Die Aanspreeklikheid van ’n Insolvente Maatskappy en die Likwidateur van ’n Insolvente Maatskappy vir Vergoeding as gevolg van Omgewingsbenadeling

JurisdictionSouth Africa
Date25 May 2019
Published date25 May 2019
AuthorAL Stander
Pages273-297
Citation(2012) 24 SA Merc LJ 273
Die Aanspreeklikheid van ’n Insolvente
Maatskappy en die Likwidateur van ’n
Insolvente Maatskappy vir Vergoeding as gevolg
van Omgewingsbenadeling
AL STANDER*
Noordwes-Universiteit
SUMMARY
With regard to environmental harm by an insolvent company, the
concern with the liquidator of the insolvent company is usually the extent to
which he or she shall personally be held liable for environmental harm caused
while operating the business of the company in performing the duty to
liquidate the business properly. It is necessary to distinguish between damage
that occurred prior to the winding-up by the harmful activity itself and
damage that occurred during the winding-up. Damage during liquidation
could again result from activities prior to liquidation or damage f‌lowing from
the activities of the liquidator while operating the business of the insolvent
company with a view to the proper liquidation and settlement of the business
and affairs of the company. The liability for damages by the harmful activity
itself should also be distinguished from the reimbursement or payment of
costs under the liability to take certain steps such as cleaning up, remediation,
prevention and limiting of any environmental damage. Again, it can be a
failure by the company before the liquidation or a failure by the liquidator
after the liquidation. It is submitted that the liability of the liquidator will
probably depend on the degree of skill that the courts believe will reasonably
be expected from the liquidator. The answer lies in the liquidator’s duty of
care. It is possible that, unlike the trend in English law, the courts will not
expect the same level of skill or knowledge as expected from company
management. The liquidator will not be held liable unless the harm resulting
from an act or an omission is unreasonable, even for a liquidator. However, in
each case the courts will require appropriate management skills. It is therefore
recommended that the liquidator ensures that he or she has adequate ‘tools’ in
place for performing environmental obligations, with duties delegated to
appropriate persons.
* BJuris LLB (PU vir CHO) LLM (UNISA) LLD (PU vir CHO). Professor, Fakulteit Regte,
Noordwes-Universiteit, Potchefstroom Kampus.
273
(2012) 24 SA Merc LJ 273
© Juta and Company (Pty) Ltd
1 Daadwerklike Likwidasie van die Maatskappy
1.1 Inleiding
In die geval van die daadwerklike likwidasie van ’n insolvente maatskappy
bestaan gewoonlik twee moontlike risiko’s wat vir benadeeldes en likwi-
dateurs probleme kan veroorsaak: Die kommer by die benadeeldes is
gewoonlik of hulle enigsins in die likwidasie vergoeding gaan kry vir die
skade wat aan hulle berokken is. Derhalwe sal die regsposisie van
die benadeelde en sy eis in likwidasie in oënskou geneem word. Daarteenoor
is die kommer by likwidateurs gewoonlik in welke mate hulle persoonlik
aanspreeklik gehou sal word vir omgewingskade wat berokken is of word
terwyl hulle die besigheid van die maatskappy bedryf in die uitvoering van
hul plig om die besigheid behoorlik te likwideer.
1
Die aangeleentheid is in
werklikheid nog meer kompleks as dit. Dit is nodig om te onderskei tussen
skade wat voor die likwidasie ingetree het deur die skadestigtende aktiwiteit
self en sulke skade wat tydens likwidasie intree. Hierdie kan weer skade wees
wat tydens likwidasie intree óf as gevolg van optrede voor likwidasie óf
terwyl die likwidateur die besigheid van die maatskappy bedryf met die oog
op die likwidasie en afhandeling van die besigheid en sake van die
maatskappy. Die aanspreeklikheid vir die vergoeding van skade deur
die skadestigtende aktiwiteit self moet ook onderskei word van die
vergoeding of die betaling van kostes op grond van die aanspreeklikheid om
sekere stappe te neem soos opruiming, remediëring, voorkoming en beperking
van enige omgewingskade. Weer eens kan dit ’n versuim deur die maatskappy
wees vóór die likwidasie of ’n versuim deur die likwidateur ná die likwidasie.
Gevolglik sal die verpligting en aanspreeklikheid van die likwidateur in die
bestuur van die maatskappy beoordeel word, in ’n poging om ’n riglyn vir
likwidateurs daar te stel.
1.2 Skadevergoeding weens Omgewingsbenadeling
1.2.1 Die Eise
(a) Eise op grond van die benadelende aktiwiteit self
In hierdie geval moet onderskei word tussen eise wat voor die likwidasie
ontstaan het en eise wat eers na die likwidasie ontstaan het. Ten opsigte van
die eise voor likwidasie word daarop gewys dat die eis van die benadeelde
in die geval van omgewingsbenadeling bloot ’n konkurrente eis is.
2
Dit is
dieselfde in die geval van eise vir skade wat ná likwidasie intree, maar die
1
Dieselfde probleem kom voor waar ’n likwidateur aangestel is en ’n poging word aangewend om
die maatskappy se besigheid te red: Die besigheid moet op so ’n wyse bedryf word om te verseker dat
aan omgewingswetgewing voldoen word, aangesien ’n versuim die maatskappy of moontlik selfs die
likwidateur persoonlik kan blootstel aan aanspreeklikheid, straf- of ander sanksies. Daarbenewens kan
omgewingsverpligtinge ongetwyfeld ’n impak hê op die waarde van die eiendom of perseel wat deur die
maatskappy gehou word.
2
Tensy die regsposisie deur spesif‌ieke wetgewing gewysig of vasgestel word.
(2012) 24 SA Merc LJ274
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT