Dhlamini en 'n Ander v Protea Assurance Co, Ltd

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Botha AR, Wessels AR, Jansen AR en Rabie AR
Judgment Date30 September 1974
Citation1974 (4) SA 906 (A)
Hearing Date21 May 1974
CourtAppellate Division

C Rumpff, H.R.:

In hierdie saak kom die appellante in hoër beroep by wyse van 'n spesiale saak luidens Reël 5 (4) (c) (i) van die Reëls van hierdie Hof, d.w.s. 'n regsvraag is aan hierdie Hof ter beslissing voorgelê. Uit die feite wat voor hierdie Hof gelê is, blyk dit dat eerste appellante in gemeenskap van goed getroud is met tweede appellant, dat sy in 1971 in 'n motorbotsing beseer is, dat sy en die tweede appellant in die D Hof a quo skadevergoeding geëeis het van die versekeraar van die motor wat met eerste appellante gebots het en dat aan beide appellante sekere bedrae toegeken is, waaronder 'n bedrag van R5 000 as algemene skadevergoeding aan eerste appellante.

Tweede appellant het namens eerste appellante ook twee bedrae geeis (na wysiging van die pleitstukke) weens verlies van E inkomste reeds gely en van toekomstige inkomste, nl. R1 484 en R4 000 respektiewelik. Hierdie eis is afgewys en teen die afwysing word tans geappelleer. Volgens die tersaaklike feite blyk dit dat eerste appellante in 1927 gebore en die moeder van elf kinders is, dat sedert 1951 en tot op datum van haar besering sy op vyf of ses dae per week by die spoorwegstasie en die hoofposkantoor in Johannesburg vrugte verkoop het teen 'n F weeklikse profyt van R14. Dit blyk ook dat sy geen boek gehou het van haar inkomste nie, dat sy op meerdere geleenthede probeer het om 'n lisensie as straatverkoopster te verkry, ook op 'n geleentheid gedurende 1958 of 1959, toe 'n prokureur namens haar opgetree het, maar dat haar aansoeke nie suksesvol G was nie en dat sy, desnieteenstaande, voortegaan het met haar handeldryf as straatverkoopster van vrugte. Sy sou hiermee voortgegaan het totdat sy haar kinders grootgemaak het. Aangeheg aan die stuk wat die gestelde saak bevat, is dié gedeelte van die uitspraak van die Hof a quo waarin hierdie eis oorweeg word. 'n Deel van die uitspraak lees soos volg:

"It seems to me that once it has been shown that the second H plaintiff knowingly continued to conduct her trade illegally, then she is not entitled to obtain the assistance of the Court by way of damages to compensate her for her inability to continue to conduct that trade. I am therefore obliged, in my view, on principle to hold that the second plaintiff, and the first plaintiff on her behalf, cannot be awarded damages for loss of earnings which would have been illegal. I will therefore make no award in respect of the claim for loss of earnings."

Die slotsom waartoe die Hof a quo gekom het, lees:

"It is abundantly clear from that amendment, and from the evidence that was given by the second plaintiff herself, which was in fact the only evidence

Rumpff HR

relating to her earnings, past or future, that her loss of earnings has been based entirely on her occupation or trade as a hawker of fruit. Her evidence was, in chief, that - she put it in this way:

'My husband does not earn much. I had to help him support the household. I had no licence. I many times tried to get one. Mr. Siritzky tried to get me one in 1958 - 1959. If there had been no accident, I would have continued as a fruit seller until I had brought up my young children. I A cannot be one today because I cannot walk; it is too painful.' So that she volunteered, quite frankly and honestly, that since 1951, for a period of 20 years, she had been earning money out of selling fruit as a hawker without a licence, and with the knowledge that a licence was required and that her licence had on a number of occasions been refused, despite the intervention or the assistance of an attorney. There is no evidence whatever to suggest that she could or would have earned any income in any other legitimate way. The damages that she claims, or that B the first plaintiff claims on her behalf, are to compensate her for income that she would have earned illegally and was prevented from earning."

Namens appellante is aangevoer dat die handeldryf wat eerste appellante uitgeoefen het nie van 'n misdadige aard was nie, ook nie contra bonos mores nie, en dat die verkoop van haar vrugte nie 'n ongeldige regshandeling sou wees nie. Ook is aangevoer dat die respondent nie in sy pleitstukke aangevoer C het dat die betrokke inkomste nie-regmatig is nie, dat daar geen verwysing na die wetgewing was wat die uitreik van lisensies reël nie, en dat die feite omtrent eerste appellante se beweerde onwettige handeling nie ondersoek is nie aangesien die enigste getuienis daaromtrent haar eie getuienis was waaroor sy nie gekruisvra is nie. Indien 'n lisensie benodig D was, word aanvaar dat die lisensie waarna verwys is, 'n lisensie moet wees wat uitgereik word kragtens art. 1 van Wet 44 van 1962. Art. 1 (1) en (2) van hierdie Wet lees:

"1 (1)

Die lisensiegelde by hierdie Wet voorgeskryf is betaalbaar ten opsigte van die dryf of beoefening van die handelsbesighede of beroepe vermeld in die Eerste en Tweede Bylaes.

(2)

Die bepalings van die genoemde Bylaes word E as deel van hierdie Wet gelees."

Luidens art. 9 van die Wet is iemand wat 'n handelsbesigheid dryf of beroep beoefen sonder in besit te wees van 'n lisensie soos deur die Wet vereis aan 'n misdryf skuldig en onderhewig aan 'n boete of gevangenisstraf of beide.

Item 12 van die Tweede Bylae handel oor 'n "marskramer" F (hawker) wat iemand is wat

"handel dryf of sake doen deur goedere vir verkoop of ruil aan te bied of uit te stal -

(a)

op geen vaste plek nie, maar wat vir daardie doel van plek tot plek reis met goedere op 'n voertuig (behalwe 'n voertuig deur homself aangedryf) of met 'n pakdier of draer;

(b)

op sypaadjies of op ander vir die publiek toeganklike G plekke, by 'n oop staanplek of van 'n beweegbare struktuur of stilstaande voertuig,

tensy sodanige handel of besigheid deur 'n lisensie ingevolge 'n ander Item van hierdie Deel gedek word."

Item 19 handel oor 'n "venter" (pedlar),

"wat handel dryf of sake doen deur goedere elders as op 'n vaste plek vir verkoop of ruil aan te bied of uit te stal en H vir daardie doel met sy goedere òf te voet òf met 'n deur homself aangedrewe voertuig van plek tot plek reis". Onder hierdie item word

"'n straatverkoper van vuurhoutjies, skoenveters, blomme, of koerante..."

vrygestel van hierdie lisensie.

Die uitreiking van lisensies is oorgedra aan instansies van plaaslike bestuur onder Ord. 17 van 1939 (T). Hoofstuk VII (arts. 89 tot en met 113) bevat bepalings omtrent lisensies en verordeninge. In art. 91 word sekere gronde genoem waarop 'n lisensie geweier moet word aan

Rumpff HR

'n "straathandelaar" (street trader), o.a. indien die verlening van die lisensie in stryd sou wees met die publieke belang of die besigheid gedryf word op 'n onreine of onhigiëniese wyse of op 'n manier wat skadelik vir die volksgesondheid is. In art. 2 A word "handeldryf op straat" omskryf en dit sluit in "die verkoop van enige artikels hoegenaamd op publieke plekke", maar "straathandelaar" word soos volg omskryf:

"'straathandelaar' omvat enigeen wat so 'n...

To continue reading

Request your trial
43 practice notes
  • Cool Ideas 1186 CC v Hubbard and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2007 (6) SA 199 (CC) (2007 (10) BCLR 1027; [2007] ZACC 12): dictum in para [5] applied Dhlamini en 'n Ander v Protea Assurance Co Ltd 1974 (4) SA 906 (A): referred to B Ferris and Another v FirstRand Bank Ltd 2014 (3) SA 39 (CC) (2014 (3) BCLR 321; [2013] ZACC 46): referred to First Nationa......
  • Jokari SA (Pty) Ltd v Reebok International Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ritz 1988 (3) SA 290 (A); Putco Ltd v Radio Guarantee Co (Pty) Ltd 1985 (4) SA 809 (A); Dhlamini and Another v Protea Assurance Co Ltd 1974 (4) SA 906 (A) at 912H-913E; Santam Insurance Ltd v Ferguson 1985 (4) SA 809 (A); Metro Western Cape (Pty) Ltd v Ross 1986 (3) SA 181 (A); Delport and ......
  • Cool Ideas 1186 CC v Hubbard and Another
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 5 June 2014

  • Phillips v Botha
    • South Africa
    • Invalid date
    ...earned, in which public policy appears to be the determinant of judicial recognition: Dhlamini en 'n Ander v Protea Assurance Co Ltd 1974 (4) SA 906 (A) at 912H-915G; Santam Insurance Ltd v Ferguson 1985 (4) SA 843 (A) at 850B-E. I do not consider that I can introduce public policy as such ......
  • Request a trial to view additional results
43 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT