Die Beoogde Sui Generis-Beskerming van Inheemse Kennisbates in die Suid-Afrikaanse Intellektuele Goederereg

JurisdictionSouth Africa
Citation(2020) 31 Stell LR 110
Date01 June 2020
Published date01 June 2020
Pages110-137
AuthorRaath, A.
110
DIE BEOOGDE SUI GENERIS-BESKERMING
VAN INHEEMSE KENNISBATES IN DIE SUID-
AFRIKAANSE INTELLEKTUELE GOEDEREREG
Andries Raath
BJuris LLB MA DPhil
Afgetrede Senior Professor en Navorsingsgenoot, Departemente Publiekreg en
Geskiedenis, Universiteit van die Vrystaat
Pieter Brits
BCom BCom (Hons) LLB LLM
Senior Dosent, Handelsreg, Universiteit van die Vrystaat
1 Inleiding1
Die “inheemse ken nisbeweging” baseer die bes kerming van kenn is wat in
inheemse gemeen skappe bestaan op ’n veronderstelde u niversele inheemse
kennisparad igma wat van dié van sogenaamde “ Westerse kennis” verskil.2
Met verwysing na die San i n Suidelike Afrik a en die Cree-gemeenskapp e in
die Verenigde State van Amerika (“VSA”) skryf Gree n oor dié verskynsel as
volg:
“The ‘indigenous knowledge movement’ has been vocal in making an argument for the recognition of
the plurality of knowledge, yet often via an argument that asserts a universal indigenous knowledge in
cointerpoint to that of ‘the West’, as if San knowledge in the Kalahari and Cree knowledge in Alberta
are much the same.”3
Green toon aan d at ten spyte van die beroep op ’n universele kategorie van
inheemse kenn is, laasgenoemde as ku lturele identiteitsvorm op plur iforme
wyses in inheemse gemeenskappe manifesteer:
“Notwithstanding its globalised language, regional debates on indigenous knowledges differ starkly,
and a review of them underscores the ways in which particular national and regional concerns play a
role in establishing what is considered ‘indigenous’.”4
Die inheemse kenn isbeweging het as ’n anti-Eurosentr iese inisiatief
in die intellektuele goeder eregdomein beslag gekry. Dié inisiatief geniet
steun van die Wêreld Organisasie vi r Intellektuele Eiendom (“WIPO”) en
hulporganisasies en -prog ramme van die Verenigde Nasies (“VN”). Die
Inter-regeringskomitee van W IPO oor Intellektuele Goede re en Genetiese
Hulpbronne, Tradisionele Kennis en Volksoorleweringe (“ICG”) is ’n forum
waar regerings oor vera l drie aspekte ges prek voer: (i) toegang tot genetiese
1 Tersaaklike r egsontwikkel inge is bygewerk tot 1 Maar t 2019
2 Vgl J Recht “Hearing I ndigenous Voices, Pro tecting Ind igenous Knowled ge” (2009) 16 International
Journal of Cul tural Propert y 233
3 LJF Green “ Beyond South Af rica’s Indigenous Knowl edge-Science War s” (2012) 108 South African
Journal of Sci ence 1-10, 1
4 1
(2020) 31 Stell LR 110
© Juta and Company (Pty) Ltd
hulpbronne en voordeleverdeling; (ii) die beskermi ng van tradisionele kennis,
innovering en k reatiwiteit, en (iii) die beskerming van volksoorleweringe.5
Die WIPO-projekte word onder steun deur VN-inisiatiewe en st rukture so os
die Omgewingsprogra m, die Konferensie oor Handel en Ontw ikkeling; die
Opvoedkundige, Wetenskaplike en Ku lturele Organisa sie (“UNESCO”), en
die Ontwik kelingsprogram – alma l pogings om te verseker dat intellek tuele
goederereg oor ’n breë spektr um van regsprojekte ingesluit, ont wikkel
en toegepas word.6 Sedert 200 4 het die Suid-Afrika anse beleidmakers en
wetgewer toenemend aan hierdie i nisiatiewe beslag gegee.7
Hoewel manifestasies van in heemse kennis van st reek na streek verski l,
is die onderlinge vertrek punte waarop die betoë v ir die regsbeskermi ng van
inheemse kenn is berus, ooree nstemmend. Derha lwe berus die argu mente
ter motivering van in heemse kennis i n Suid-Afrika hoofsaa klik op dieselfde
veronderstellings as dié te r regverdiging van in heemse kennisbesker ming
in die VSA, Australië en selfs Taiwan.8 Debatte oor die sui generis-
akkommoder ing van inheemse kennis ingevolge die Suid-Afri kaanse reg kan
bygevolg vrugbaar met soortgelyke regsontwi kkelinge elders in die wêreld
vergelyk word. Voorts kan die implikasies van soda nige beskerming in d ie
Suid-Afrika anse reg aan die hand van o oreenstemmende te ndense in ander
regsisteme beoordeel word.
In hierdie art ikel ondersoek die outeurs t wee vrae wat uit die sui generis-
beskerming van i nheemse kenn is spruit: Eersten s, wat is die motiverings
waarop die pleidooie vir die juridies e beskerming van inheemse ken nis berus,
en tweedens, wat is die impli kasies van dié vertrek punte in die lig van die
wetswysigings en wetgewing wat in d ie Suid-Afrikaanse reg in die voor uitsig
gestel word? In die lig van antwoorde op dié vra e, doen die skrywers voorstelle
aan die hand vir d ie juridiese reguler ing van die benutti ng van inheemse
5 WIPO “Intel lectual P roperty a nd Genetic Resou rces, Tradit ional Knowledge a nd Folklore:
Intergovern mental Com mittee (ICG) O verview: Est ablishment an d mandate” (30- 04-2001) WIPO
int/edocs/mdocs/tk/en/wipo_grtkf_ic_1/wipo_grtkf_ic_1_3 pdf> (besoek 28-04-
2020) Vgl ook T Kono “Convention for the Safegu arding of Intangible Cu ltural Heritage” in T Kono
(red) In tangible Cultura l Heritage and Intellec tual Property ( 2009) 3-39
6 Sien, RJ Coombe “ The Recognition of Indige nous Peoples’ and Communit y Traditional Knowledge in
Internat ional Law” (2001) 14 St Thomas Law Review 275; RJ Coomb e “Fear, Hope, and Lon ging for
the Future of Aut horship and a Revitali zed Public Domain in Glob al Regimes of Intellect ual Property”
(2003) 52 De Paul Law Revie w 1171 1177
7 Die volgende is hier va n belang: die Departement Wete nskap en Tegnologie se beleidstuk Ind igenous
Knowledge Syst ems (2004); die Wysigi ngswet op Intel lektuele Go ederereg 28 va n 2013 (“Wysigingswet” );
die Wetsontwer p op die Beskerm ing, Bevorder ing, Ontw ikkelin g en Bestuur v an Inheem se Kenniss telsels
GK 243 in SK 38574 van 20-03-2015 as die Prote ction, Promotion, De velopment and Management o f
Indigenous K nowledge Systems Bill, 2014 (“eerste Wetsont werp”); die gewysigde Wetsontwe rp op die
Beskermi ng, Bevordering, Ontw ikkeling en Best uur van Inheemse Ke nnisstelsels GK 199 in SK 39 910
van 08-04 -2016 as die Protection, Promot ion, Developmen t and Management of Indige nous Knowledge
Systems Bill, 2 015 (“tweede Wetsontwer p”); die Wetsontwer p op die Besker ming, Bevorder ing,
Ontwik keling en Bestuur van I nheemse Kennis (waar van die Engelse titel lui: Protection, Promotion ,
Developmen t and Managemen t of Indigenous K nowledge Bill [B6B -2016] van 14-11-2017 (“derde
Wetsontwerp”) e n die Wetsontwer p op die Wysiging van O uteursreg, (2017) (gepubl iseer as die Copyright
Amendment Bill [B 13-2017] in SK 40121 van 05-07-2016 en voorgestel deur die Port efeuljekomitee oor
Handel en Nywer heid in die Nasionale Vergade ring as [B 13B-2017])
8 Vgl W IPO Intellectual Prope rty Needs and Expec tations of Traditional Kn owledge Holders: Report on
Fact-Finding Mi ssions on Intellect ual Property an d Traditional Knowledge (1998-1999) (20 01) 57-65
DIE BEOOGDE SUI GENERIS-BESKERMING VAN
INHEEMSE KENNISBATES 111
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT