus
gelyk aan die netto bates van die onderneming.
1
(1997) 9 SA Merc LJ 1
© Juta and Company (Pty) Ltd
2
(1997) 9 SA Mere LJ
opgehoopte winste (reserwes en onaangewende winste), en fondse wat
vanuit ander eksterne bronne verkry is.
3
Soos enige ander onderneming benodig 'n beslote korporasie ook
fondse of bedryfskapitaal om sy besigheid te bedryf en om sy doelstellings
te verwesenlik.
4
Hierdie fondse kan bekom word van sowel bydraes deur
lede
5
as van ander eksterne bronne.
6
Aangesien eersgenoemde ook die
onuitgekeerde winste van die korporasie kan insluit en gesien die feit dat
'n beslote korporasie 'n afsonderlike regspersoon is, word dit as eie
kapitaal
7
aangemerk, terwyl laasgenoemde as vreemde kapitaal
aangemerk word.
8
2 Eie Kapitaal
Om doelmatigheidsredes kan hier onderskei word tussen
bydraes deur
lede
en
geakkumuleerde kapitaal
soos verdeelbare reserwes en
onuitgekeerde winste.
3
Delport op cit noot 1 op 12-15. Fondse wat uit eksterne bronne soos lenings verkry is, is 'n
vorm van 'n eksterne belang by 'n onderneming. Daar is egter nie eenstemmigheid oor die begrip
'eksterne belang' nie. Delport doen aan die hand dat die onderskeid tussen die sg interne en
eksterne belange bloot op die
bron
van die kapitaal dui. Waar 'n onderneming met
regspersoonlikheid beklee word, is dit 'n beginsel van die rekeningkunde dat die onderneming
as 'n rekeningkundige entiteit los van sy eienaars beskou word. Volgens hierdie uitgangspunt word
die bydraes van die lede, aandeelhouers of oprigters as eksterne kapitaal beskou. Eksterne belange
kan verdeel word in eie of vreemde kapitaal. Eie kapitaal behels die gestorte 'eienaarsbelang' en
sluit die onuitgekeerde winste in, terwyl vreemde kapitaal daardie fondse is wat deur derdes aan
die onderneming beskikbaar gestel word en ten opsigte waarvan die onderneming 'n rente- en
aflosverpligting het.
4
MJ Oosthuizen
Beslote Korporasies
(1986) 36 is van mening dat 'n beslote korporasie nie
noodwendig winsbejag hoef na te streef nie. Kragtens a 2(4) van die Wet op Beslote Korporasies
69 van 1984 (hierna 'die Wet') is 'n korporasie beklee met die vermoë en bevoegdhede van 'n ten
voile handelingsbevoegde natuurlike persoon vir sover 'n regspersoon oor sodanige vermoë kan
beskik en sodanige bevoegdhede kan uitoefen. Artikel 12
(b)
vereis egter dat die vernaamste
besigheid ('principal business') wat deur die beslote korporasie gedryf staan te word, in die
korporasie se stigtingsverklaring vermeld moet word. Kyk egter MFR Bleimschein & JJ Henning
'The Registrability of a Close Corporation Not for Gain' (1989) 52
THRHR
251 en idem
'Structuring a Close Corporation Not for Gain' (1990) 53
THRHR
567 wat tereg daarop wys dat
daar verskeie aanduidings in die Wet op Beslote Korporasies is wat daarop dui dat die registrasie
van 'n beslote korporasie wat nie winsbejag nastreef nie, nie in beginsel deur die Wet verbied word
nie. Sells al sou dit moontlik wees dat 'n beslote korporasie nie noodwendig winsbejag hoef na te
streef nie, sal 'n korporasie steeds fondse benodig om sy 'besigheid' te bedryf.
Kyk a 24 van die Wet vir die verpligte bydraes wat deur die lede gestort moet word. Kragtens
a 24(4) word die eiendomsreg van 'n lid se bydrae in die korporasie gevestig.
6
Vanweë die feit dat 'n beslote korporasie met afsonderlike regspersoonlikheid beklee is en
derhalwe as rekeningkundige entiteit los van sy lede beskou word, sal hierdie fondse (soos in noot 3
hierbo verduidelik) deel uitmaak van die eksterne belange van die korporasie.
7
JF Malan
Beslote Korporasiereg
(1986) 60 ev verkies om die uitdrukking 'ledekapitaal' in
hierdie verband te gebruik omdat die woord "ledebelang" in die Wet gebruik word ten opsigte
van die persentasie belang van 'n lid.' Oosthuizen op cit noot 4 op 36 verkies die uitdrukking
'eienaarsbelang' om die gestorte ledebydraes te beskryf, terwyl by die uitdrukking
'geakkumuleerde eienaarsbelang' gebruik vir daardie kapitaal wat bestaan uit verdeelbare reserwes wat uit
winste opgebou is en uit die onuitgekeerde winste. Aangesien die beslote korporasie 'n
afsonderlike regspersoon is, kan die uitdrukkings 'eienaarsbelang' en 'ledekapitaal', wat bloot
die bron van die kapitaal aandui, verwarring skep. Gesien uit die oogpunt van die onderneming as
sodanig, beteken 'kapitaal' die opgehoopte beskikkingsmag oor al die goedere of dienste wat
gebruik kan word om 'n geldopbrengs in die ruilverkeer te verkry (kyk Delport op cit noot 1 op
12-15 en noot 3 hierbo).
Vreemde kapitaal is daardie fondse wat deur derdes aan die onderneming beskikbaar gestel
word en ten opsigte waarvan die onderneming 'n rente- en aflossingsplig het. Eie en vreemde
kapitaal is deel van die beslote korporasie se eksterne belange wat die korporasie se 'kapitaal'
verteenwoordig.
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT