Comment: Die nuwe statutêre misdaad van deelname aan 'n kriminele bende

JurisdictionSouth Africa
AuthorCR Snyman
Pages213-222
Published date24 May 2019
Date24 May 2019
Comments • Aantekeninge
213
Die nuwe statutêre misdaad van
deelname aan 'n kriminele bende
CR SNYMAN
Universiteit van Suid-Afrika
1 Inleiding
Die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad 121 van 1998 ('die
wet') skep 'n hele aantal baie belangrike misdade wat daarop gemik is om
georganiseerde misdaad, geldwassery en kriminele bende-aktiwiteite te
bekamp. Die doel van die bespreking wat volg is nie om die hele wet onder
die loep te neem nie, maar om slegs een van die misdade wat in die wet
geskep word, te wete deelname aan 'n kriminele bende, te bespreek. So 'n
bespreking vereis 'n nadere ondersoek van die bepalings van hoofstuk 4 van
die wet, dit wil se as 9 tot 11. Die wet het op 21 Januarie 1999 in werking
getree (Proklamasie R6,
Staatskoerant
19697, 21 Januarie 1999).
Voordat die bepalings in die wet wat oor deelname aan kriminele
aktiwiteite handel, bespreek word, word die aandag net eers kortliks
gevestig op enkele ander bepalings in die wet.
Die wet is voorsien van 'n indrukwekkende aanhef wat uit nie minder nie
as elf paragrawe (oftewel 'Nademaals') bestaan. Kortliks kom dit daarop neer
dat daar nasionaal en internasionaal 'n snel groei van georganiseerde
misdaad, geldwassery en kriminele bende-aktiwiteite is; dat hierdie
verskynsels 'n gevaar vir die openbare orde en veiligheid is; dat die Suid-
Afrikaanse gemenereg en statutêre reg nie daarin slaag om hierdie aktiwiteite
doeltreffend te bekamp nie; dat hierdie aktiwiteite inbreuk maak op
menseregte wat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108
van 1996 beskerm word; dat die staat die plig het om hierdie regte en
(1999) 12 SACJ 213
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT