Die effek van die abstrakte stelsel van eiendomsoorgang by bateverkope deur ’n kurator van ’n insolvente boedel

JurisdictionSouth Africa
Date21 June 2019
Published date21 June 2019
AuthorAL Stander
Pages126-137
126
DIE EFFEK VAN DIE ABSTRAKTE STELSEL
VAN EIENDOMSOORGANG BY BATEVERKOPE
DEUR ’N KURATOR VAN ’N INSOLVENTE
BOEDEL
AL Stander
BIuris LLM LLD
Professor, Fakulteit Regte, Noordwes Universiteit, Potchefstroomkampus
HJ Kloppers
BComm LLB LLM LLD Nagraadse Diploma: Finansiële beplanning
Mede-professor, Fakulteit Regte, Noordwes Universiteit, Potchefstroomkampus
1 Inleiding
Die abstrakte st elsel van eiendomsoorgang het tot inhoud , betekenis en
effek dat die onderliggende ooreenkoms i rrelevant kan wees vi r uiteindelike
eiendomsoorgang t en opsigte van ʼn spesieke bate na ʼn volgende pe rsoon.1
Watter effek kan die toepassing van d ie abstrakte stelsel in die insolvensiereg
hê? ʼn Voorbeeld ter illustrasie van die tersaakli kheid van die gestelde vraag is
waar ʼn persoon se aanstelli ng as voorlopige kurator om die een of ander rede
nog nie plaasgevind het nie, maar hy reeds ʼn bate van die boedel a an iemand
anders “verkoop” het; of waar da ardie persoon wel voorlopig aangestel is,
maar hy nie die vereiste toest emming verkr y het om die bate uit die boedel
te verkoop nie; of hy nie aan die opdragt e van die skuldeisers in ver band met
die verkoop van die bate gehoor gegee het nie. Gestel byvoorbeeld hierd ie
bate is vér onder sy werklike waarde verkoop, of moontlik teen ʼn besonder
goeie prys, wat sal die uiteinde d aarvan wees? Die intere ssante vraag is du s
wat die tersaakl ikheid van die abstr akte stelsel van eiendomsoorga ng in die
insolven siereg sal wees.
Om hierdie vraag b ehoorlik te beantwoord, sal die inhoud en bet ekenis van
die abstrakt e stelsel van eiendomsoorgang kortliks in parag raaf 2 verduidelik
word. Die oogmerk is om ʼn geval wat onlangs voor die Hoogste Hof van
Appèl (“HHA”) gedien het, te ontleed en te evalueer. Dit sal in parag raaf
3 gedoen word. Daarna , in paragra af 4, sal na die effek van die abstra kte
stelsel by ʼn verkoop van ʼn bat e deur d ie kurator van die insolvente boedel
verwys word. Die impak va n artikel 82(8) van die Insolvensiewet 24 van 1936
(“Insolvensiewet”) ten opsigte van eiendomsoordrag, en ʼn gevolgtrekking,
volg in paragrawe 5 en 6 onderskeidelik.
1 Sien bv AJ van der Walt & GJ Pien aar Introdu ction to the Law of Pr operty 7 uitg (2016) 142 ev; H Moster t
(red) Principles of th e Law of Property in So uth Africa (2010) 190 ev; PJ Badenhorst, JM Pie naar & H
Mostert Silb erberg and Schoe man’s The Law of Propert y 5 uitg (2006) 74 ev.
(2019) 30 Stell LR 126
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT