Cresto Machines (Edms) Bpk v Die Afdeling Speuroffisier SA Polisie, Noord-Transvaal

JurisdictionSouth Africa
JudgeCillié RP, Bekker R en Rabie R
Judgment Date10 August 1970
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date12 June 1970
Citation1970 (4) SA 350 (T)

Rabie, R.:

Dit is 'n appèl teen 'n beslissing van HUMAN, R., waarin hy 'n bevel nisi wat op 1 Julie 1969 uitgereik is, met koste opgehef het. In hierdie bevel nisi, wat ná 'n dringende aansoek verleen is, is die C respondent aangesê om op 19 Augustus 1969 redes aan te voer - indien hy dit wou doen - waarom hy nie belet moes word om 36 sg. 'vermaaklikheidsapparate', die eiendom van die appellant, te verwyder uit die besit van die persone aan wie appellant dit verhuur het nie. Die bevel nisi sou, hangende die keerdatum, ook as tydelike interdik dien.

D Om beter te kan verstaan waaroor die saak gaan, is dit wenslik om ter aanvang te verwys na die inwerkingtreding van die Wet op Dobbelary, 51 van 1965, en na sekere bepalings in hierdie Wet. Die Wet, soos ek dit hieronder sal noem, is op 12 Mei 1965 afgekondig en kragtens art. 14 daarvan sou dit in werking tree op 'n datum wat die Staatspresident by E Proklamasie in die Staatskoerant bepaal. In Prok. R83 van 11 April 1969 het die Staatspresident in die Staatskoerant verklaar dat die bepalings van die Wet op 1 Julie 1969 in werking sou tree. Ook op 11 April 1969 het die volgende Kennisgewing, R571, in die Staatskoerant verskyn:

'Departement van Justisie

R571
11 April 1969

F Nademaal spykertafels, masjiene, toestelle of instrumente van die klas of soort in die Bylae omskryf na my oordeel vir die speel van gelukspele bestem is:

So is dit dat ek, Petrus Cornelius Pelser, Minister van Justisie, kragtens die bevoegdheid my verleen by art. 7 (1) van die Wet op Dobbelary, 51 van 1965, hierby die aanhou of gebruik van 'n spykertafel, masjien, toestel of instrument van die aldus omskrewe klas of soort by enige plek waar 'n besigheid waarvoor 'n lisensie vermeld in Deel I van die Tweede Bylae van die Wet op Lisensies, 44 van 1962, vereis word, G gedryf word en by enige ander plek waartoe die publiek toegang het, met ingang van 1 Julie 1969 verbied.

P. C. Pelser,

Minister van Justisie.

Bylae

Enige spykertafel, masjien, toestel of instrument (hieronder 'die apparaat' genoem) wat bestem is vir die speel van 'n spel by die speel waarvan een of meer onderdele van die apparaat of een of meer voorwerpe H in of aan die apparaat geplaas of aangebring in beweging kom of gebring word, en wat geen uitrusting bevat nie wat 'n integrerende deel daarvan uitmaak en deur middel waarvan enigiemand genoemde onderdele of voorwerpe te eniger tyd in die loop van die spel na willekeur onmiddellik tot stilstand kan bring sonder om die spel te beëindig of te onderbreek.'

Art. 7 (1) van die Wet, waarkragtens hierdie Kennisgewing uitgevaardig is, lui soos volg:

'Die Minister kan by kennisgewing in die Staatskoerant die aanhou of gebruik verbied by enige in die kennisgewing bepaalde plek of klas of soort plek, of by enige ander plek of klas of soort plek as 'n aldus bepaalde plek of klas of soort

Rabie R

plek, van alle spykertafels, hetsy vir die speel van gelukspele bestem al dan nie, of van alle ander spykertafels as die in bedoelde kennisgewing omskrewe spykertafels, of van alle spykertafels, masjiene, toestelle of instrumente van 'n in bedoelde kennisgewing omskrewe klas of soort wat na sy oordeel vir die speel van gelukspele bestem is, en van enige spykertafel, masjien, toestel of instrument wat 'n ooreenkoms toon of iets gemeen het met 'n in bedoelde kennisgewing beoogde spykertafel, masjien, toestel of instrument.'

A Volgens art. 1 (ii) van die Wet beteken 'gelukspel', tensy uit die samehang anders blyk,

'ook enige spel wat die Minister (d.w.s. die Minister van Justisie) van tyd tot tyd by Kennisgewing in die Staatskoerant 'n gelukspel verklaar'.

Die aanhou of gebruik van spykertafels, ens., in stryd met die bepalings B van 'n Kennisgewing onder art. 7 (1) van die Wet is nie 'n misdaad nie, maar wanneer so 'n Kennisgewing uitgevaardig is, bring art. 7 (2) sekere vermoedens tot stand wat by 'n vervolging onder art. 6 (1) van die Wet te pas kan kom. Artikel 6 (1) lui soos volg:

'Behoudens die bepalings van sub-art. (2), mag geen persoon die speel van 'n gelukspel waarop iets verwed word, toelaat by enige plek onder sy beheer of toesig nie, en mag geen persoon so 'n spel by enige plek speel C of enige plek besoek met die oogmerk om so 'n spel te speel nie.'

Art. 7 (2) (b) bepaal dat, by die toepassing van art. 6, daar vermoed word -

'dat 'n spel by 'n in 'n voormelde kennisgewing bepaalde plek deur middel van 'n in bedoelde kennisgewing beoogde spykertafel, masjien, toestel of instrument gespeel, 'n gelukspel is'.

D Sub-arts. (3), (4), (5), (6) en (7) van art. 6 maak ook voorsiening vir sekere vermoedens wat by 'n vervolging weens oortreding van art. 6 (1) geld, maar dit is slegs nodig om na sub-art. (5) te verwys, wat soos volg lui:

'By bewys by die verhoor van 'n weens oortreding van sub-art. (1) aangeklaagde persoon dat 'n gelukspel gespeel was of sou word, word daar vermoed, totdat die teendeel bewys word, dat bedoelde spel gespeel was E of sou word met iets daarop verwed.'

Art. 8 verklaar dat persone wat sekere artikels in die Wet oortree - o.a. art. 6 (1) - aan 'n misdryf skuldig is, en dit bepaal ook welke strawwe opgelê kan word.

Ek kom nou by die feite van die saak soos dit uit die stukke blyk. Die F appellant se besturende direkteur, ene Pretorius, sê in die beëdigde verklaring waarop appellant se aansoek gebaseer is dat appellant die eienaar is van 36

'vermaaklikheidsapparate bekend as 'Flipper Machines', of alternatiewelik as 'Novelty Machines' of alternatiewelik as 'Pin-Ball Machines'',

en dat al hierdie toestelle op 'n 'kommissiebasis' aan kafee-eienaars in G Pretoria verhuur word. (Wie hierdie kafee-eienaars is, en hoeveel van hulle daar is, blyk nie uit die stukke nie). Die kommissie wat so verdien word, sê Pretorius,

'is die enigste bron van applikant (d.w.s. appellant) se inkomste',

en hy beweer verder dat appellant 'tot R30 per maand aan kommissie per masjien' ontvang.

H Pretorius sê verder dat die 'Association of Amusement and Novelty Machine Operators Ltd.', waarvan hy lid is, sy aandag gevestig het op voormelde Kennisgewing R571 en ook aan hom gesê het dat die respondent dalk 'beslag sal wil lê op applikant se goedere'. Dit blyk nie wanneer hierdie inligting aan Pretorius gegee is nie. Hoe dit ook al sy, op 30 Junie 1969 het hy en ene Roos, 'n ingeskrewe klerk by die prokureursfirma wat vir appellant in hierdie saak optree, vir respondent oor die aangeleentheid gaan spreek en respondent het toe

Rabie R

'bevestig dat hulle voornemens is om sonder versuim beslag te lê op die goedere'.

Roos sê in 'n stawende beëdigde verklaring dat hy vir respondent gevra het

'of hy van voorneme is om opdrag te gee om op Dinsdag 1 Julie 1969, A beslag te laat lê op wat in die omgang bekend staan as 'Pin-ball Machines', wat behoort aan applikant',

en dat respondent toe 'pertinent bevestigend' geantwoord het. Roos sê verder dat hy aan respondent verduidelik het dat appellant voornemens was om 'met 'n dringende interdik na die Hof te gaan' en dat respondent B se houding was 'dat hy in iedere geval voortgaan met die beslaglegging'.

Wat ek so pas gesê het i.v.m. die gesprek tussen Pretorius, Roos en die respondent is al wat in hierdie verband in die stukke verskyn. Die respondent het nie self 'n beëdigde verklaring gemaak nie: 'n verklaring C is op 7 Augustus 1969 namens hom gemaak deur 'n lid van sy personeel, Luitenant-Kolonel F. J. Stander. Wanneer ek hierna praat van respondent se verklaring, of van wat respondent sê, dan verwys ek na hierdie verklaring van Stander.

Op 1 Julie 1969 - d.w.s. die dag ná bogemelde gesprek en die dag waarop die Wet in werking getree het - het appellant in 'n dringende aansoek D die bogemelde bevel nisi verkry. Daar was kort kennisgewing van die voorgenoemde aansoek aan respondent en hy was nie verteenwoordig toe die aansoek gedoen is nie, maar die Hof is in kennis gestel dat hy die verlening van 'n bevel nisi soos in daardie stadium aangevra nie teenstaan nie.

E Volgens sy kennisgewing van mosie sou appellant die Hof vra om te beveel dat respondent

'verbied word om die goedere van die applikant waarna verwys word in die aansoek te verwyder'.

Dit blyk verder uit die uitspraak van die Hof a quo dat die regshulp wat appellant aangevra het 'n permanente interdik was. Dat dit so is, is ook F bevestig deur mnr. Strauss, wat namens appellant voor ons verskyn het, en wat appellant ook met die dringende aansoek en met die verhoor voor HUMAN, R., op die keerdatum verteenwoordig het.

Die gronde waarop appellant gesteun het in sy aansoek om die permanente interdik, is vervat in paragrawe 5, 6, 7, 8 en 9 van Pretorius se gemelde beëdigde verklaring. Para. 5 lui soos volg:

'Die masjiene genoem in para. 3 is bedoel en bestem om gebruik te word G as vermaaklikheid en tydverdryf en word inderdaad as sodanig gebruik. Hierdie masjiene word nie gebruik vir die speel van gelukspel, of 'n lotery of 'n sportpoel nie en kan ook nie aldus gebruik word nie. Daar is geen geluk betrokke by die gebruik van hierdie masjiene nie en daar word ook niks daarop of daarmee verwed nie. Hierdie masjiene is bestem en word gebruik vir vermaaklikheid en tydverdryf en die funksionering daarvan berus uitsluitlik op die vaardigheid van die speler; sodat dit H my nederige submissie is dat hierdie masjiene nie binne die voorskrifte van Wet 51 van 1965. Die Wet op Dobbelspele, val nie.'

In para. 6 word verwys na die verskyning van die bogemelde Kennisgewing R571 van 11 April 1969 en 'n afskrif daarvan word aangeheg In para. 7 word vertel van die gesprek wat Pretorius en Roos op 30 Junie 1969 met respondent gehad het. Ek het reeds daarna verwys. In para. 8 word gesê:

'Applikant sal onherstelbare skade ly indien die respondent of sy gemagtigdes beslag lê op die gesegde goedere.'

Para. 9 lui, vir sover ter sake, soos volg:

Rabie R

'Ek maak die volgende nederige...

To continue reading

Request your trial
22 practice notes
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A); Shidiack v I Union Government 1912 AD 642; Cresto Machines (Edms) Bpk v Die Afdeling Speuroffisier, SA Polisie, Noord-Transvaal 1970 (4) SA 350 (T); Free State Gold Areas Ltd v Merriespruit (Orange Free State) Gold Mining Co Ltd and Another 1961 (2) SA 505 (W); Cine Films (Pty) Ltd and......
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 30 November 1988

  • National Director of Public Prosecutions v Basson
    • South Africa
    • Invalid date
    ...E and Others 2001 (2) SA 872 (SCA) at para [7] Cresto Machines (Edms) Bpk v Die Af deling Speuroffisier SA Polisie) Noord Transvaal 1970 (4) SA 350 (T) Curtis v Johannesburg 1906 TS 308 at 311 Davis v Tip NO 1996 (1) SA 1152 (W) F Director of Public Prosecutions: Cape of Good Hope v Bathgat......
  • Atkinson v Rare Earth Extraction Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd v Gutstein 1952 (4) SA 265 (C) at 273H - 274A; Cresto Machines (Edms) Bpk v Die Afdeling Speuroffisier SA Polisie, Noord-Transvaal 1970 (4) SA 350 (T) at 365G). In exercising the discretion with which it has been imbued a Court should to a large extent be guided by the prospects of viva......
  • Request a trial to view additional results
22 cases

22 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT