Cronj v Cronj

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan Rooyen AJ
Judgment Date13 February 2009
Docket Number58201/2008
Hearing Date06 February 2009
CourtTransvaal Provincial Division
Citation2009 JDR 0098 (T)

Van Rooyen Wn R:

[1] Die Applikant het 'n dagvaarding vir egskeiding teen die Respondent uitgereik in Julie 2008. Hulle woon reeds sedert Oktober 2007 nie meer bymekaar nie. In Desember 2008 het Applikant 'n Reël 43-aansoek geloods vir onderhoud en toesig oor die drie minderjarige kinders pendente lite. Applikant het 'n aanvullende verklaring op 29 Januarie 2009 liasseer. Die doel was om sekere veranderings onder die aandag van die Hof te bring. Die Respondent het op 2 Februarie 2009 'n opponerende eedsverklaring liasseer.

[2] Kort gestel eis die Applikant (a) beheer en toesig oor die drie minderjarige kinders en dat hulle primêre blyplek by haar sal wees; (b) die toekenning van die gemeenskaplike woning aan haar; (c) R3000 per maand vir elk van die drie kinders en R2000 per maand vir Applikant; (d) dat Respondent redelike toegang tot die kinders sal hê, maar dat sodanige toegangsregte slegs onder toesig uitgeoefen mag word; (e) dat die kinders deur die Respondent op 'n mediese fonds geplaas moet word; (f) dat die Respondent sal aanhou om 'n Volkswagen Polo wat in Applikant se besit is af te betaal: en (g) 'n bydrae van R15000 tot Applikant se regskoste.

[3] Applikant se uitgawes is R18640, haar salaries na aftrekkings is R9796,67 en haar tekort is R7140 per maand. Applikant heg bankstate van Respondent se besigheid aan. Die state wys 'n stewige balans vanaf September 2008, wat in September van R388000 tot meer as 1,1 miljoen rand styg, in Oktober ongeveer 'n kwart miljoen word, teen begin November daal na

2009 JDR 0098 p2

Van Rooyen Wn R

net minder as R108000 en teen 14 November ongeveer R96000 is. Sy neem Respondent kwalik dat hy aan die begin van Desember 2007 R19500 aan die Kerk geskenk het, terwyl hy slegs R1000 in Oktober 2007 en R1 700 in November 2007 aan haar oorbetaal het. Hy het darem, na vele versoeke, R10 000 aan haar oorgedra. Die bedrag was "tot groot hulp" maar het steeds wesentlik tekort geskiet aan die behoeftes van Applikant en die kinders. Applikant meld verder dat sy R78000 (haar pensioen) in verbeterings van die huis belê het en in 1995 borg geteken het vir R115000 op die huis, wat op Respondent se naam is. Applikant neem die Respondent ook kwalik dat hy 'n "Iuukse" vakansie vir hom en die kinders teen R33610 by Balito bespreek het vir Desember 2008. Die bedrag is betaal op 22 Oktober 2008. Op daardie stadium was die Laerskoolgelde R1880 agterstallig; 'n bedag wat Applikant op 2 Desember 2008 betaal het. Applikant het ook die R900 vir Naskoolgelde betaal.

[3] Die antwoord van Respondent is dat die Applikant sy inkomste veels te hoog aanslaan. Sy besigheid se bankstate reflekteer nie 'n sterk maandelikse wins nie, maar wys slegs 'n stewige balans omdat daar 'n jaarlikse, eenmalige betaling deur 'n kliënt gemaak word, waaruit hy weer betalings deur die loop van die jaar moet maak. In der waarheid beleef hy 'n finansiële krisis, waarvan die Applikant bewus is. Hy het die bedrag aan die Kerk in Desember 2007 geskenk uit dankbaarheid, na 'n moeilike tyd in sy besigheid. Hy wys daarop dat die Applikant in Oktober 2008 aangedui het dat hulle sou terugtrek na hom en selfs entoesiasties was oor 'n vakansie by Balito. Sy het ook in die tydperk aangedui dat sy nie meer aanspraak sou maak op onderhoud vir haar en die kinders nie. Volgens Respondent het Applikant egter gou weer verlang na Mnr K, by wie sy en die kinders intussen gewoon het. Sy is dus 'n dag na sy ingetrek het weer terug, terwyl die kinders agter gebly het. Sy het die twee jonger kinders weer einde Oktober by haar geneem terwyl die veertienjarige dogter tot begin Januarie 2006 by hom gewoon het. Die gemiddelded bedrag wat hy as onderhoud betaal het oor 'n tydperk van 16 maande wat hulle van bed en tafel geskei is, was R9937 per maand, soos blyk uit die eedsverklarings van die...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT